SKEUR
By:
Sign Up Now!
Already a Member? Log In
You must be logged into Bookshare to access this title.
Learn about membership options,
or view our freely available titles.
- Synopsis
- “As hulle sê die eerste aardbewing kom ná twee vanaand. dan beteken dit mos dit kom vóór halfdrie. Ek weet daar is nou nuwe tegnologie en alles, maar dink julle regtig hulle kan dit so akkuraat skat?" Niemand antwoord nie, maar Elsa lyk nie gepla.nie. Luan staan op. “Ek gaan nog lets kry om te drink." Hy bly lank weg. Toe hy terugkom. praat ons al politiek in die Midde-Ooste. In sy een hand is 'n bottel. Die ander een hou hy agter sy rug. “Julie," sê hy. “Kyk wat het ek." “Wat?" “Bier? Ek dog jy kry iets sterkers," sê Gerrit. Luan loop tot in die middel van die vertrek. "Ek hét iets sterkers gekry," sê hy. Toe eers haal hy sy hand agter sy rug uit. In sy hand is 'n rewolwer. Alle beweging stop, ’n Sonbesie begin skree. Hoor hulle dit ook? “Dis om ons veilig te hou," sé Luan. "Hoekom lyk julle so vrek bang?” Dis nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie; sy het net nog altyd gedink hulle het darem een. Maar die lewe is ’n veldbrand wat alles vernietig. Dit maak nie altyd sin nie. Soos haar pa wat te vroeg weg is. Of hoe meneer Voster haar laat voel. En nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig op 21 Julie. Vrydag is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ’n kuier by sy huis saam met die skool se gewildste kinders. Maar ken sy enige van hulle werklik? Ken sy haarself? Onder die regte omstandighede kan enigiemand gevaarlik wees.
- Copyright:
- 2022
Book Details
- Book Quality:
- Publisher Quality
- ISBN-13:
- 9780798182126
- Publisher:
- Human + Rousseau, 'n druknaam van NB-Uitgewers, 'n afdeling van Media24 (Edms.) Bpk.
- Date of Addition:
- 08/02/22
- Copyrighted By:
- teks deur Carel van Rooyen
- Adult content:
- No
- Language:
- Afrikaans
- Has Image Descriptions:
- No
- Categories:
- Nonfiction
- Submitted By:
- Bookshare Staff
- Usage Restrictions:
- This is a copyrighted book.