Een nag se waagstuk (Modern) (Afrikaans Edition)
By:
Sign Up Now!
Already a Member? Log In
You must be logged into Bookshare to access this title.
Learn about membership options,
or view our freely available titles.
- Synopsis
- “DIT was ’n pragtige troue,” sê Leah. “En dit het uiteindelik plaasgevind,” voeg Ajax by. “Jy is so sensitief soos ’n stomp voorwerp,” sê Leah terwyl sy breed vir haar man glimlag. Ajax haal sy skouers op en draai na Alex wat ’n pak aanhet, sy das losgeknoop en sy twee maande oue seun in sy arms. “Is ek onsensitief, broertjie?” Alex haal sy skouers op en kyk na sy seun. Liam het vrede daarmee dat sy ouers so pas getroud is. Alex se hart swel van liefde en trots, bly dat sy seun soveel familielede het wat hom liefhet. “Ja, maar dis deel van jou sjarme.” “Moenie hom aanmoedig nie, Alex,” sê Leah. Rachel keer terug, ingehaak by haar pa. Hulle het nou net klaar gedans en Rachel straal behoorlik. Haar lyf is voller as voor die geboorte, haar wange rond. Hy is mal daaroor. “Hoe lekker,” sê Joseph Holt, “om al my kinders en my kleinseun saam op een plek te hê.” Alex se hart klop warm. “Ja, dit is.” “Kan ek my kleinseun vir ’n oomblik steel?” vra Joseph. “Ek verruil jou bruid vir hom.” “Reg so.” Hy oorhandig Liam aan die ouer man, neem Rachel se hand en lei haar op die dansvloer. “Hierdie troue is baie meer jy,” sê hy en kyk na die eenvoudige dekor. Na die helder kleure. Dit spreek van geluk. Net soos sy vrou. “Ja,” sê sy. “Maar saam met jou is ek ook baie meer myself.” Hy soen haar neus. “Ek is bly. Dis wonderlik wat kan gebeur as ’n mens liefde begin verstaan. Wanneer jy woede daarmee vervang.” “Ek is bly jy het, Alex, want jy het soveel liefde om te gee.” “Ek was nog nooit so gelukkig soos vandag nie,” sê hy, sy vrou in sy arms en sy seun naby. “Dan het ons ’n nuwe doelwit,” sê sy. “Wat is dit?” “Om elke dag selfs meer geluk te vind.” “Saam met jou, Rachel, sal dit nie moeilik wees nie.”
- Copyright:
- 2023
Book Details
- Book Quality:
- Publisher Quality
- ISBN-13:
- 9781415022931
- Publisher:
- © Jacklin Uitgewers (Edms.) Bpk
- Date of Addition:
- 04/05/23
- Copyrighted By:
- Maisey Yates
- Adult content:
- No
- Language:
- Afrikaans
- Has Image Descriptions:
- No
- Categories:
- Nonfiction
- Submitted By:
- Bookshare Staff
- Usage Restrictions:
- This is a copyrighted book.