Die Griek se bevryding (Modern Book 1) (Afrikaans Edition)
By:
Sign Up Now!
Already a Member? Log In
You must be logged into Bookshare to access this title.
Learn about membership options,
or view our freely available titles.
- Synopsis
- DIS presies wat sy gedoen het. Dag vir dag het Elle hom gewys hoe lief sy hom het. En hy het sonder huiwering sy hart vir haar oopgestel. Apollo was ongelooflik trots op Elle die dag toe sy haar graad behaal en as die topstudent van die regsgroep aangewys is. Hy was in die gehoor om haar toe te juig. Sy hart wou bars van trots toe sy op die verhoog stap terwyl hy met hulle dogter op sy skoot en die nuwe baba in die waai van sy arm gesit het. Hy was oneindig trots op haar besluit om haar drome na te jaag. Omdat sy haar vasberade geaardheid en skerp tong wou inspan om ander te help. Na sy mening is sy die beste regspraktisyn in die stad New York, ’n kampvegter vir vroue in moeilike omstandighede en vir kinders aan wie die een of ander onreg gepleeg is. As iemand destyds ná hulle troue sou sê hy sal in die loop van die volgende dekade vir Elle nog liewer word, sou hy die persoon uitgelag het. Niemand was immers tot groter liefde in staat as juis hy op hulle troudag nie, sou hy kon byvoeg. Maar mettertyd het hy ontdek hoe diep, hoe ruim liefde kan word. Elke jaar, elke kind, elke prestasie en elke mislukking voeg nog ’n tikkie struktuur en oorvloed by sy gevoel vir haar. Op die aand van hulle tiende huweliksherdenking kom Elle van die werk af tuis, uitgeput en omgekrap, waarskynlik omdat die saak waaraan sy tans werk so moeilik is. Sonder ’n woord neem hy haar in sy arms. Sy leun teen hom aan om krag by hom te put. “Ek’s bly jy kon betyds wegkom, Elle.” “Natuurlik. Ek wil vanaand nêrens anders wees nie.” Sy kyk glimlaggend op in sy gesig. “Is die kleingoed klaar versorg?” “Ja, ek dink Alethea lees vir hulle ’n slaaptydstorie. Maar sy’s nie ’n kinderoppasser nie, hoor. Sy het dit uitdruklik vir my gesê voor sy met die tweetjies hier uit is. Dis nou nadat sy tydens aandete by hulle geneul het om hulle groente te eet.” Elle bars uit van die lag. “Ek hoor jou.” “En môre sal David en my ma die kinders vir die naweek kom haal. Hulle gun ons ’n bietjie alleentyd.” “Dis gaaf van hulle.” “In der daad.” Hy streel met sy duim oor haar wang. “Sien jy kans om vanaand uit te gaan?” Hy betrag die dowwe skadu’s onder haar oë. “Of wil jy liewer hier bly?” “Dit sal lekker wees om uit te gaan. Ek spog graag met my wonderlike wederhelf.” “Ek glo nie jy’s gretiger as ek om met my verruklike vrou te gaan spog nie.” “Daaroor kan ons later redekawel.” Sy sug lank en tevrede. “Ons is al oor die tien jaar saam. Dis darem ongelooflik hoe drasties die afgelope dekade van die vorige een verskil.” “Praat jy nou van die een waar ons mekaar begeer het, maar onsself sowaar die voorreg ontneem het om saam te wees?” “Ja. Die joos alleen weet waarvoor ons so bang was, of waarom ons gewag het.” “Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer glo ek ons het gewag totdat ons dapper genoeg kon wees, genoeg kon gee, mekaar op die regte manier kon liefhê. As ek jou gesoen het toe ek twintig was, sou ek net later van alles ’n gemors gemaak het. Ek sou nie die man gewees het wat jou kon ondersteun sodat jy jou doel kon bereik nie.” Sy knik stadig. “Ek twyfel of ek destyds al my drome sou kon najaag.” “Mag ek jou ’n geheim vertel, Elle?” Sy knik. “Ja, sê gerus.” “Ek’s dankbaar vir wat ons het. Ek koester en waardeer dit. Ek geniet my werk. Ek’s trots op joune. Maar jý is my eintlike droom.” Elle glimlag. Haar uitputting verdamp en haar oë swem in die trane. “Ai, Apollo. Jy’s my droom ook.” Sy gaan staan op haar tone en soen hom, en dis weer soos die eerste keer. Elke keer is vir haar soos die heel eerste keer. “Altemit moet ons tog maar by die huis bly,” sê hy. Sy glimlag ondeund. “Ja, ek dink ook dit sal die beste wees.”
- Copyright:
- 2023
Book Details
- Book Quality:
- Publisher Quality
- ISBN-13:
- 9781415035498
- Publisher:
- © Jacklin Uitgewers (Edms.) Bpk
- Date of Addition:
- 04/05/23
- Copyrighted By:
- Maisey Yates
- Adult content:
- No
- Language:
- Afrikaans
- Has Image Descriptions:
- No
- Categories:
- Nonfiction
- Submitted By:
- Bookshare Staff
- Usage Restrictions:
- This is a copyrighted book.