Browse Results

Showing 126 through 150 of 607 results

Die Gebreekte Raam

by Claudio Ruggeri Mignionette Fair

'n Man word dood in sy kunsgalery gevind en daar sal van Vincent Germano verwag word om deur duisende moontlike aannames te waad. Die Kommissaris sal die swartgallige ondersoek moet hanteer.

Raaisel Van ‘N Moordenaar

by Claudio Ruggeri Adri Van Schalkwyk

'n Duister ondersoek vir Kommissaris Vincent Germano, wat gedwing word om voort te gaan, al hoe meer wisselvallig langs die fyn lyn wat slagoffer van moordenaar skei.

Woorde Van Die Anderkant Af

by Clarien Kurzepa Claudio Ruggeri

Aangrypende misdaadriller wat jou tot die laaste bladsy geïnterreseerd sal hou. Volg kommissaris Vincent Germano en sy ondersoekspan wat onvermoeid werk om hierdie saak op te los. 'n Paar moontlike verdagtes en 'n vorige onopgeloste saak maak dit inderdaad baie moeilik om dit op te los.

'n Week se Italiaanse kookgenot

by Claudio Ruggeri Clarien Kurzepa

Maklike en smullekker tradisionele Italiaanse resepte geskryf deur 'n Italianer wat deur sy ma se heerlike kos geïnspireer is.

Die Dissonant

by Claudio Ruggeri Juliet Perie

Ralf Brandenburg, internasionale musikant, is dood gevind op sy geliefde klavier. Die man in beheer van die ondersoek, Vincent Germano, sal die moord moet oplos met niks anders as die woorde en skinder van mense wat gelukkig genoeg was om Ralf te geken het.

Nooit Meer as Twee Keer

by Adri Van Schalkwyk Claudio Ruggeri

‘n Boodskap gevind in ‘n bottel en die nuuskierigheid van ‘n antiekhandelaar sal Vincent Germano lei tot ‘n ondersoek waarvan die gevolgtrekking net as vergesog gestel kan word. Die kommissaris sal dikwels omring word deur mense wat ‘n verduideliking moet gee, ‘n bevel moet maak of advies moet vra, maar in werklikheid sal dit net wees soos almal wat na die waarheid soek.

Die Kommissaris se Spook

by Claudio Ruggeri Elmarié Smal

Kommissaris Vincent Germano is 'n ouskoolse polisiewoordvoerder wat gebore is in San Francisco, maar in Italië woon vir meer as twintig jaar,waar 'n gebeurtenis nie sy lewe verander het nie. Die Castelli Romani, is 'n provinsie suid van Rome, dit is die agtergrond waar die twee sake wat Germano en sy manne se aandag vereis en ondersoekpyne veroorsaak, afspeel; 'n onkantse skeidsregter en 'n vermiste meisie.

Die Skaduwee van die Bloedhond

by Claudio Ruggeri Elmarié Smal

Die lyk van 'n jong vrou word tussen bosse gevind, van die eerste leidrade, sowel as die motief van die moordenaar lyk vir almal duidelik, behalwe vir Vincent Germano, die Kommissaris van die Polisie, wat besluit om ondersoek in te stel.

Uittreestrategie: ’n Katerina Carter-misdaadroman deur Colleen Cross (Katerina Carter bedrog-misdaadromanreeks #1)

by Colleen Cross

Diamante, gevaar, verdwyning en bedrog... ’n Katerina Carter-misdaadroman Bedrogspeurder, Katerina Carter, het geen benul wanneer om die handdoek in te gooi nie, en dit laat haar dikwels in deurmekaar en gevaarlike situasies beland. Noudat die werk skaars is en haar geld vinnig opraak, het Kat kliënte nodig; anders sal sy noodgedwonge op haar knieë moet terugkruip na haar hokkie by die firma waar sy gewerk het. En vir Kat is hierdie lot erger as skuld. Wanneer Liberty-diamantmyn se uitvoerende hoof, Susan Sullivan haar dus huur om Liberty se verdwene finansiële bestuurder en ’n groot bedrag verduisterde geld op te spoor, is sy baie gretig om die werk te aanvaar. Rampsalige armoede is goeie motivering om moeilike sake aan te vat, maar haar opwinding verander gou in angs toe twee werknemers van die maatskappy brutaal vermoor word. Kat besef dat die ondersoek dalk gevaarliker is as wat sy verwag het. En asof dinge nie ingewikkeld genoeg is nie, ontdek sy ’n sinistere skakel tussen Liberty, bloeddiamante en georganiseerde misdaad. Sy moet net bewyse kry en uit die moordenaars se pad bly om die ware misdadigers aan die kaak te stel. Met die hulp van haar vriende en ’n eksentrieke oom, moet Kat bontstaan of haar eerste saak is moontlik ook haar laaste...

Die Avonture van die Lone Jack Kêrel – Die Terugkoms (Boek #2)

by Joe Corso

Toekenning: Truewest Magazine – Beste van die Weste 2016 – Westerse Boeke – Self Gepubliseerde Kategorie. Charles Longstreet se Broadway toneel het geëindig na ‘n jaar en hy wou die aktrise iets gee om hom te onthou. Nadat die beroemde aktrise haar geskenk ontvang het kyk sy na haar vriendin. “Jy weet, Olga, sommige mans het goedheid wat uit hulle straal en Charles Longstreet, al is hy nie bewus daarvan nie, is een van hulle.” Charlie word gestruikroof op die wandelpad deur drie mans wat hom skiet en los vir die dood. Noudat hy weer gesond is volg hy die ou verlate Butterfield Overland Koetspad en Charlie volg die mans tot in El Paso. Cora wat Charlie amper vermoor gekry het oor haar nuuskierigheid, staan op die sypaadjie voor haar winkel. Hy ry verby haar asof sy nie bestaan nie. As gevolg van haar onvolwassenheid het dalk nou die man van haar drome verloor. Nou is dit te laat om enigiets daaromtrent te doen behalwe om te waai terwyl hy stadig verby ry en om te dink aan dit wat kon gewees het. Ned het die rook weggeblaas van sy geweerloop en na die kroegman gedraai. “Hy is die Lone Jack Kêrel, en as hierdie vente hom net uitgelos het, het hulle nog geleef.” Hoekom ry ‘n gewonde Indiaan saam met Charles Longstreet en hoekom dra Charlie ‘n Maarskalk Kenteken? En hoekom laat President Grant hom na die Withuis kom? Hierdie is die tartende vrae wat beantwoord word sover as wat die leser die Lone Jack Kêrel in sy nuutste avontuur volg op die wandelpad wes na Kalifornië.

Iemand red my lewe vanaand - 'n Justice Sekuriteit kortverhaal (Justice Sekuriteit 2 #2)

by T. M. Bilderback

‘n Dreigende brand noop ‘n sekuriteitswag om te kies om óf homself óf ‘n vyfjarige kind te red. Hulle staan bekend as die “troepe” – die beamptes in uniform van Justice Sekuriteit. Hulle het nie die gemaklike, hoogs gepubliseerde poste wat die ander personeellede, in gewone kleredrag het nie – hulle is die mense wat in die agtergrond daagliks gesien kan word by banke, kantoorgeboue, en kleinhandelbesighede, waar hulle ‘n veilige omgewing vir kliënte en werkers skep. Gus Brazzle is een van daardie troepe. Hy is aangestel by ‘n winkel wat handel in tweedehandse boeke, musiek en flieks. Gus is omtrent aangeheg aan die personeel van die winkel, en dink aan hulle as sy familie. Hy het selfs die bynaam “Teddiebeer” gekry, van die vyfjarige dogter van een van die winkel se personeel. Maar, wanneer ‘n ontevrede kliënt, wat voel hy is te na gekom, besluit om wraak te neem, word dinge dodelik. Gus het ‘n keuse om te maak … maar sal hy dit betyds kan maak?

Vroeë lesers: Vlak 1 sigwoord-boek – 7 maklik leesbare stories met sigwoorde

by Annerie Katrina Kahler

As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop. As jy jou gr. R- en kleuterskoolkinders wil leer hoe om te lees, dan is hierdie die perfekte boek om mee te begin. Die sigwoord-boek beskik oor eenvoudige teks, herhalende woorde en illustrasies om jou kind te help met vooruitskattingsvaardighede en begrip. Dit is uitstekend vir beginner-lesers tussen die ouderdomme van 2 tot 5 jaar. Die boek bestaan uit sewe stories, onder meer: Is jy my maatjie, Is jy ’n monster, Alles oor Kersfeesvader, Wil jy speel, As jy jou hond liefhet, Die lekkerste speelgrond nog en My eerste dag by die kleuterskool. Sigwoord-flitskaarte en aktiwiteite word in hierdie boek verskaf. Die boek is deur ’n professionele opvoedkundige geskryf wat vir die afgelope 30 jaar vir duisende kinders leer hoe om te lees. Jy sal jou kind ’n groot hupstoot gee as jy hierdie boek aankoop.

My Monster - Sig Woorde - Vlak 1 Boek 2

by Kaz Campbell Liezl Dreyer

Leer om sigwoorde Boek 2 te lees vir Beginner lesers. Boek 2 het meer as 100 bladsye met kleurvolle en interessante foto's van Troeteldiere, klere, speelgoed, Werke, Nommers, gevoelens en posisies en hul ooreenstemmende woorde. Dit is die tweede Boek in die My Monster leer lees Reeks. Werk deur hierdie reeks van boeke en jy sal in staat wees om jou kind te leer lees en hulle 'n massiewe voorsprong gee. Daar is 3 Sig Woord boeke in Vlak 1 (enkel woorde en foto's) en elke boek dek 7 verskillende gebiede. Die boeke in die leer om te lees reeks is almal getel, so begin by Boek 1 en hou aan werk deur hulle. Vlak 2 boeke (daar is ook 3 boeke op hierdie vlak) wat ook sigwoorde bevat, maar in plaas van 'n enkele woorde, is hulle gekombineer in kort frases en eenvoudige sinne. 'n Foto vergesel elke frase of sin ... wat dit makliker vir jou kind maak om te lees.

Vampier Bedags (Weerwolf Snags #1)

by Vianka Van Bokkem Elaine

Elina Jensen was vervloek om soos 'n vampier bedags en weerwolf snags rond te loop, toe sy in moeder se skoot was. Elina moes nie net met haar dubbele vloek saamleef nie maar ook met haar gevoelens vir die negentienjarige Arian, Kitchi die sterk Amerikanse inboorling weerwolf, en Tristan die aantreklike vampier van Romania. Kan sy ware kiefde vind en haar menslike vriende se aanvaarding kry vir haar dubbele vloek? Of gaan sy verstoot word?

Die Laaste Weerwolf pak

by Vianka Van Bokkem Elaine

Gedurende die loop van die storie sal my lewe bedreig word deur 'n obsesiewe alfa weerwolf mannetjie. Die verassende aankoms van 'n tweeling broers Kendrix en Kennan leer my dat liefde wel bestaan. Die pak en 'n paar vampier vriende gaan saam baklei vir 'n gesamentlike doel- wraak. Verskeie groepe het al die einde van die wêreld voorspel mees bekend as die 'doomprofete'. In die loop van die tyd het die wêreld nie geëindig nie. Mense vampiere en weerwolwe is nie deur gesofistikeerde wapens van die aarde afgevee nie. Die persone wat wel vir die uitwissing veantwoordelik was is die honderde wetenskaplikes wat dodelike virusse in proefbuise bewaar het vir verdere studie. My naam is 'Julissa' 'n vroulike alfa weerwolf van Romania.

Wiking Vampier reis

by Vianka Van Bokkem Elaine

Die sneeu die tyd van die jaar was so diep dat mense nie soos gewoonlik met hulle honde slee hier gereis het nie. Ek het reeds vir 'n paar dae nie bloed gehad nie en het swak gevoel. Skielik het ek mensbloed geruik. Ek het twee mense in die verte gewaar. Vars bloed het op die witsneeu gedrup. Hulle was waarskynlik in 'n ongeluk en die pad byster geraak. My onsterflike lewe word gekompliseerd toe 'n aantreklike negentienjarige viking vampier, Mikael my om hulp kom vra. Gedurende ons seereis om Norwëe te bevry van Engelse vampiere, het ek gevoelens begin ontwikkel vir Mikael se broer Noak. My naam is Klar en ek is 'n wiking vampier.

Jed McKenna se Teorie van Alles: Die Ingeligte Perspektief

by Adri Van Schalkwyk Jed Mckenna

Ons is geprogrammeer van geboorte af om te glo dat ons bestaan ʼn onoplosbare raaisel is, maar as ons ʼn eerlike poging aanwend, dan ontdek ons ​​dat misterie self die raaisel is. Nie net wat is die groot misterie nie, maar hoekom is daar enige misterie? En wat as daar nie is nie? Wat as die Mysterium Tremendum net ʼn interne oortuiging is sonder enige eksterne eweknie? Wat as die antwoorde op die grootste vrae van die lewe eenvoudig en voor die hand liggend is en reg voor jou is? As mens sal slaan, slaan deur die masker! Hoe kan die gevangene buite toe reik behalwe om deur die muur te stoot? -Herman Melville As jy belangstel om deur die masker te slaan, dan sal jy bly wees om te weet dat daar ʼn teorie van alles is wat perfekte sin maak, wat nie staatmaak op godsdienstige of wetenskaplike kullery nie en wat jy maklik en direk kan verstaan. En as jy vertroud is met Jed McKenna en die Enlightenment Trilogy, dan weet jy dit is nie net ʼn teorie nie.

Kleur My Rooi

by Vianka Van Bokkem Juliet Perie

Victoria en haar tweeling suster is half-vampier en half-heks. Toe hulle sien hoe hulle ma en pa wreed vermoor word deur vampier jagter het hull wraak geweer teen hulle en enige iemand anders wat hulle gehelp het. Wat hulle nie verwag het was om verlief te raak op tweeling broers, Prins Alexandru en Prins Andrei van Romeinië.

Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë

by Elmarié Smal James Morcan Lance Morcan

Ontmaskering van die Holocaust Ontkenningsteorieë deur onafhanklike navorsers en filmmakers James Morcan & Lance Morcan met die voorwoord deur Holocaust oorlewende Hetty E. Verolme (skrywer van The Children's House of Belsen), is daarop gemik om uiteindelik die ontkenning vir eens en vir altyd te eindig, deur die bisarre verskynsel kop-teen-kop aan te pak. Geskryf in noue konsultasie met Holocaust oorlewendes en die Tweede Wêreldoorlog historici, is geen steen onaangeraak gelaat om die historiese feite van die volksmoord noukeurig te bevestig nie. Die Morcans bied 'n wye verskeidenheid van bronne aan, insluitend Nazi dokumentasie, ooggetuieverslae, wetenskaplike verslae en skokkende fotografiese bewyse; dit sluit ook in, debatte wat ontkenners wil skep. Een vir een, word hierdie verskillende argumente van die Holocaust ontkenners gebruik om dit te probeer diskrediteer met oorlog rekords wat noukeurig nagegaan is en dan dit stelselmatig as onjuis bewys. Teorieë wat ontmasker is, sluit die volgende in: die ses miljoen dodetalsyfer wat 'n oordrywing is; gaskamer uitwissing wat fiktief is; Adolf Hitler en die Derde Ryk word verkeerdelik swartgesmeer is; die ontleding van die Holocaust rekords wat taboe is, as gevolg van spesifieke wette in Europa kriminaliseer ontkenners; “Euwel Sioniste” en Israel wat so magtig is dat hulle geskiedenis kan sensor. Die Holocaust word in die bladsye van hierdie boek as een van die mees goed gedokumenteerde en die mees histories en forensies-beproefde misdade van die 20ste eeu te wees. In die proses het baie van die wêreld se mees berugte ontkenners, insluitend skandalige Britse historikus David Irving en die voormalige President van Iran, Mahmoud Ahmadinejad, geopenbaar dat hulle niks anders as anti-Semiete is wat op soek is na verdere swartsmering, ondermyning en demoralisering van die wêreld se Joodse bevolking. In hierdie insiggewende leesstof wat meer as twee millennia van global

My Monster Sigwoorde - Vlak 2, Boek 4

by Kaz Campbell

Leer hoeom sigwoorde te lees: Vlak 2, Boek 4! Boek 4 kombineer sigwoorde van die "My Monster" Vlak 1 (Boeke 1, 2 en 3) in kort en eenvoudige sinne. Elke bladsy word ondersteun deur 'n prentjie om lees makliker vir kinders te maak. Werk deur hierdie reeks boeke en u sal u kind kan leer om makliker te lees!

Oorleef Skisofrenie

by Richard Carlson Jr.

Richard Carlson Jr. was gediagnoseer met paranoïese skisofrenie toe hy een – en – twintig jaar oud was. Sy siekte het begin toe hy in vroeë adolessensie was. Moderne psigiatrie het Richard oor ‘n dekade misluk. Toe, na ‘n insident met die polisie het hy regtig verstaan dat sy diagnose werklik is, en het uiteindelik die lang proses om te herstel begin. Meer as tien jaar later het sy lewe geweldig verbeter. Saam met sy behandeling het Richard ook herstel van depressie, obsessiewe – kompulsiewe – versteuring, en lusteloosheid. Moenie dat dit wat met Richard gebeur het, met jou, ‘n geliefde, of ‘n pasiënt met ernstige geestes siektes gebeur nie. Wees altyd eerlik met mekaar, en met jou psigiater.

Die Raaisel van die Gesiglose Bruid

by Pennie Mae Cartawick

Die bruid het geen verlepte rose vasgehou nie, maar haar trourok was geskeur en verbrand. Haar kaal bene yskoud, wiegend en onvas. Die sluier het laag oor haar gesig gehang. Ek het my pistool by my gehad, maar ek kon nie skiet nie. As dit 'n spook was sou die koeël sekerlik dwarsdeur gegaan het, maar as dit ‘n mens was, dan sou ek ‘n dooie vrou skiet. Haar hande, die naels lank en gebreek, het die sluier opgelig gehou. Haar gesig! Selfs in die donkerte kon ek sien hoe vermink dit was. Die oë is uit hulle kaste geruk, die neus ingedruk; al wat oorgebly het was die mond. Dun, sagte lippe wat oop was om bruin afgebreekte tande te wys.

Horoskoop

by Claudio Ruggeri

'n Reeks onverklaarbare misdade vind plaas in die provinsie Rome, die ondersoek word toegewys aan Vincent Germano, Kommissaris van die Polisie wat die raaisel moet oplos.

Motor Detailleerders Gids tot 'n Nuwe Besigheid

by Mark J. Allen

Volg ons mislukkings bestande bemarking tegnieke vir GEWAARBORGDE SUKSES vir jou besigheid! Weet hoe die mees lonende geleenthede te vang, jou besigheid te laat groei en jou kliënte tevrede te hou. Ons sal jou wys hoe om te mondelingse gegons oor jou dienste te kultiveer en verwerf voordelige kommersiële kontrakte! Sluit aan by TOP assosiasies vir verhoogde besigheid verwysings. Leer watter besigheid en handel lidmaatskappe die moeite werd is en hoe jy die sisteem die beste kan “werk”! Kry die BESTE ADVIES vir jou advertensie Rand. Moenie enige van jou geld op oneffektiewe, duur advertensies mors nie. Gebruik die mees KRAGTIGSTE en LAE KOSTE bemarking metodes in die besigheid om die foon te laat lui! Kultiveer kommersiële besigheid vir ‘n leeftyd van SUKSES. Volg die reënboog van kommersiële en staatskontrakte na ‘n POT VAN GOUD. Leer die vinnigste manier om herhalende besigheid te werf en hoe kom jou kliënte gelukkig te hou. Gratis, Gratis, Gratis! Vind uit watter welwillendheid handelinge jou gunste tienvoudig sal teruggee! Hoekom jy moet gee en wat jy kan terug ontvang.

Amerikaanse besigheid begin gids vir locksmith

by Mark J. Allen

Die Amerikaanse besigheid module is gerig aan al die ambisie volle en hardwerkende individue wat strewe na ‘n voorspoedige manier van lewe

Refine Search

Showing 126 through 150 of 607 results