Browse Results

Showing 226 through 250 of 607 results

Iewers in die wêreld

by Erick Carballo

Felipe is 'n seun van Ekwatoriaal-Guinee, wat oortuig is dat iewers in die wêreld sal hy die geluk wat hy wil vind, in die gesig staar alleen en met probleme met 'n paar uitdagings wat sal probeer om sy vooruitgang te belemmer.

Kiki in 'n bottel

by Francois Keyser

“Die Woudties” is ‘n reeks kinder boeke wat elk unieke verhale vertel van vyf diere in die woud. In hierdie verhaal sit Kiki die apie vas in ‘n bottel. Sy vriende is almal bang vir hom en weier om hom te help. Hoe gaan Kiki die bottel afkry Hierdie storie in “Die Woudties” reeks word jong lesers bekend gestel aan herwinning asook die nadelige effek wat rommel op wilde diere kan hê. Dit leer ons om ander wesens in ag te neem en om ons deel te doen om ons wêreld te bewaar. Indien jy meer wil leer oor “Die Woudties” en Frnacois besoek gerus sy webwerf by http://www.francoiskeyser.net of besoek “Die Woudties” FaceBook blad by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.

Motor Detailleerders Gids tot 'n Nuwe Besigheid

by Mark J. Allen

Volg ons mislukkings bestande bemarking tegnieke vir GEWAARBORGDE SUKSES vir jou besigheid! Weet hoe die mees lonende geleenthede te vang, jou besigheid te laat groei en jou kliënte tevrede te hou. Ons sal jou wys hoe om te mondelingse gegons oor jou dienste te kultiveer en verwerf voordelige kommersiële kontrakte! Sluit aan by TOP assosiasies vir verhoogde besigheid verwysings. Leer watter besigheid en handel lidmaatskappe die moeite werd is en hoe jy die sisteem die beste kan “werk”! Kry die BESTE ADVIES vir jou advertensie Rand. Moenie enige van jou geld op oneffektiewe, duur advertensies mors nie. Gebruik die mees KRAGTIGSTE en LAE KOSTE bemarking metodes in die besigheid om die foon te laat lui! Kultiveer kommersiële besigheid vir ‘n leeftyd van SUKSES. Volg die reënboog van kommersiële en staatskontrakte na ‘n POT VAN GOUD. Leer die vinnigste manier om herhalende besigheid te werf en hoe kom jou kliënte gelukkig te hou. Gratis, Gratis, Gratis! Vind uit watter welwillendheid handelinge jou gunste tienvoudig sal teruggee! Hoekom jy moet gee en wat jy kan terug ontvang.

'n Amerikaner in Rome

by Claudio Ruggeri

Die lewe is gemaak vir ontmoetings, in hierdie boek word daar van een so ontmoeting vertel. Dit is 'n eenvoudige storie, een wat tydens 'n somermiddag oor die tafels van 'n kroeg gehoor kan word

'n Mens kan nooit genoeg dankie se vir Jesus nie

by Bernard Levine

Hierdie boek maak die leser weer attent op Jesus en Sy goedheid en genade. Dit bring 'n vars blik op die eenvoudige ingesteldheid wat 'n mens op die lewe behoort te he, om sodoende 'n geseende lewe te kan geniet.

Spelteorie: ’n Katerina Carter-misdaadroman (Katerina Carter bedrog-misdaadromanreeks #2)

by Colleen Cross

Spelteorie Forensiese rekenmeester, Katerina Carter se bedrog ondersoek lê ʼn massiewe Ponzi-skema bloot wat verbind is aan die skimagtige World Institute, ʼn globale dinktenk met ʼn ysingwekkende geheime agenda. Kat is vasgekeer in ʼn hoogspeel politieke komplot waar die spelers by niks sal stop om te kry wat hulle wil hê nie, in ʼn spel wat sy nie kan bekostig om te verloor nie.

Verfris en Genees Uself deur Meditasie

by Brahma Kumari Pari

Lees hierdie boek (Verfris en Genees Jouself deur Meditasie) indien jy siektes in jou liggaam het wat nodig het om te genees of indien jy verfris én in ‘n gesonde toestand wil bly. Selfs al het jy geen siektes in jou liggaam nie, kan jy nog steeds hierdie boek lees om ‘n beter begrip te kry oor die kosmiese energieë. Deur hierdie boek te lees sal jy ‘n beter begrip kry oor hoekom die kosmiese energieë jou bedien en jy sal leer hoe om die kosmiese energieë te kry om jou beter te bedien sodat jy ‘n beter lewe kan leef terwyl jy jou mylpale bereik, of dit nou vir spirituele doeleindes is of vir materiële doeleindes.

Vywervrou Trilogie 02 - Mirre

by Chanette Paul

10 pretstories - 2-5-jariges - Ideaal vir slaaptyd

by Katrina Kahler

Hierdie boek is gevul met oorspronklike stories wat alle jong kinders sal geniet. Jou kind sal verseker dadelik van elkeen van die karakters hou en hul avonture baie geniet. Die karakters sluit ’n verskeidenheid oulike diere, dinosourusse, seerowers en ook jong meisies en seuns in by wie jong kinders aanklank sal vind.  Ingebed in elke storie is ’n boodskap wat jy met jou kind sal kan bespreek om sekere kwessies vas te lê, soos die belangrikheid daarvan om goedhartig en sorgsaam te wees, om die waarheid te praat, om dapper te wees, om jou bes te probeer en om ’n nuwe baba in die gesin te hanteer, om maar net ’n paar te noem.  Elke storie is gevul met illustrasies wat jou en jou kind sal vermaak. Perfek vir vroeë lesers of beginner-lesers en geskik vir kinders van 2–5. Lees die stories as slaaptydstories en gebruik dit weer wanneer jou kind in preprimêr is en begin om te leer lees. Daar is ook ’n Inhoudsopgawe waarop jy kan klik vir maklike navigasie.  ’n Wonderlike boek vir jong kinders!

Alles Oor Perde

by Linda M. Henderson

Hierdie boek is geskryf vir kinders wat lief is vir perde, en wat graag soveel as moontlik oor hulle wil leer. Dit deel interessante feite oor baie soorte perde, waar hulle gevind word, wat hulle graag eet, ens. Sal daar perde in die Hemel wees? Die antwoorde word gevind in "Alles oor perde." As jy lief is, vir perde sal jy hierdie boek wil lees! 

Ann se Oorlog: Verraad

by Hannah Howe

Met haar man weg op ‘n geheime sending, maak Ann Morgan gereed vir nog ‘n dag as sekretaresse by Trevor Bowman se privaat-speurder agentskap.  Maar hierdie dag sal nie soos enige ander dae wees nie.  In vier-en-twintig uur, sal Ann se lewe handomkeer verander wanneer sy ‘n moord ontdek, ‘n aanteklike wewenaar ontmoet, Speurder Inspekteur Max Deveraux, en hy konfronteer die moordenaar in ‘n web van versoeking en misleading.

ANN se OORLOG: DIE INVAL

by Hannah Howe

Met haar man, Emrys, wat steeds vermis word gedurende die oorlog, ontvang Ann Morgan ‘n persoonlike uitnodiging van die sjarmante Speurder Inspekteur Max Deveraux. Moet sy die uitnodiging aanvaar of van die hand wys? Intussen, in haar persoonlike lewe, word Ann met ‘n dilemma gekonfronteer.  Na Trevor Bowman se moord, moet sy die vaandel by sy speur agentskap oorneem? Terwyl Ann oor die persoonlike en profesionele aspekte van haar lewe wik en weeg, vra ‘n vriendin haar om haar vermiste dogter op te spoor.  Klaarblyklik het Adeline Hopkins ‘n beskadigde verhouding met haar pa.  Maar wat van haar gewese kêrel en ‘n Amerikaanse soldaat, ‘n GI waarmee sy uit gegaan het? Gedurende die tyd dat die GI’s gereed maak om te vertrek vir die tweede golf D-Dag invalle, het Ann antwoorde nodig, net om haarself met ‘n verdere dilemma te vind, hoe om geregtigheid te laat geskied.         

ANN se OORLOG: Afpersing (ANN se Oorlog Reeks #3)

by Hannah Howe

Met haar man, Emrys, wat steeds in aksie vermis word, moet Ann Morgan die realiteit aanvaar dat sy hul eerste huweliks herdenking, en Kersfees alleen moet deurbring.  Maar, ‘n telefoon oproep van Aistair Blythe, ‘n jongman met wie sy kortliks,  voor haar huwelik met Emrys, uitgegaan het sit Ann op ‘n pad wat na moord lei, ontmoetings met handelaars op die swart mark en wat lewensgevaar vir haar inhou.    Met die hulp van bobaas spioenmeester Charles Montagu en Speurder Inspekteur Max Deveraux, krap Ann ‘n groot oorlogs geheim oop.  En, saam met die wonderlike sneeu wat oor die Kerstyd val, kry sy ‘n geskenk wat sy nooit sal vergeet nie. 

Beer Vind 'n Huis

by Linda Henderson

Klein Beer voel alleen in die wêreld. Nadat hy eendag wakker geword het en besef het dat daar geen ander bere was om hom te troos of vir hom te sorg nie, het hy besluit om op reis te gaan om iemand te vind wat hom sal lief hê. Soos jy sal vind tydens die lees van hierdie boek, lei sy soektog hom na 'n gelukkige einde. 

Bybel vir Beginners: 'n Basiese Gids vir Beginners

by Brian Gugas

Regdeur die jare het mense na die Bybel gedraai vir leiding en hoop. Die Bybelstudie boek dien as ‘n padkaart vir die beginner om waardeuring te ontwikkel vir die Bybel en dit deel te maak van hulle daaglikse lewe. Al 66 Boeke van die Bybel word in detail gedek, insluitend:  • Skrywer van elke boek en die tyd waarin dit geskryf is. • Sleutel temas van elke boek  • Opsomming van die boodskap in elke boek  • ‘n Toewyding  vir die oorweging en verdure ondersoeke  Verdiep in die stories, profesieë en boodskappe van die Bybel en oorweeg tennuwe die inspirerende krag, genade en helende krag van God en Jesus Christus. Genadig en inspirerend, Bybelstudie Gids vir Beginners bring die leser terug na die basis en maak ‘n pad oop vr ‘n direkte verhouding met die lewende Woord van God.

Cecilia se Verhaal

by Debbie Manber Kupfer

Cecilia is op soek na 'n nuwe mens, maar sal sy die regte een vind. Sy hoor hulle is baie moelik om op te lei. 

Dankie God vir Sy Engele Wat Oor Jou Waak

by Bernard Levine

As jy smag om naby Jesus te wees As jy die teenwoordigheid van God kon voel As jy die diepte van Sy liefde kon waarneem En Sy ewige goedheid kon herken ... Sal jy begin besef hoe kosbaar jy vir God is. Hy is altyd daar vir jou maak nie saak wat mag wees God sal altyd by jou staan met 'n eindelose liefde

Die Avonture van die Lone Jack Kêrel: Die Buffel Jag

by Joe Corso

Die Lone Jack Kêrel is terug! Maar hierdie keer is hy saam met sy bloedbroer, Wilde Arend, Hoofman van die Kaw Indiane aan die ry op die vergete Butterfield Oorland Koets Roete deur gevaarlike stam gebiede. Al is hulle bewus van verskuilde vyandige Indiane en moorddadige struikrowers wat wag vir 'n geleentheid om niksvermoedende reisigers te roof en vermoor, besluit die twee om die verraderlike tog op die ou verlate roete deur Texas na Kalifornië te neem... maar op pad daarheen moet hulle 'n belangrike draai maak in El Paso. President Grant het gevra dat die Lone Jack Kêrel die Groothertog Alexis in San Diego ontmoet en die jong Russiese edelman vergesel na Nebraska om saam met Generaals Sheridan en Custer, en Buffel Bill Cody deel te neem aan 'n groot buffel jag. Die Lone Jack Kêrel en Wilde Arend se reis neem hulle weswaarts - deur onbekende Indiaanse Grondgebied waar hulle langs die pad kamp in verwaarloosde tent dorpe na Kalifornië waar hulle ware avontuur begin ... Lees verder en volg die bekroonde reeks na sy opwindende slot!

Die Geheime van die Jode (Wat Christene nie omtrent die Jode weet nie)

by Bernard Levine

Jesus Christ (self 'n Jood) was teen die tradisies van die Jode omdat die wette wat deur die Joodse Rabbis gemaak word, 'n swaar las op die Jode plaas wat nie in staat is om hulle ten volle na te kom nie. Nie net moet die Jode God se heilige wette, soos opgeneem in die Skrif nie, maar die Jode moet ook die mens gemaakte wette van die Rabbis gehoorsaam en onderhou. As die Jode net kan besef dat God hulle nie sal straf as hulle toiletpapier op die Sabbat skeur nie en Hy gee nie om as die Jode kaasburgers eet, wat 'n kombinasie van vleis met 'n suiwelproduk is, in dieselfde maaltyd geniet nie.  Ek is so geseënd en hoef nie soos die Jode te wonder wie die ware Messias is nie.  Daar is honderde Bybelse profesië wat alreeds vervul is as bewys dat Jesus Christus die komende Messias is. Ek is so diep dankbaar en baie bevoorreg dat ek bevry is om al die 613 Ou Testamentiese wette te onderhou en ek kan deur die genade van my Here en Redder, Jesus Christus, leef.

Die Geheime van die Lewe: Inspirasie wat jy nooit sal vergeet nie!

by Bernard Levine

Inspirasie wat jy nooit sal vergeet nie!            Raak harte                                 Verander lewens

Die Joodse Konfidensiële Lêers Nog Nooit Voorheen Gepubliseer Nie!

by Bernard Levine

Hierdie is 'n splinternuwe boek met informasie wat nog nooit voorheen gepubliseer is nie. Vir digene wat lief is vir die Joodse nasie en gesmag het om meer omtrent hulle geloof en leefwyse te weet, vir Christene wat lief is vir Jesus en meer van Sy Joodse wortels wil leer ... Die verrassende onthullings in hierdie boek was vir lank vir die wêreld verborge en word nou vir die eerste keer ontbloot!  Jy sal ontdek ... Wat doen Jode op Kersdag? Sal jy met my trou?  Hoe Jode 'n huweliksaansoek doen? Waarom eet Jode nie McDonalds, KFC of Burger King nie? Wat is in die Hebreeuse Bybel wat jy nie weet nie? Hoekom het die Rabbis die letters van God se Heilige Naam verander? Wat het die Jode met die woord Elohim gemaak? Watter plaasvervangende naam gebruik die Jode instede van Yahveh? Waarom skryf Jode nooit die woord "God" nie? En baie ander verrassende onthullings.

Die Kielieboom

by Francois Keyser

Daar is baie wonders rondom ons, ons moet dit net raak sien… Familie koop ʼn nuwe huis en hul gestremde dogter, Katryn hoor snags geluide vanuit die rigting van die boom. Sy gaan stel ondersoek in een nag en is verstom oor wat sy daar aantref. Sy ontmoet  ʼn paar eienaardige vriende en sommer gou-gou hou sy partytjies in die nag saam met hulle. Selfs toe daar iets vreesliks met  ʼn maat gebeur, hou die gelag en vrolikheid nie op nie en so gebeur daar ook  ʼn wonderwerk wat Katryn in staat stel om te kan loop.  “Die Kielieboom” is geinspireer deur ʼn boom in ʼn park waar ons dogters altyd gaan speel het. Die storie is in rym-vorm geskryf en inspireer ons om op die uitkyk te wees vir die wonders van die lewe; in ons kinderjare en des te meer ook in ons grootmens lewe. Dit demonstreer ook vir ons hoeveel krag daar in blydskap is, soveel so dat  ʼn jong, gestremde dogter  ʼn wonderwerk beleef en kan loop vir die eerste keer in haar lewe.

Die Klein Rooi Brandweerwa

by Linda Henderson

Die Klein Rooi Brandweerwa het 'n gelukkige lewe gehad- tot eendag, toe twee nuwe brandweerwaens in sy motorhuis inry. Hy was seker dat hy nie meer verlang of nodig sou wees nie. Dit het hom baie hartseer gemaak. Maar toe eendag, was daar 'n brand in sy rustige dorpie. Vind uit wat gebeur met die klein brandweerwa. Hierdie verhaal sal jou kleintjie (ouderdomme 3-5) wys dat selfs wanneer iets sleg gebeur, kan daar nogsteeds 'n gelukkige einde wees!

Refine Search

Showing 226 through 250 of 607 results