Browse Results

Showing 251 through 275 of 607 results

Die Manewales van Thomas die Kat

by Linda M. Henderson

Thomas die pragtige kat gaan op 'n reis deur sy omgewing, en is verbaas oor wat hy ontdek. Hy ontmoet 'n colliehond, 'n lam, 'n valk, 'n wit perd, 'n tier, 'n leeu, 'n olifantfamilie, en 'n uil. Maar omdat hy nie besef dat hy regtig 'n kat is nie, het elke ontmoeting hom laat wonder of dit die soort dier is wat hy bedoel was om te wees. Uiteindelik, vertel 'n wyse uil vir hom die waarheid. Jou kinders sal hulle verlustig in die nuwe avontuur van Thomas en begin nadink saam met Thomas, wie hulle ook bedoel was om te wees as hulle ouer word!

Die Pêrel in sy Oester

by Linda Henderson

Hierdie verhaal van Daniel en sy Oupa sal die hart van jou sowel as jou kinders of kleinkinders warm maak. Luister na hulle gesprek terwyl Daniel emosioneel oop maak vir sy oupa wanneer hulle saam gaan stap na skool. Daniel deel hoe hy deur twee van sy klasmaats geboelie word omdat hy kort is. Sy oupa gee hom baie wyse en tydlose advies. Of jy 'n kind ken wat geboelie word of nie, of as jy daardie kind is, "Die Pêrel in sy Mossel" deel pêrels van wysheid wat die lewe van enige persoon, jonk of oud, kan verbeter!

Eens op 'n Kersfees

by Dawn Brower

Welkom in die dorp van Kismetbaai waar towerkuns en lot 'n manier van die lewe is... Holly Strange is deel van 'n groot familie. Haar voorouers het Kismetbaai meer as 200 jaar gelede gestig. Kismetbaai het baie sjarme en vir die Stranges, beteken dit hulle na hulle een ware liefde geleë word. Kersfees en elke vakansie, bring die dorp se towerkuns uit. Dit is Kersfees, so dus is enigiets moontlik, en wanneer sy letterlik Nicholas Bell buite die plaaslike koffiewinkel raakloop, word haar wêreld om gedompel. Holly het opgehou om te glo dat sy liefde sou vind, maar na daardie een noodlottige ontmoeting begin sy glo in die krag van die lot, en die moontlikheid om haar harts begeerte te vind. 

Ek Sal Nie Doodgaan Nie!

by Gabriël Agbo

Dit is nog nie oor nie.  God is nog nie klaar met jou nie.  Jy gaan nie nou dood nie.  Ja, jy gaan nie.  Hierdie boek is om jou te verseker dat Hy nog 'n plan vir jou lewe het.  Dit maak nie saak hoe donker dinge lyk nie.  Hier sal jy baie interessante hoofstukke vind soos:  EK SAL NIE DOODGAAN NIE, ALLE KRAG BEHOORT AAN GOD, GAAN TERUG EN VERTEL HOM, GEBED, WAT MAAK JY HIER?  MOENIE BANG WEES NIE, MOENIE WEGHARDLOOP NIE en ONBEPERKTE AANBOD. Daar is geen rede om nou op te gee nie.  Moenie jouself doodmaak nie.  Jy moet opstaan, met geloof en hoof en aanhou veg, staar jou uitdagings in die gesig.  Moenie bang wees nie en moenie van dit af weghardloop nie.  God kom om jou te help.  Hier sal jy ook leer hoe om die gees van frustrasie, depressie en dood te weerstaan.  Hoekom styg die koers van selfdood?  Enige oplossings??

Esmeralda Grunch en die Rooi Tulp

by Debbie Manber Kupfer

Esmeralda Grunch is 'n baie haal blomme fee. Sy woon in 'n tulp van die helderste rooi. As Esmeralda wegvlieg vir die dag, is Tulip hartseer. Wanneer sal sy terugkeer? 'N Verhaal van vriendskap vir die jongste leser.

Fluistering in die Wind

by Paul Zunckel

Boekbeskrywing: Stap in die bose wêreld van mensehandel, waar korrupte amptenare, werkloosheid, armoede,gierigheid en mag 'n rol speel. 'n Gesin word deur ontvoering uitmekaar geskeur. 'n Kind wat in die middel van die nag gesteel word, 'n ma wat in slawerny ontvoer en verkoop is, en die wêreld van sekshandel. Die soektog na die kind en vrou verskuif van die oewer van die magtige Zambezi tot diep in die Afrika-bos, na die onderwêreld van Johannesburg, Suid-Afrika.

Gebed van Jehósafat

by Gabriël Agbo

Elke stryd in hierdie lewe is wenbaar.  Alle stryde wat jy in die gesig staar, as individueel of groep word deur drie kategorieë verteenwoordig - oorlog, siekte en hongersnood.  Oorlog verteenwoordig beide fisiese en spirituele opposisie, gevegte en konflikte wat ons daagliks in die gesig staar.  Siekte sluit in alle siektes, infeksies, geneesbare en ongeneesbare siektes.  Dan, hongersnood of droogte het betrekking op alle ekonomiese, finansiële tekort en ander uitdagings.  En in hierdie boek, wys ons jou effektiewelik dat dit moontlik is om altyd deur hierdie uitdagings te gaan en as 'n oorwinnaar uit te kom.  Hier, sal jy gevestigde en getoetse beginsels vind wat jou permanent aan die wenners kant sal plaas.  Hulle is inderdaad getoets, goddelik, universeel en vir ewig.  Hulle kan nie misluk nie!  Hier sal jy tien gelaaide en kragtige hoofstukke  vind:  Gebed van Jehósafat; God van Hemel en aarde; Dit is ons erfenis; Oorlog, siekte en hongersnood; Kyk hoe hulle ons beloon; Sal jy hulle nie keer nie; Moenie moedeloos of bang wees nie; So spreek die Here, Marsjeer uit en neem jou posisie in; Krag van lofprysing.  Ons het ook 'n stel kragtige gebeds punte aan die einde van elke hoofstuk wat onmiddelike resultate sal oplewer.  

Geen Kruis, Geen Kroon

by Gabriël Agbo

Hierdie klein maar kragtige boek is geskryf om Christene aan te moedig en te bemagtig wie deur moeilike tye van beproewing gaan.  Hulle moet weet dat daardie onaangename omstandighede as God se instrumente sal dien op hulle op te lig na hulle volgende fase of deurbraak toe.  Hier sal ons sien dat ons houding ons hoogte kan vasstel in ons wandel met God.  En ook, dat daar is altyd profyt in elke teëspoed.

Het jy gehoor daar gaan pryse in die hemel uitgehandig word?

by Bernard Levine

As God al die glorie wat op ons wag aan ons bekend moet maak, sal dit ons verstand te bowe gaan.  Watter pryse sal jy in die hemel ontvang?  Gaan jy 'n prys ontvang?  As jy die Here Jesus getrou gedien het, sal hierdie 'n tyd van groot lofprysing wees omdat jy wonderlike belonings sal ontvang. 

Hipus

by Erick Carballo

Nadat hy deur 'n golf na die strand gegooi is, word 'n seeperdjie in angs gered deur 'n sesjarige seun wat hom op sy beurt huis toe neem en sodoende vinnig herstel.

Hoe om aan Jode te getuig oor Jesus ... wat Christene moet weet

by Bernard Levine

Hoekom het ek die Joodse geloof gelos vir Jesus? Wat is van die vreemde Joodse tradisies? Hoe getuig jy aan Jode oor Jesus?  Laat die raaisels onthul word en die waarheid gespreek word!

Hoe om jou geliefde te behaag ( op 'n 100 verskillende maniere)

by Bernard Levine

Liefde groei wanneer jy iemand laat weet dat jy omgee.  Hoe om jou geliefde te behaag is gevul met baie opwindende, romantiese verrassings om jou geliefde baie spesiaal te laat voel.  Die vreugde van lewe, is in gee.  Bederf jou geliefde met sommige van hierdie romantiese idees en kyk hoe jou liefdeslewe sissend sal raak met ekstase en passie!

Homoseksualiteit: Die Okkulte, Gesondheid en Sielkundige Dimensies.

by Gabriël Agbo

Is homoseksualiteit goed of boos?  Wat is die oorsprong van hierdie seksuele voorkeur en die implikasie op die samelewing?  Was dit die oorspronklike plan van God (natuur)?  Wie is eintlik daaragter en vir watter doel?  Is die homoseksuele en lesbiese werklik deur onsigbare magte gelok en vasgevang.  En wat sal die effek op die huidige en komende generasies wees?  Wat is die seining van die Christendom, Islam, traditionele geloof, ens. aangaande hierdie saak?  Hoe gevaarlik is anale- en orale seks – enige gesondheids risiko’s?  Kan die resultaat hiervan anale en orale kankersoorte en verskeie ander infeksies wees?  Is homoseksualiteit ’n okkultiese praktyk?  Al hierdie vrae en meer is wat ons gaan probeer antwoorde voor aanbied in hierdie boek.   Selfde-geslag verhoudings is eintlik nie nuut tot die mensdom nie, maar is nou al vir ‘’n geruime tyd in die globale bewussyn, veral vir die systematiese goedgeuring wat deur westerse leiers daaraan gegee word onder die vaandel van menseregte, homoseksuele regte, minderheidsregte, koalisie bewegings, ens.  In werklikheid preek sommige leiers en hulle marionette organisasies dit nie net nie, maar hulle boelie ander nasies om dit te aanvaar en te bevorder.  Hulle beloof hulp, toelaes en ander ontwikkelende hulp as kompensasie.  Waarom is hulle so behep daarmee en wie se agenda is dit? In hierdie werk sal ons probeer om ’n  baie objektiewe bespreking in die volgende elektrifiserende, illuminerende en insiggewende sewe hoofstukke opsom te som:  Die Homoseksuele Rebellie, In die Begin, Die Okkulte Dimensie, Die Gesondheidsimplikasie, Die Sielkundige Uitwerkings, Die Vermydende Gevolge en Wat Moet Ons Doen?  Hierdie is waarlik informatiewe besprekings, feite wat jou sal help om ’n  ingeligte besluit te neem of jy by homoseksualiteit betrokke moet raak of nie. Die besluit sal uitsluitlik joune wees!

Intieme Seks Geheime van die Jode

by Bernard Levine

Wat is die waarheid omtrent seks deur 'n gaatjie in die laken?  Wat doen die Rabbis met die voorhuid wat afgesny word?  Hoekom moet vroue hulle panties vir die Rabbi wys?  Het jy geweet die Rabbi suig die bloed van 'n baba se besnyde penis?  Het jy gehoor daar is 'n spesiale manier hoe Jode veronderstel is om hulle skoene aan te trek?  Waarom vat Jode 'n lewendige hoender en swaai dit bo hulle koppe?  Hoekom begrawe Jode hulle borde in die grond?  Jy sal geskok wees deur die vreemde praktyke van die Joodse gemeenskap.

Joernaal

by Daphne Mashamaite

In hierdie joernaal vind u onweerlegbare sukseslesse in mikroformaat op elke bladsy. Die lesse kom uit my boek “Climbing the ladder of success”. In die boek deel ek my navorsing en ervaring as ‘n kenner op die gebied van ondernemingsontwikkeling wat werk met klein tot mediumgrootte ondernemings. My begeerte is om almal te help om te fokus op belangrike gebiede vir die bestuur van ‘n suksesvolle besigheid, selfs na Covid19 kan jy ware sukses bereik. ‘n Joernaal help jou om boek te hou van jou dag tot dag ervarings. Dit kan gebruik word om jou gevoelens en jou gedagtes oor ‘n bepaalde situasie in jou sosiale lewe of ‘n spesifieke gebeurtenis of situasie te beskryf. Gebruik jou joernaal om opwindende en hartseer oomblikke vas te vang – herinneringe. Beskryf jou gevoelens, die mense wat jy ontmoet het en hoe hulle jou laat voel het. Jy kan ook die plekke neerskryf wat jy besoek het, spesiale geleenthede ens. Onthou om dit wat jy geleer het in te sluit. ‘n Joernaal kan gebruik word om jou ondervinding en seisoene in jou lewe te beskryf vir toekomstige verwysing. Jy kan ook jou joernaal gebruik vir jou te-doen-lysie en jou volgende boek of manuskrip.

Jou Gunsteling Christelike Boeke

by Bernard Levine

Jou gunsteling Bernard Levine Christelike Boeke DRIE BOEKE IN EEN Waarom ek die Joodse geloof gelos het om Jesus te volg Die Joodse konfidensiële lêers nog nooit voorheen gepubliseer Jy kan nooit genoeg "Dankie" sê vir Jesus nie

Kersverleiding

by Dawn Brower

Kersverleiding is 'n blik op elkeen van die paartjies in Novak Springs en hoe dit met hulle gaan nadat hulle elkeen hulle gelukkige ewigheid gevind het. Neem 'n rit in die geheue saam met hulle en ervaar die dinge waarmee hulle nog steeds versoek word--veral met Kerstyd. 

Leer Jou Honde Ken (Vir Kinders)

by Amber Richards

Hierdie is ‘n boek wat handel oor die veskillende honde rasse. Dit is ‘n e-boek  vir jong kinders wat in honde belangstel. Tussen die ouderdomme van 3 en 4 jaar is kinders geneig om die grammatikale reëls van hulle taal te oorveralgemeen. Hulle is geneig om voorwerpe met dieselfde eienskappe as dieselfde voorwerp te klassifiseer. Hierdie boek sal kinders help om te verstaan dat verskillende tipe honde, verkillende rasname het! Die boek bevat 21 verskillende foto's van bekende, sowel as meer onbekende honde rasse. Hierdie is ‘n prettige en leersame boek vir ouers om vir hulle vroeë lesers te lees, of selfs vir jong kinders om self te lees. Hierdie boek kan maklik 'n gesinsgunsteling word. Berei  Berei julle snaakste en beste hondgeluide voor!

Mamma Het Gesê Bly Tuis!: ‘n Justice Sekuriteit Roman

by T. M. Bilderback

Joey Justice, Misty Wilhite, Dexter Beck en Percival “King Louie” Washington. Vier mense – vriende en vennote van kollege dae af – wat die grootste sekuriteit firma in die stad beheer ... Justice Sekuriteit. Geïnspireer deur die trefferlied gesing deur Three Dog Night, stel hierdie storie die avonture van ‘n nie-so-heeltemal-by-die-boek sekuriteit firma voor. Hulle word gehuur deur ‘n promotor van ‘n honde skou, maar die werk lyk baie groter en gevaarliker as wat verwag is. Hulle word gehuur om sekuriteit te verskaf by die Swaargewig Boks Kampioenskap, wat uitdraai as die enigste kampioenskap in die wêreld sonder ‘n uitdager, danksy die humeur van een van die Justice Sekuriteit vennote. Hulle word deur die ouers van twee onskuldige tieners gehuur om uit te vind hoekom die tieners genadeloos plat geskiet word en terwyl hulle ondersoek instel, sweer hulle per ongeluk vyandskap met die magtige leier van ‘n Meksikaanse dwelm kartel. Bygestaan deur die FBI skakelbeampte, Marcus Moore, neem hierdie onverskrokke mense die avontuur teuels en ry die misterie tot by die finale eindpunt ... en hulle lewens sal nooit weer dieselfde wees nie!

Moby Leviatan Dick: Die Gesoekte Beesjaer en Banneling

by Wakii Reeder Buckshot Billy

Hierdie storie neem Melville se Moby Dick en pas dit aan tot ‘n Westerse Beesjaer boek. Dit is ‘n definitiewe verhaal van wraak, Ahab jag die verbande krimineel, Moby Levviatan Dick. U sal mal wees oor hierdie seevarende klassieke storie wat nou aangaan op droë grond. ‘n Besprekings gids is ingesluit in die hierdie boek.

Moet Nie Vrees Nie

by Gabriël Agbo

Vrees is die teenoorgestelde van geloof.  Vrees martel.  God wil hê dat ons geloof in Hom moet hê, in Sy Woorde en beloftes.  Dit is Sy wil vir ons, maar daar is so baie dinge, situasies, teenstanders wat teen dit baklei.  Hierdie is 'n klein maar kragtige boek wat jou sal ophef en op die Woord van God se beloftes laat staan selfs in die gesig van die felste pyle van die vyand of die ergste van situasies.  Moenie vrees nie!  Beweeg aan want die HERE jou God sal jou oorwinning gee!

'n Aand in Tussenwêreld: Die Storie van William Jones se Amper-Dood Ervaring (Tussenwêreld #1)

by Owen Jones

'n Aand in Tussenwêreld Die Storie van William Jones se Amper-Dood Ervaring William Jones, ‘n skaap boer in die Brecon Beacons, het ‘n gelukkige lewe gelei totdat sy vrou, Sarah, jonk oorlede is. Dit hom verpletter en het hom blykbaar op die pad van self-vernietiging gehad. Sy dogter, Becky, het probeer help, maar selfs sy het begin geduld verloor met haar pa. Een aand was hy seker hy het gesterf en is gered uit sy ellende, maar dit was nie so nie. Hy het herstel. Maar sy lewe sou nooit weer dieselfde wees nie. Hy het die Tussenwêreld ontdek waar sy vrou gebly het en het ‘n nuwe vitaliteit ontdek wat sy lewe verander het en die van almal met wie hy in kontak gekom het. ‘n Aand in Tussenwêreld is ‘n liefdes verhaal wat strek oor die grootste kloof – tussen lewe en dood; ‘n kykie na ‘n amper-dood ervaring en ‘n nuwe uitkyk aangaande die mitologiese Walliese Hemel wat bekend staan as Tussenwêreld. Wees voorbereid om ‘n anderkant van die Walliese Keltiese mitologie te sien maar jy sal nooit weer oor die dood dink in enige ander manier nie. Dit waarborg ek jou!

'N Sigeuner se Kersfees Soen

by Dawn Brower

Lulia Vasile is die dogter van 'n Romaanse prinses en 'n Graaf se tweede seun. Sy het grootgeword met rolle in 'n reisende teater, optreedes by graafskoue, en het me waarsê gewoeker. Sy vra nie verskoning vir wie sy is nie, en leef die lewe soos sy wil. Finley Prescott, die Hertog van Clare, verlaat nie sy meenthuis tensy dit nodig is nie. Hy het verantwoordelikhede en mense wat op hom staat maak. Al wat hy wil hê, is om uit de wêreld te verdwyn. Hy doen nie goed in groot byeenkomste nie en gebrek aan sosiale etiket. Fin en Lulia het 'n geskiedenis. Een wat nie een van hulle vergeet het nie. Toe hulle weer ontmoet word hulle saamgetrek. Na daardie toevallige ontmoeting deel hulle 'n magiese soen. Onderweg ontdek hulle dat die ding wat 'n persoon soms nodig het, nie is wat hulle sou verwag het nie.  

Nooit Weer Nie!

by Gabriël Agbo

"Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur.  “Julle sal weer al die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak. My volk sal nooit weer so in die skande kom nie. Julle sal weet dat Ek onder my volk Israel teenwoordig is. Net Ek is die Here julle God, niemand anders nie! My volk sal nooit weer so in die skande kom nie.” Joël 2: 25-27 Dit is tyd om die dinge wat jou wil stop, te stop,  Dit is God se wil om alles te stop wat jou van Sy plan vir jou lewe wil verwyder.  En jy weet alreeds dat Sy plan vir jou is om die beste van vreugde, vrede, voorspoed, genade, goeie gesondheid en om al jou eiendom te besit.  Selfs as jy onder oordeel staan, kan dit omgedraai word vandag en jy kan weer begin om in Sy genade te swem.  Ons kyk ook na ander se ondervindings en die moderne Israel se weergawe van Nooit Weer nie.  Hoekom hulle hierdie slagspreuk aangeneem het en hoe vêr hulle gekom het om dit toe te pas?    Sekerlik, Israel het vandag een van die mees magtigste nasies op aarde geword, (Dit het die beste intelligensie agentskap, Mossad en die derde beste weermag in die wêreld) nie net omdat God met hulle is nie, maar omdat hulle belowe het om nooit weer toe te laat dat die Jode weer deur daardie mees onmenslik, vermybare gebeurtenis van die laaste eeu.  Vandag lei hulle nie net in verdediging nie maar ook in landbou, ICT, wetenskap en medisyne.  Ja, ons kan vandag sê nooit weer nie.  Hierdie boek is verseker 'n interessante lees.

Nuwejaar Openbaring

by Dawn Brower

Welkom by die dorp Kismetbaai waar towery en die noodlot 'n manier van lewe is... Nash King is sy hele lewe lank lief vir Leilia Strange. Ongelukkig het hy van kleins af na die rol van beste vriend verwys. Op die randjie van die nuwe jaar het hy besluit om haar te vertel hoe hy voel. Dit is 'n risiko wat 'n wig vir ewig deur hulle kan druk. Sal Nash en Leilia liefde vind? Die noodlot is wispelturig en dinge in Kismetbaai verloop nie altyd soos beplan nie...

Refine Search

Showing 251 through 275 of 607 results