Browse Results

Showing 251 through 275 of 607 results

Ranna03_Sondebok

by Irma Venter

Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ’n ou misdaad – die verdwyning van ’n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het. Die meisie se destydse kêrel en haar kunsonderwyser is verdink, maar die saak is nooit opgelos nie. ’n Foto van die meisie naby ’n aborsiekliniek in Johannesburg speel ’n kardinale rol. In die foto kyk sy oor haar skouer, asof sy bang is sy word agtervolg. Alex dek ook ’n storie oor ’n jong onwettige immigrant wat van vervolging in sy eie land gevlug het om ’n nuwe lewe in Suid-Afrika te maak. Maar xenofobie dreig om sy drome te verwoes. AJ Williams is op dertig kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok. ’n Foto van Ranna in Pretoria sit AJ op dié se spoor.

Die blou uur

by Christine Le Roux

In Die blou uur, besef die speurverhaalskrywer Klarissa du Toit dat haar man se werk as kriminoloog besig is om ’n wig tussen hulle in te dryf, en sy vertrek na Skotland om oor haar toekoms te dink.

Skrapnel

by Irma Venter

Fiksie: Joernalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy 'n storie oor 'n mynsindikaat dek. Sarah, Alex se kuberkraker-vriendin, volg Ranna Abramson se spoor na Indië, waar sy skuil van die gereg. Volgens Sarah is Ranna, vryskutfotograaf en Alex se groot liefde, die enigste een wat Alex kan help. Maar hoe hou die dood van Ranna se pa jare gelede verbrand met Alex se verdwyning? Iewers in Ranna se herinneringe lê doe leidraad om 'n lank vergete misdaad op te los, maar sal sy dit herken as sy nie eens weet waarna sy soek nie?

Kosbaar soos die lewe

by Christine Le Roux

Kosbaar soos die lewe: Elizabeth Benade wonder of sy die regte ding gedoen het om haar werk by die rekenaarfirma te bedank en as huidhoudster te gaan werk vir die moeilike dokter Richard Nel. Sy seuntjie is ʼn handvol, maar dis duidelik dat die kind smag na warmte en liefde. En dis nie lank voor Elizabeth haar oor hom ontferm en betrokke raak by hierdie pa en seun se lewe nie.

Ella Neser 01 - Die verdwyning van Billy Katz

by Chris Karsten

Moordspeurder Ella Neser is terug. Erg hees en met ’n bewing in haar hande wat sy nie vir kolonel Silas Sauls kan wegsteek nie. Maar sy is verbete om haar ou self te herwin. Wanneer sy aangesê word om die spoor te vat van vier geamputeerde voete, ontmoet sy die onkonvensionele oud-speurder Lou Pepler, wat twee dekades gelede die verdwyning van Billy Katz moes probeer oplos. Wat het ’n begrafnisondernemer gemeen met Billy se verdwyning soveel jaar gelede? En is stink Attie regtig verantwoordelik vir die vier linkervoete wat in ’n Checkers-sak in die Botaniese Tuin gevind is? Lou is bereid om Ella met haar voetesaak te help. Maar, soos sy alte goed weet, is niks in die lewe verniet nie ... En aantreklike Lou Pepler, met ’n voorliefde vir beetsap en sampioene (nie net die gewone eetbare soort nie), is ook ’n man vol geheime.

Hartklop

by Cecilia Steyn

Vandat Megan kan onthou maak haar broer se beste vriend, Dewald, haar knieë lam. Elke keer as sy horn sien voel haar binnegoed soos iets wat so pas deur ’n wasmasjien se spinsiklus verrinneweer is. Nou is Stefan en Dewald op universiteit en slaan gio al die meisies se voete onder hulle uit, terwyl Megan vasberade is om haar matriekjaar te geniet. Maar wanneer Dewald saam met Stefan opdaag om die Desembervakansie op Paternoster deur te bring, sukkel sy al hoe meet om haar gevoelens weg te steek. Dis net jammer haar oorbeskermende broer sal nooit toelaat dat daar iets tussen haar en Dewald gebeur nie. Vir 'n groot gedeelte van Dewald se hoërskoollewe het Megan eike aand die hoof-rol in sy drome gespeel. Eers was sy net Megan, sy beste pel se kleinsus, maar elke jaar moes hy toekyk hoe sy uit haar awkward stages groei en net mooier en mooier word. Hy kan skaars gio dat sy so diep onder sy vel kon inkruip. Maar Guy Code 101, soos almal weet, sê jy date nie jou beste pel se kleinsus nie ... Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!

Hartbreker: Tienerharte 2

by Cecilia Steyn

Stefan vry graag in die bondel. Hy is definitief nie ’n on vir commitment nie. Selfs mooi blondines soos Surette sukkel om sy aandag te hou. Maar sy suster se vriendin, Ciska, is beslis nie soos ander meisies nie. Haar rooi hare is net so rebels soos sy en as sy vir hom kyk, kry hy ’n snaakse pyn oor sy hart. Amper soos sooibrand. As ’n dokter hom sou vra, sou hy moes erken hy het hierdie gevoel al van Desember af toe Ciska Rossouw in sy lewe ingestap het. Maar vir die rekord: Hy is nie verlief nie en hy sal ook nooit verlief raak nie. Ciska wil nooit van'n man afhanklik wees nie. Sy het’n sewejaarplan om haar studies klaar te maak en te begin werk. Dán eers sai sy weer'n verhouding oorweeg. Een geknakte ego is in elk geval genoeg om haar’n leeftyd te hou. Geen man sal ooit weer oor haar hart dans nie, daarvoor sal sy sorg. Want ouens soos Stefan grower is gevaarlik. Veral met sy tergende glimlag en die aantreklike kuiltjie in sy ken ... Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!

Bitter hartstog

by Christine Le Roux

En in Bitter hartstog kruis Reneé en paaie tydens ’n seevakansie.

Hartedief Tienerharte 3

by Cecilia Steyn

Lisa is klaar met Thomas se leuens. Vir drie jaar was hulle smoorverlief — maar dit was voordat hy bom aan dwelms oorgegee het en nou is háár lewe ’n totale gemors. By die Elizabeth Gallaway Akademie vir modeontwerp in Stellenbosch probeer Lisa ’n nuwe lewe begin, maar hoe kan sy vlug van die donker geheim wat sy met haar saamgesleep het? Wanneer sy weer vir Estian, met sy onweerstaanbare groen oë, raakloop, word dinge nog meer gekompliseerd. Sy kan beslis nie nou by iemand betrokke raak nie. Dit mag dalk net sy lewe kos ... Estian is oortuig Lisa is die een vir hom. Sy weet dit net nog nie. Die eerste keer wat hy haar gesien het, het sy die suurstof uit sy longe gesteel. Maar toe hy oor haar uitvra, het almal net die onderwerp verander. Noudat h u I Ie paaie weer gekruis het op Stellenbosch, gaan hy haar beslis nie weer deur sy vingers laat glip nie. Hy sal Lisa Malan se gehetme een vir een ontrafel. Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsyl

Hartsnaar

by Cecilia Steyn

Sophia droom om eendag prima ballerina assoluta re wees. Sy en Noah is al beste vriende vandat hulle in doeke is en in matriek doen hulle saam aansoek om n somerskool in Londen by te woon: hy by die Royal Academy of Music en sy by die Royal Ballet School. Maar dan word Noah se ma siek en hy besluit om te bly. Sophia sou nooit droom om sonder Noah Londen toe te gaan nie, maar non is alles anders. Ná wat met haar gebeur het, is dit dalk die perfekte tydom weg te kom. Dalk sal sy dan regtig weer oukei wees ... Noah is Sophia se skouer om op te huil. Hy is daai ou. Die geek wat toor met rekenaars en 'n viool se snare. Sophia is die enigste meisie wat hy ken wat versot is op Star Wars en boonop vir Dracula bo Edward Cullen verkies. Haar groot groen oë is sy gunstelingplek op aarde. Maar hoe kan hy vir sy beste pel sê hy is verlief op haar sonder om hulle vriendskap op te foeter? En wat weet ‘n nerd nou van 'n meisie se voete onder haar uitslaan? Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!

Koms van die motman

by Chris Karsten

Elf jaar gelede is Ella Neser se pa amper noodlottig gewond. En nou, jare later, word die skuldige, Arthur Wilky, weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde – en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky. Ella kan nie begryp hoekom haar speurderkollegas nie die verbintenisse tussen die verskillende moorde raaksien nie. Wat van die motlyke wat telkens by die moordtonele figureer? Selfs kaptein Silas wil nie ag slaan op haar vermoedens nie … In dié slotroman in die jongste Ella Neser-trilogie speel Karsten weer eens kat en muis met die leser. Wie ís die moordenaar, en waarom huiwer die Nommers-bendemitologie deurgaans soos ’n skaduwee op die rand van die verhaal? Chris Karsten, meesterverteller aan die woord, soos altyd.

Raaiselklip

by Troula Goosen

JEUGFIKSIE Gabriel skrik wakker in ’n kelder in ’n vreemde stad. Hoe het hy daar gekom? Al wat hy onthou, is sy naam en dat hy in Amsterdam woon. Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie – en in die begraafplaas is ’n grafsteen met sy naam en geboortedatum op! Hy ontmoet drie koddige akteurs en ’n slawemeisie, Zytia, wat hom probeer help om uit te vind wie hy werklik is. Maar wat het Gabriel se visioene van die Khoi-seun en ’n vreemde klip met hom te doen? En waarom lyk dit of Zytia se geheimsinnige meesteres sy bloed soek? Troula Goosen is met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon en is ook die gewilde skrywer van Maanlig-meermin (Tafelberg).

Die vrou in die blou mantel (Afrikaans Edition)

by Deon Meyer

Bennie moet ’n ring koop. En nie sommer ’n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig? Terwyl hy wag om te hoor of die bank sal help, word ’n naakte vroueliggaam op Sir Lowryspas gevind. Uitgestal langs die pad; dit lyk soos die werk van ’n reeksmoordenaar. Ongeïdentifiseerd word sy na die staatslykshuis gebring – waar sy bekend word, weens die bleikmiddel waarmee sy geskrop is, as die Gebleikte Lyk. Kort daarna word sy Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy’s ’n buitelander: Alicia Lewis, ’n kunskenner op die spoor van ’n Fabritius-skildery wat kwansuis in die Kaap is – en hý was ’n Rembrandt-leerling van wie bloedweinig werke bekend is. ’n Onbekende Fabritius sou ’n gróót storie in die kunswêreld wees. Dan vind Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar, en Vaughn weet dadelik daar’s gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .

Die onbekende helfte

by Christine Le Roux

In Die ontbrekende helfte word Yvette Faure deur 'n agentskap as sekretaresse na professor Rabe se huis gestuur. Sy kom af op chaos - stapels onuitgepakte bokse wat oral rondstaan, en, om alles te kroon, 'n verstrooide professor wat duidelik nie net 'n sekretaresse nodig het om sy lewe te orden nie.

Raaiselster

by Troula Goosen

Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy ma sterf en sy familie se rykdom verdwyn. Hy ontmoet ’n togryer – ’n boggelrugman met ’n vreemde wit hond – wat hom ompraat om by die transportwa aan te sluit na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Onderweg kruis sy pad met dié van Sara, op soek na die merk van haar voormense. Hy ontmoet ook die beeldskone Emily, wat dinge “sien” en die klippe hoor praat. Wanneer hulle by die geheimsinnige tollenaar, Arius, se tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese teë wat in die Skurweberge dwaal. Saam ontrafel hulle die geheim: dat hulle bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit. ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie-, avontuur- en spookverhaal is. Ook deur hierdie skrywer: Raaiselklip

Die Vlerke van Naaldekokers

by Cecilia Steyn

Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Nie net het sy linkerhand verloor nie, maar haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. 'n Onbeplande road trip saam met haar eksentrieke skrywer-oupa en sy aantreklike jong assistent, Lee, bied vir Kylie die perfekte kans om te ontsnap. En miskien is dit haar geleentheid om iets vir Lieke te doen; om 'n paar goed op haar sussie se bucket list af temerk: photobomb iemand famous, leer om te surf, maak 'n verskil, plant 'n boom, soen 'n mooi ou... Dit word 'n vakansie wat Kylie nooit sal vergeet nie. ’n Reis terug na haarself, na heelword. Maar ook 'n reis deur alles wat hierdie deurmekaar lewe soms op 'n mens se pad bring: hartseer, verlies, skoonheid, liefde ...

Raaiselsee

by Troula Goosen

Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa ... Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie-, avontuur- en spookverhaal is. Ook deur hierdie skrywer: Raaiselklip Raaiselster

DIE MEESTE STERRE IS LANKAL DOOD

by Johann De Lange

Op die verste einder lig die son soos die koperhingsel van 'n hek + kom stadig uit sy slome los, 'n swerm duiwe stuif op uit 'n bos soos skraal boekrûe. Pen op papier teken ek als op, skrywende tot + met.

Geraamte in die klas

by Fanie Viljoen

Harteliefie, ek is so bly jy het hierdie boek opgetel om te lees. Jy wil seker weet wat gebeur, nie waar nie? Goed dan, ek sal jou sê. In hierdie boek vertel een van my leerders, Stephan, hoe hy en sy vriend, Cobus, vir my, juffrou Beneke, per ongeluk in 'n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie, want sien, die twee harteliefies moet my dan op 'n skoolbus smokkel sodat hulle op die Graadsewe-toer kan gaan. Og, die avonture wat ons beleef sal jou asem wegslaan! Daar is ook 'n geveg met 'n vreeslike seekat en 'n wilde jaagtog op 'n spoedvarkie. En moenie vergeet van ... O aarde tog, harteliefie, amper praat ek my mond verby. Jy sal maar self moet lees wat gebeur en hoe alles eindig! Baie liefies en drukkies, Juffrou Beneke Wenner van die MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke en 'n ATKV-Kinderboektoekenning. Gratis onderwysersgids aflaaibaar by www.fanieviljoen.co.za

SKEUR

by Carel Van Rooyen

“As hulle sê die eerste aardbewing kom ná twee vanaand. dan beteken dit mos dit kom vóór halfdrie. Ek weet daar is nou nuwe tegnologie en alles, maar dink julle regtig hulle kan dit so akkuraat skat?" Niemand antwoord nie, maar Elsa lyk nie gepla.nie. Luan staan op. “Ek gaan nog lets kry om te drink." Hy bly lank weg. Toe hy terugkom. praat ons al politiek in die Midde-Ooste. In sy een hand is 'n bottel. Die ander een hou hy agter sy rug. “Julie," sê hy. “Kyk wat het ek." “Wat?" “Bier? Ek dog jy kry iets sterkers," sê Gerrit. Luan loop tot in die middel van die vertrek. "Ek hét iets sterkers gekry," sê hy. Toe eers haal hy sy hand agter sy rug uit. In sy hand is 'n rewolwer. Alle beweging stop, ’n Sonbesie begin skree. Hoor hulle dit ook? “Dis om ons veilig te hou," sé Luan. "Hoekom lyk julle so vrek bang?” Dis nie asof Maria elke dag oor die toekoms droom nie; sy het net nog altyd gedink hulle het darem een. Maar die lewe is ’n veldbrand wat alles vernietig. Dit maak nie altyd sin nie. Soos haar pa wat te vroeg weg is. Of hoe meneer Voster haar laat voel. En nou is die verlede al wat daar is. Hulle voorspel die Nightshifts gaan alles vernietig op 21 Julie. Vrydag is dalk die laaste dag. Die dag waarop Luan haar nooi na ’n kuier by sy huis saam met die skool se gewildste kinders. Maar ken sy enige van hulle werklik? Ken sy haarself? Onder die regte omstandighede kan enigiemand gevaarlik wees.

Verlore Dekade

by Christine Le Roux

En in Verlore dekade kruis Alexandra se paaie weer met Ryno, die man wat sy al tien jaar lank probeer vergeet.

Hunks en Hamburgers

by Louise Van Niekerk

Sunette is sielsongelukkig. Die Meidans was 'n totale flop. Dis onmoontlik om iemand regtig lief te hê! Pierre kan maar verskonings maak soos hy wil, almal kan sien hy's mal oor Rachelle. Hy't Sunette kamtig kom soek in die saal nadat hy ... nadat hy Rachelle so ... so bevoel het! Gmf. Haar rug het so min gejeuk as wat ... Sy wou net hê Pierre moes aan haar vat ... en hy was maar net te gewillig! Pierre sal haar wat Sunette is nooit weer uitvra nie. Of sal hy? Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboograntjare!

Raves en Rugstekers

by Louise Van Niekerk

Hoërskool Reënboogrant is in rep en roer omdat iemand graffiti teen die skool se muur geverf het. Maar Sunette en Shani steur hulle nie veel aan al die opwinding nie. Shani is gefassineer deur die geheimsinnige Jacques. Is dit waar wat almal sê – dat Jacques dwelms verkoop? En Sunette kyk skielik met nuwe oë na Japie. Hoekom het sy nog nooit die sensitiewe, vriendelike ou agter die hardekwas-masker raakgesien nie? Maar wat sy nie weet nie, is dat Japie ʼn nare weddenskap aan die gang het ... Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboograntjare!

Ongewenste Buurman: @@@center@@@ONGEWENSTE BUURMAN

by Dirna Ackermann

... die respek wat haar status vra.” “Ek is in beheer op hierdie perseel,” antwoord Jo koel. “Dis Mac wat jou betaal, dus sou ek sê hy' is eintlik in beheer.” “Ek is ten volle bewus daarvan dat Kean . . .” “Kean?” Dit lyk asof iemand Angelica se toon ...

Die Hanswors

by Maritha Snyman

Almal sien al lank uit na die toer na Waterval-Boven. Die Reënboogranters het reeds ritse planne beraam om pret te hê, al gaan ou Biltong en Juffrou Venter saam om hulle op te pas. Die eerste nag reeds weerklink daar twee gille uit die saal waar die dogters slaap. Maar toe hulle onder Juffrou Venter se skeermesstem deurloop, vergeet almal dat Sunette eerste gegil het. Die volgende aand, met die fancy dress, verdwyn Sunette spoorloos. Shani kan nie help om te dink dat die ergste met haar sussie gebeur het nie. Almal is op soek na die geheimsinnige hanswors, die hanswors wat Sunette glo langs haar bed sien staan het ... Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboograntjare!

Refine Search

Showing 251 through 275 of 607 results