Browse Results

Showing 251 through 275 of 607 results

Raves en Rugstekers

by Louise Van Niekerk

Hoërskool Reënboogrant is in rep en roer omdat iemand graffiti teen die skool se muur geverf het. Maar Sunette en Shani steur hulle nie veel aan al die opwinding nie. Shani is gefassineer deur die geheimsinnige Jacques. Is dit waar wat almal sê – dat Jacques dwelms verkoop? En Sunette kyk skielik met nuwe oë na Japie. Hoekom het sy nog nooit die sensitiewe, vriendelike ou agter die hardekwas-masker raakgesien nie? Maar wat sy nie weet nie, is dat Japie ʼn nare weddenskap aan die gang het ... Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboograntjare!

Afkop

by Fanie Viljoen

Alles gaan oukei wees, het Decker gesê. Hy was verkeerd. ’n Wilde partytjie. ’n Gesteelde kar. ’n Jaagtog wat in chaos eindig. ’n Sak vol geld. Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná ’n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met ’n wilde jaagtog en ’n motorongeluk eindig, word Trent met ’n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou? In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!

Die meisie op die dak

by Cecilia Steyn

Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.

Die Kruppel Engel: @@@center@@@Die kruppel engel

by Zenobia Kock

Om te weet wie jou pa is, is om te ís. Al stry hy jou af. Al suip hy soos jou stiefpa, net aan duurder goed. Al is hy wit. Nou weet jy wie jy is en waarmee jy werk. Nou weet jy hoekom is jou neus groot en jou lippe dun. En nou weet jy dat jou boude klein gaan bly. Nou vat jy jou klip en jy drá dit, want dis wie jy is. Tina bly op die Coetzees se skaapplaas in die Karoo. Haar grootmaakpa pas skaap op, maar sy vermoed haar biologiese pa boer op Engelsplaas – die plaas langsaan. Engelsplaas word so genoem omdat die plaaseienaars nou al vir geslagte lank ʼn engel het. Tina gaan skool in die Engelse plaasskool Rising Star, maar sy wil graag na die Afrikaanse dorpskool toe gaan. As dit net nie so duur was nie. Toe sy van moedeloosheid wil wegloop, sê Jakob, ʼn kruppel padloper, haar aan om haar regte pa te gaan vra vir geld. Hierdie leerdersvriendelike skooluitgawe bevat: ʼn inleiding tot die roman verrykende materiaal vrae, aktiwiteite en antwoorde gebaseer op die NKV ʼn tweetalige woordelys, met woordverklarings.

Die Kind: @@@center@@@DIE KIND

by Jan Van Tonder

Amazolo het die laaste maande van haar tyd gevra dat die kind in haar moet doodgaan, en sy saam met hom. Mlenzana het nie teruggekom nie. Sy het aanhou werk, tot op die laaste dag, asof sy nie kind gedra het nie en almal het oor haar gepraat, die hele Msinga vol, en verder weg tot by Bomvini en Thenjini, en die Zondi. "Ek sien jou," het sy gegroet wanneer sy iemand raakloop, maar niemand het geantwoord nie. Hulle het geweet dat sy die kind nie wou he nie. Jan van Tonder betree in hierdie roman die magiese wereld van die menslike religie waarin realiteit en mistiek moeilik van mekaar te onderskei is. Sentraal staan die uitverkore kind wat deur die wat dood is en tog lewe, gemerk is om 'n groot man te word - ten spyte van sy verskeurdheid tussen eenvoud en weelde en moeder en ma. Die een het hom in die lewe gebring, die ander het hom gesoog. Maar 'n kind kan nie tussen twee ma's staan as die een van riet en die ander van sterklip gemaak is nie. Hierdie uitgawe van Die kind, bied omvattende studiemateriaal, spesifiek vir leerders van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.

Duskant die Doodlyn: @@@center@@@DUSKANT DIE DOODLYN

by Jaco Jacobs

Duskant die doodlyn verskyn nou met 'n splinternuwe baadjie! Jong rugby-entoesiaste van 10 jaar en ouer sal gaande wees oor Werner en sy avonture. Werner en sy vriende leef vir rugby. Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hulle aartsvyande 'n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip? En hoekom lyk dit of iemand sy mes inhet vir Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reels speel nie en Werner-hulle beland in groot gevaar.

DROOMDELWERS: @@@center@@@DROOMDELWERS

by Esta Steyn

Teen die agtergrond van soutmyne en granietkoppe vertel Droomdelwers die verhaal van twee klein gemeenskappe aan die Weskus, Soutmansvlei en Vlaktevlei. Hier word die lewens van armes en rykes, van wit en bruin, ten nouste verweef. Hier loop uiteenlopende karakters rond, elk met sy eie storie. Soos oom Keppies se: Hy's soesie see, soes 'n branner. Voorlat jy hom kan vasvat, sien jy net sy skymstriep oppie sand le. Maar nog voordat die skuim op die sand le, word die rustige lewensloop van "die sout van die aarde" skielik bedreig. Hulle kom te staan voor 'n oormag. Daar is net een uitweg na vrywording vir almal: om in die verlede te delf waar die antwoord op vreemde raaisels so ver en en tog so naby le.

OUENS IS NIE PIZZA NIE!

by Tania Brink

Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in 'n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soos gewoonlik nie aan al Zanelle se praatjies oor ouens of aan die tydskrifartikels wat sy lees nie – soos die een oor ouens en pizzas... Dan ontmoet hulle twee aantrelike boeties: Markus met die blonde hare en blou oe en Abrie, die geheimsinnige donkerkop. Zanelle se vermoede dat albei boeties op Anja verlief is, val op dowe ore. Maar dan gebeur daar iets wat Anja en Zanelle woedend maak vir die twee sexy broers… en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!

Die Driehoekige Sirkel: @@@center@@@Die Driehoekige Sirkel

by Corrie Vorster

Caro Eksteen keer na 12 jaar terug na haar tuisdorp met net een doel voor oë: vergelding. Diegene wat haar as jong tiener uitgebuit, gespot en verwerp het, moet weet hoe dit voel om verneder en verloën te word. Na soveel jare eien niemand die onderwyseressie as die oorgewig, naïewe Karolientjie van die verkeerde kant van die dorp nie, en kan sy haar planne in werking stel. Maar Caro het nie rekening gehou daarmee dat sy emosioneel betrokke gaan raak by die lewens van haar kollegas en leerders nie – die aantreklike Steyn Brink, die oulike verloofde paartjie Betsie en Dirk, die bitsige Salome, en die plomp, ongelukkige tiener Lauren, in wie sy soveel van haar eie hartseer jeug herken. Wanneer Caro aanbied om die skool se Graad 11-krieketspan af te rig, raak dinge egter eers ingewikkeld. Die seuns vind dit moeilik om ’n vroulike afrigter te aanvaar, en wanneer rassisme in die span die kop uitsteek, kom Caro voor haar grootste toets te staan. Ironies is dit egter juis die rassespanning onder die jong spelers wat Caro in staat stel om die tragiese gebeure van haar verlede te konfronteer.

Sprak of Spook en ander gedigte: @@@center@@@SPRAK OF SPROOK EN ANDER GEDIGTE

by Samesteller: Carine Janse van Rensburg

In die gedig sprak of sprook waaruit die titel van hierdie bundel kom, betreur die digter dit dat ons dikwels so oppervlakkig met moderne kommunikasiemiddele werk. Eintlik "sprak ons dan geen sprook nie". Daarteenoor kan die studie en die fyn lees van gedigte ons weer die wonder van die woord laat beleef - die magiese spreke van die sprokie, maar ook die logika van die woord wat goed oorweeg en versigtig in 'n fyn net van verbande en assosiasies gespreek is. Sodoende maak woorde nuwe werelde binne die leser en daarbuite oop. Elke gedig in hierdie bundel kan 'n opwindende reis wees; is daar nie net iets van die bekende te leer nie, maar ook iets van die nog onbekende, streke van die menslike gees - 'n grootse reis wat die onuitputlike bron van die poetiese woord bied. Met illustreerder Dale Blankenaar se eiesoortige en dikwels vermaaklike interpretasies van die tekste, kan hierdie byderwetse bundel elke leser inspireer om self vele sproke te spreek! Sprak of sprook en ander gedigte sluit die volgende gedigte in: Bondel (Koos Kombuis).; Saluut aan 'n "servant" (John Boyes).; Saalhulp (Kobus Lombard).; Bergies (Louis Esterhuizen).; Rentmeesters (Kobus Lombard).; 'n Gedig vir Mapetla (Willem Krog).; Treinrit (Elias P Nel).; Oppie Cape Flats (Willem Fransman (junior)).; Loop en val (Louis Esterhuizen).; Brief insake Downsindroom (Sarina Donges).; Demokrasie (Pity) Limited (Peter Snyders).; Armchair politician (Peter Snyders).; Demokrasie? Demokrasie? (Peter Snyders).; Ouman in tehuis (Pirow Bekker).; Ons Komvandaan (Diana Ferrus).; Mol (PJ Philander).; Elokusie (Daniel Hugo).; Uitvaart (Lucas Malan).; Broeis hen (George Weideman).; Onomatopee (Hein Viljoen).; Krokodil (Johann de Lange).; Die tarentaal (Totius).; 'n miskruier het die reusedrol (Hendrik Boshoff).; Sommerso (Hester Heese).; In memoriam: Azra (MM Walters).; Die snoek (Barend Toerien).; Witbaardmeersterretjie (Johann Lodewyk Marais).; Sterrekyker (Franci Greyling).; Testament (Kobus Lombard).; Magteloos (Lina Spies).; Kabouterliefde (Ingrid Jonker).; Die man se standpunt (CJ Langenhoven).; Sprak of sprook (Izak de Vries).; Here Be Dragons (Izak de Vries).; "Mamma" kan ek nie se nie (Jelleke Wierenga).; Laatnagloei (Susan Smith).; Telkom-gesprek met my ma (1) (Lucas Malan).; Elegie vir 'n vriend (Johan Steyn).; 'n Tante wat woon in Napier (Philip de Vos).; My antie Johanna de Beer (Philip de Vos).; Die dans van die reen (Eugene N. Marais).; Welkomsgroet aan die herfs (Lina Spies).; Ek het 'n huisie aan die Rand (Pirow Bekker).; Die silwermaan le in sy go-hok (Floris Brown).; Die wonder van 'n boom (Michael Khoosal).; Katie melua (Cas Vos).; Ballade van 'n kitaarslaner (Valiant Swart).; Sonvanger (Valiant Swart). Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.

iNK EN ANDER VERHALE: @@@center@@@iNKEN ANDER VERHALE

by saamgestel deur Marieta Nel

Ontdek ’n wonderwêreld van stories en stemme! Die 25 verhale in hierdie opwindende bloemlesing is spesiaal uitgesoek om tot moderne jongmense se leef-, taal- en ervaringswêreld te spreek. Daar is romantiese stories, liegstories en lagstories, stories wat jou sal laat naels kou, en ernstiger verhale om jou uit te daag en jou te laat nadink. Hierdie lekkerleesbundel bevat verhale deur van die bekendste en mees bekroonde Afrikaanse skrywers asook ’n handvol opwindende nuwe stemme, insluitend: Johan Bakkes, Chris Barnard, Willemien Brümmer, Christo Davids, E.K.M. Dido, Carina Diedericks, Nelia Engelbrecht, Willem Fransman, Maya Fowler, J.M. Gilfillan, Erns Grundling, P.J. Haasbroek, Jaco Jacobs, Elsa Joubert, Wendy Maartens, Elias P. Nel, Modikwagae Joseph Pholo, Riana Scheepers, Solet Scheeres, Braam van der Vyer, Jan van Tonder, Paul C. Venter, Fanie Viljoen en George Weideman. - Nasionaal voorgeskryf vir Afrikaans EAT Graad 10 (Kortverhaalbundel) - Bevat agtergrondinligting oor elke skrywer, asook ’n inleiding by elke verhaal. - Pre- en postlees-aktiwiteite en -vrae - Volledig uitgewerkte antwoorde - ’n Woordelys met literêre terme - ’n Woordelys met eksamenterme

KAMP-HOER: @@@center@@@KAMP- HOER

by Francois Smith

it is die Eerste Wêreldoorlog. In ’n Britse militêre hospitaal staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale. Op die deur is ’n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore, in een van die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekampe, het daardie naam soos ’n liddietbom in haar lewe gebars. Sy lig haar hand om die deur oop te maak, maar dit bewe so dat sy die knop nie vasgevat kry nie. Sy moet dit doen. Sy is ’n psigiatriese verpleegster en dit is haar taak om getraumatiseerde soldate terug te bring na die lig. Maar as daardie soldaat die een is wat sestien jaar tevore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het ... ? Susan Nell se hand word loodswaar. Iets soos ’n warrelwind ruk deur haar. Sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood. Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls gegooi is. Met die hulp van ’n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in ’n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was. In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is ’n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.

Agtervolger: @@@center@@@AGTERVOLGER

by Johan Van Lill

Die pragtige Bolandse berge wink vier jong vriende om die naweek op 'n staptog daar deur te bring. Alles verloop glad en die viertal is skynbaar vrolik tussen die berghange op pad na hulle slaapplek. In die berge - en in die vier jong harte - skuil egter geheime. Ook die spookagtige bouval waar hulle slaap, bewaar sy eie geheime. En is daar werklik 'n geheime agtervolger op hulle spoor? Dinge verwikkel dramaties na 'n hoogtepunt: 'n reddingspan moet die vier te hulp snel, die geheime word ontrafel, romantiese harte word blootgele - en die berg eis vergelding vir misdade van die verlede. Die verhaal word gevolg deur 'n leesgids met: inligting oor die outeur; 'n opsomming van die verhaal; woordverklarings van moeilike woorde; vrae oor die inhoud van die verhaal en letterkundige aspekte; antwoorde vir die vrae; en 'n glossarium met letterkundige begrippe.

Felicia en die Eerste Ridders

by A Smith B Van Tonder

Vince se groot droom is om ’n skrywer te word en om ’n goeie opvoeding te kry. Sy pa se planne, aan die ander kant, is om Vince so gou as moontlik uit die skool uit te haal om geld te verdien. Gelukkig vir Vince, lyk dit asof Felicia se ouers hom al hoe meer begin aanvaar. Vince en Felicia maak albei nuwe vriende in hulle Graad 9-jaar – vriende wat hulle gedrag en waardes beïnvloed en beproef. Die twee ondervind groepsdruk om dinge te doen waarvoor hulle nog nie gereed is nie. Sal hulle swig voor die versoekings om te doen wat hulle klasmaats doen? Vince stem saam aan die einde van die boek dat dit ’n “rowwe jaar” was! Vind uit of Vince en Felicia bestem is vir mekaar en lees wat die twee alles moes deurmaak tydens ’n rowwe Graad 9-jaar. Ook beskikbaar in hierdie reeks: Felicia die gelukskind En toe glimlag Felicia

Felicia, die gelukskind

by A Smith B Van Tonder

Maak kennis met Felicia Abrahams –’n pragtige 13-jarige dogter met 'n onvergeetlike glimlag, oë wat skitter, vol lippe en bo en behalwe dit, ’n sagte geaardheid. Haar pa is die dominee op die vissersdorpie waar hulle woon en Felicia is welvoeglik en beleefd grootgemaak. Felicia se grootste droom is om eendag ’n dokter te word. Felicia ontmoet Vince Jacobs, een van die gewildste seuns in die skool, en hulle raak goeie vriende. Maar waarom hou Felicia se pa dan nie van Vince nie? Sal haar vriendskap met Vince die sukses van haar toekomsplanne verongeluk? Vind uit wat Felicia se Graad 7-jaar vir haar inhou by die skool. Sy leer baie van haarself en haar familie. Sy leer ook baie van grootword en vriende – die konflik wat Patricia in haar lewe veroorsaak en ondersteuning van ware vriende soos Vince en Rosalinda. Lees dit alles in hierdie aksiebelaaide boek wat spesifiek geskryf is uit die oogpunt van ’n Graad 7-leerder! Ook beskikbaar in hierdie reeks: En toe glimlag Felicia Felicia en die Eerste Ridders

En toe glimlag Felicia

by A Smith B Van Tonder

Felicia Abrahams trek stad toe en begin hoërskool! Dit is genoeg om enige Graad 8-leerder te ontsenu. Hoe gaan sy al hierdie veranderinge hanteer? Sal sy ooit weer vir Rosalinda of Vince sien? Ons maak kennis met die berugte Groen Ys, Felicia se nuwe ‘vriend’. Hy stel Felicia bloot aan allerhande interessante idees en moedig haar aan om in te skryf vir ’n sang kompetisie. Gaan sy in ’n opstandige tiener verander? Gaan sy regtig vir die sang kompetisie inskryf? Intussen wroeg Vince met sy eie probleme wat sy familie en meisies aanbetref. Waarom mis hy Felicia so baie? Hoe gaan hy homself en sy boetie teen sy afbrekende en destruktiewe pa beskerm? Dan tref die tragedie... en ou vriende word herenig. Ook beskikbaar in hierdie reeks: Felicia die gelukskind Felicia en die Eerste Ridders

Die Stad van Goud

by S Partridge D Lourens

Zukile Mbane moet afskeid neem van alles wat bekend is. Hy trek saam met sy ma en boetie stad toe om by sy oom te gaan bly. Zukile is bekommerd oor al die veranderings in sy lewe — en boonop gaan hy nog hoërskool toe ook! Al is die stadslewe opwindend kom Zukile gou agter dat als wat blink nie goud is nie! Sy ma sukkel om aan te pas by hulle nuwe omgewing en sy oom se gesin lyk ook nie aldag gelukkig oor die saambly-ooreenkoms nie. Dis vir almal moeilik om aan die vreemde omstandighede gewoond te raak. By die nuwe skool aangekom, kom Zukile gou agter dat sy skoolwerk nie heeltemal op datum is nie. Een ligpunt is dat Lindiwe se gesin ook stad toe getrek het en gou kuier die twee vriende weer saam. Zukile ontdek dat hy 'n goeie sokkerspeler is en die sportsoort help hom om al die frustrasies wat skool, familie en vriende teweeg bring, baas te raak. Die jaar eindig op 'n hoogtepunt vir hom en Lindiwe. Al die interessante gebeure in Zukile en Lindiwe se wêreld sal dit vir jou moeilik maak om die boek neer te sit! Ook beskikbaar in hierdie reeks: Nee is ook 'n antwoord Harte van glas

Die laaste karretjiegraf

by Riana Steyn Athol Fugard

Die eerste saad vir hierdie toneelstuk is reeds vyftig jaar gelede geplant. Dit het begin met 'n storie wat Athol Fugard se ma aan hom vertel het en met sy belofte aan haar om eendag 'n toneelstuk in haar moedertaal te skryf. Met die hulp van medeskrywer Riana Steyn se navorsing oor die karretjiemense het Die laaste karretjiegraf, Fugard se eerste toneelstuk in Afrikaans, tot stand gekom. Dit is die verhaal van die Geduld-gesin wat hul ouma Mieta in die karooveld onder klippe begrawe soos dit die gebruik onder die karretjiemense is. Haar dood lei die einde van 'n leefwyse in. Hierdie leerdersvriendelike skooluitgawe bevat: • 'n inleiding tot die drama • woordverklarings • verrykende materiaal • vrae, aktiwiteite en antwoorde gebaseer op die NKV • 'n tweetalige glossarium

ORION

by Deon Meyer

Oudpolisieman Zatopek van Heerden moet die asse van 'n dooie ondersoek wegblaas op soek na 'n kooltjie wat nog gloei: 'n Middelklasmeubelhandelaar is met 'n blaasvlam gemartel en toe met 'n M16 doodgeskiet. Een skoot; agterkant van die kop. Laksmanstyl. Hy het sewe dae om dié moord op te los en 'n testament te vind, vir 'n vroueprokureur wat met sy kop neuk. En dié ding is boonop tien maande oud, die spore vaag, die enigste leidraad 'n stukkie papier waarmee hulle te lank gelede dollars toegedraai het. En wanneer alles skielik ontvlam, is daar snaakse gediertes wat uit die vuurlig probeer skarrel: Militêre Intelligensie, die CIA, Moord en Roof, georganiseerde misdaad op die Kaapse Vlakte. Die jagter word die prooi en gou is daar meer wat hom jaag as net sy eie, stink verlede.

Nee is ook 'n antwoord

by S Partridge D Lourens

Zukile Mbane loop amper vir Lindiwe onderstebo toe hy een oggend laat is vir skool en hulle vriendskap begin in die detensieklas! Die twee maats kom gou agter wat ware vriendskap beteken as Zukile in sy Graad 7-jaar met n klomp probleme te doen kry. Pieter, een van die Graad 7-boelies, praat vir Zukile om om aan 'n kaalvuisboksgeveg deel te neem. Al is Zukile doodbang vir die bakleiery kan hy vir niemand anders as vir Lindiwe van die geveg vertel nie. Hoekom wil sy familie hom nie toelaat om te boks nie? Groepsdruk ... Onderwysers... Graad 7 is nie maklik nie! Soos wat die aksie en drama ontvou, moet die twee maats mekaar help om hulle Graad 7-jaar te oorleef. Ook beskikbaar in hierdie reeks: Die Stad van Goud Harte van glas

Harte van Glas

by S Partridge D Lourens

Zukile Mbane meet afskeid neem van alles wat bekend is. Hy trek saam met sy ma en boetie stad toe om by sy oom te gaan bly. Zukile is bekommerd oor al die veranderings in sy lewe — en boonop gaan hy nog hoërskool toe ook! Al is die stadslewe opwindend kom Zukile gou agter dat als wat blink nie goud is nie! Sy ma sukkel om aan te pas by hulle nuwe omgewing en sy oom se gesin lyk ook nie aldag gelukkig oor die saambly-ooreenkoms nie. Dis vir almal moeilik om aan die vreemde omstandighede gewoond te raak. By die nuwe skool aangekom, kom Zukile gou agter dat sy skoolwerk nie heeltemal op datum is nie. Een ligpunt is dat Lindiwe se gesin ook stad toe getrek het en gou kuier die twee vriende weer saam. Zukile ontdek dat hy 'n goeie sokkerspeler is en die sportsoort help hom om al die frustrasies wat skool, familie en vriende teweeg bring, baas te raak. Die jaar eindig op 'n hoogtepunt vir hom en Lindiwe. Al die interessante gebeure in Zukile en Lindiwe se wêreld sal dit vir jou moeilik maak om die boek neer te sit! Ook beskikbaar in hierdie reeks: Nee is ook 'n antwoord Die Stad van Goud

Natuurlike Gesonde Troeteldiere - ‘n Inleidings Gids tot Naturopatie vir Honde En Katte

by Julie Massoni Vertaal deur Adri de Necker

Natuurlike Gesonde Troeteldiere is ‘n inleidings gids tot naturopatie vir honde en katte en sluit inligting in oor ‘n natuurlike dieet, voedings aanvullings om jou dier se gesondheid te verbeter asook inligting oor die gebruik van kruie, homeopatie en blom ekstrakte om te help met gesondheid en welstand. Natuurlike alternatiewe vir vlooie, ontwurming, antibiotikas en pyn verligting. Sluit ook inligting in oor die voer van ‘n vegetariese dieet vir honde. Geskryf deur ‘n gekwalifiseerde dier naturopaat wat al duisende diere gehelp het wat ‘n reeks van akuut en chroniese gesondheids toestande het. As jy daarvan sal hou om meer te weet oor die gebruik van natuurlike terapie en hoe om baie gesondheids probleme te vermy, dan is hierdie boek ‘n goeie verwysing.

Raaiselsee

by Troula Goosen

Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa ... Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie-, avontuur- en spookverhaal is. Ook deur hierdie skrywer: Raaiselklip Raaiselster

Pad na jou hart

by François Bloemhof

Iets anders! François Bloemhof slaan ’n nuwe rigting in met ’n roman gebaseer op ’n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en dié pad van liefde het meer as net ’n paar kinkels en draaie.Basson is ’n verwaande jong man wie se pa aan hom ’n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson ’n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord – en jóú ware noord.

Moord in die beloofde land

by François Bloemhof

’n Spanningsvolle roman oor ’n man in wie ’n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die “reëls” van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970’s tot die 1990’s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg. ’n Boeiende, intrigerende roman – die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.

Refine Search

Showing 251 through 275 of 607 results