Browse Results

Showing 276 through 300 of 607 results

Bruid in brokaat

by Annetjie Van Tonder

Hy gee haar hart vlerke, leer haar liefde ken. Maar Gerbrandt Louw is 'n bedrieer, glo Roda. Hy lei haar en haar oom om die bos. Hul besoek aan Kioto is 'n bedrogspul. Hoe gemaak met sy verraad?

Shani en die Sokkie: @@@center@@@Reënboogrant Maats Shani en die Sokkie

by Ansonette Kruger

Ou Biltong, die hoof van Laerskool Reënboogrant, het toestemming gegee dat die kinders 'n dans mag reël om geld vir liefdadigheid in te samel. Sunette en Shani weet sommer dit gaan die grootste gebeurtenis ooit wees! Terwyl Sunette nog tob oor 'n rok en 'n date, beraam Shani vinnig planne om 'n stunning rok in die hande te kry en die oulikste ou in die skool sover te kry om haar na die sokkie te vra. Nooit in hul wildste drome het hulle kon raai wat alles by so 'n sokkie kan gebeur nie...

Moetie vir 'n mooi man

by Hetta Kotze

Hetta Kotze is in Bloemfontein gebore en verhuis later saam met haar ouers Benoni toe. Sy is getroud en woon in Kempton Park saam met haar man, haar boerboel, 'n parakiet en twee hondjies van onsekere afkoms. Hul drie seuns is reeds uit die huis uit en sy benut die ekstra tyd vir haar skryfwerk. Haar liefde vir en empatie met mense is haar bron van idees vir nuwe verhale. Sy is 'n ywerige natuurliefhebber en voëlkykentoesias en lief vir stap. Sy lees graag oor 'n groot verskeidenheid onderwerpe en wil nog Zoeloe bemeester en vir haar seun in Nieu-Seeland gaan kuier. Om te skryf is 'n passie wat haar nie met rus laat nie en sy het al verskeie kortverhale, artikels en gedigte gepubliseer. Madré Meiring is een van haar skuilname.

Net vriende

by Alma Carstens

Die sekretaresse by sy kantoor sê dat Carl vir sake in die buiteland is en net twee dae voor die troue terugkeer. Met 'n siek gevoel van teleurstelling sit ... Sy stoot vinnig haar stoel agteruit en staan op. Sy wil nie aan Jake dink nie. Hy het die ...

DANIE DREYER se dinosouruseier en ander alfabetpret

by Jaco Jacobs Maja Sereda

Danie Dreyer koop 'n dinosouruseier – die ding is baie duur! Kort voor lank broei dit uit en nou het hy 'n reusagtige troeteldier! Ontmoet Hermien Human met haar hoed vol horlosies. Kom ry saam op Fanie Fourie se fantastiese fiets. En vind uit waarom Zuraida Zeelie deesdae zoem! Heerlik, humor, vreemde versies en prettige prente – hierdie alfabetboek is voortreflike vermaak!

Met 'n Knippie Sout

by Bep Du Toit

Romanse

Liefdesweb

by Annetjie Van Tonder

Hector Terbruch vra Zilna om ’n portret van sy dogter te skilder. Sy verwag ’n ou man op die suikerplaas in KwaZulu-Natal, maar Hector is jonk, begeerlik, oorrompelend, onaantasbaar, en speel graag kat en muis met haar.

Eenkantman (Afrikaans Edition)

by Jolene De Koningh

Rulanda Muller, 'n toegewyde beroepsvrou, besef sy wil tog 'n man he, spesifiek vir Chris Weyers - ouer, wyser, wat nie bedreig voel nie. Hy reken hy's te oud vir haar, en sy venynige tweelingdogters gryp ook in.

Ter wille van Nikola (Afrikaans Edition)

by Vera Wolmarans

Hoe sy ook al daarteen stry, Nikola kan nie teen haar liefde vir Stef Vermeer veg nie. Maar hy is haar bloedbroer, haar pa se ewebeeld. Daar’s groot fout, besef Nikola, en terapie is wat dalk sal help.

Haar ander helfte (Afrikaans Edition)

by Annetjie Van Tonder

Vandat Corneli die dokter Alberto del Piero ontmoet het, woel vreemde emosies in haar. Toe sy ma ingryp met ’n verhaal uit die Tweede Wêreldoorlog, besef Corneli sý sal hulle liefde in die kiem moet smoor.

Nuwe seisoen

by Annetjie Van Tonder

Ronel het nie verwag dat 'n vroulike adjunkhoof so 'n opskuddinkie op die klein dorpie sou veroorsaak nie. Boonop kies die nuwe skoolhoof, Frans Hugo, sommer die eerste dag al kant teen haar na kwaadwillige praatjies. En sy het gehoop sy is ontslae van die spanning na haar egskeiding. Sy en Frans Hugo het egter baie gemeen - albei is nuut in die skool, al twee is enkelouers en hulle dogters is ewe oud en sommer dadelik boesemvriendinne. Wat beteken dat hulle mekaar na skooltyd moet sien. Maar van selfs net 'n platoniese vriendskap is daar nie eens sprake nie, die skinderstories loop reeds.

Eendag op 'n Reëndag: Volksverhale, Legendes En Ware Stories

by Wendy Maartens

Volksverhale, legendes en ware stories

Een plus een

by Kristel Loots

Een plus een is 'n heruitgawe van twee van haar romanses: Kammaliefde en Kanniedoodliefde. Kammaliefde Nanzi weet sy hoort nie naby Krisjan van der Merwe met sy koninklike lyf, sy spierwitte tande, sy gevaarlike manlikheid, sy terg en speel nie. Hulle werk toevallig saam. Daarom is sy soentjies en drukkies kamma-kamma. Maar as hy moet weet wat in haar kop aangaan, vat hy die pad. Soos mans maak. Sy ken die vernedering. Sy moet hom voorspring, voor daardie smeulende oe haar geheim lees. Kanniedoodliefde Alles irriteer haar: die Karoo, Doringdorp, Sweet Valley … Kurt irriteer haar die meeste en Jackie wil nie hier wees nie. Maar sy moet 'n artikel skryf oor hierdie lawwe gasteplaas uit die jare sestig waar ou hippies soos rosyntjies hulle vervloe jeug probeer herleef … En net daar stap Kurt met sy heuningstem, sy mooi woordjies en die tergliggies in sy oe reguit in haar hart in.

Die Aanbod

by Alma Carstens

Karlien het ’n renons in Steve, haar ryk buurman op sy wildplaas. Dié man glo sy sal nog eendag met hom trou. Net omdat hy haar plaas ook by sy plase wil voeg. weet Karlien. Haar eksverloofde keer onverwags in haar lewe terug, en dit nadat hy haar verkul het. Maar hulle sal alles regmaak, belowe hy, en sy wil hom glo, maar kan sy dit waag? Oupa Hans probeer ook nie juis een van die twee van sy kleindogter af wegkeer nie: die droogte knel nou so dat Blouberg binnekort onder hom en sy kleindogter wat boer, uitverkoop gaan word. Nie dat Karlien dit nie net so goed weet nie. Maar trou vir grand? Nooit, nooit! Nog haar eksverloofde. nóg haar buurman is bereid om haar prys te gee. Maar toe sy helderheid in haar hart kry, is die liefde soos die dag wat breek. Beleef die emosie

NOVA: Vuurdoop

by Fanie Viljoen

In Nova: Die Begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na 'n VVV weggevoer. Hulle het ontsnap en nou keer alles weer terug na normaal. Of so dink Lucas ...Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: "Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa. Hulle het 'n sny in my kop gemaak ...Daar was bloed. Ek kon dit voel afloop teen my slape. Ek was nog nooit so bang nie."

Die regte kandidaat

by Dina Botha

Roelien is ʼn rykmanskind wat voor die kansel besluit sy gaan nie met die man trou wat haar pa vir haar uitgesoek het nie. Dis net dat haar vlugtog ietwat rampspoedig begin lyk toe haar sportmotor haar in die middel van nêrens in die steek laat. Gelukkig kom ’n skoolbusbestuurder tot haar redding. En ongelukkig is hy non nie juis die soort man wat in die soort omstandighede leef waaraan sy tot non toe gewoond was nie. Maar sy soort lewe word vir haar al hoe aanneemliker, onder andere omdat hy so ’n verlammende uitwerking op haar het. Of die busbestuurder is wat hy voorgee om te wees, is egter ’n ander saak. Beleef die emosie

Bloedsusters 01 - Bloedsusters

by Riette Rust, Eileen de Jager

Die verhale van twee vroue wat misdaadtonele skoonmaak!

Haar vreemde besoeker (Afrikaans Edition)

by Bep Du Toit

Ingrid kan uiteindelik nie met die man trou wat so onwillig was om te trou nie. Sy word oornag die voog van haar suster se twee kinders. Maar hulle het ’n ryk en aantreklike oom …

Nuwe begin (Romanza)

by Linelle Venter

Romanse in Beserinstyd (Romanza)

by Cecilia Nortje

Toe Annalize hoor sy het ’n breingewas en het net twee jaar om te leef, besweer sy haar vrees vir die dood met ’n voorneme om voluit te leef. En sy laat toe dat sy vir ’n mansoek-realiteitsprogram ingeskryf word.

Op voorwaarde (Romanza)

by Linelle Venter

Mooiste Helena (Romanza)

by Magda Schmidt

'n Nuwe bruidegom

by Alma Carstens

Haar vernedering voor die preekstoel skryf sy net aan een man se inmenging toe - Quinton Rousseau. Die Masai Mara in Kenia is dalk ver genoeg om van die Rousseau's te vlug, maar nie van haar haat nie.

NOVA Bloedbroers

by Fanie Viljoen

Terwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: 'n misterieuse bol lig, so groot soos 'n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; 'n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer 'n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in 'n ondergrondse bunker. Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom 'n geheim...Dit keer sy hele wereld om en hy kan nie help om anders na homself en sy vriende te kyk nie. Wanneer Duart uitvind van die geheim, kom daar 'n breuk in sy en Lucas se vriendskap. Wanneer hulle toegesluit word in 'n klein, lee stoorkamer binne die Hok, breek daar selfs 'n rowwe stoeigeveg uit tussen die twee.

OUENS IS NIE PIZZA NIE!

by Tania Brink

Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in 'n pizzarestaurant by die see. Anja steur haar soos gewoonlik nie aan al Zanelle se praatjies oor ouens of aan die tydskrifartikels wat sy lees nie – soos die een oor ouens en pizzas... Dan ontmoet hulle twee aantrelike boeties: Markus met die blonde hare en blou oe en Abrie, die geheimsinnige donkerkop. Zanelle se vermoede dat albei boeties op Anja verlief is, val op dowe ore. Maar dan gebeur daar iets wat Anja en Zanelle woedend maak vir die twee sexy broers… en dinge raak warmer as ‘n Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!

Refine Search

Showing 276 through 300 of 607 results