Browse Results

Showing 301 through 325 of 607 results

Insomnia

by Leon Van Nierop

Louise gaan soek hulp teen insomnia by die Jerigo Slaapkliniek in die mistige klowe van die Pelgrimsrus-omgewing. Sy gaan ook soek na haar verloofde wat hier is vir hulp, maar vir 'n ruk niks van hom laat hoor het nie. Of is hy nie hier nie? In die geheimsinnigheid van die feitlik ondeurdringbare bos wat Jerigo omring en uit die gebou se toringvensters hou iemand haar dop – sy voel dit, sy weet dit. Of verbeel sy haar dit omdat sy reeds begin hallusineer...

Verlore jare

by Alma Carstens

Isabella staan ná vyf en twintig jaar weer voor die seun wat sy laat aanneem het en sy pa. Maar dis net sy wat dit weet en dis te laat om te praat.

NOVA Sterreloper

by Fanie Viljoen

Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oe die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ...

Ou bloed

by Peet Venter

Ou bloed is 'n opvolg op Dieper as die bloed wat in 2012 verskyn het. Kaptein Thys Krige se dryfveer om 'n speurder te word is die onopgeloste moord op sy pa, die gehate stormramsakeman, Albert Krige. Krige se onortodokse metodes lei hom dikwels met ompaaie na sy einddoel. Landdros Hugo Maas en Pastoor Ron Parsons word in die loop van een nag vermoor. Maas het Parsons reeds tweekeer op aanklagte van pedofilie vrygespreek op grond van onvoldoende getuienis. Krige word deur opsetlike leidrade wat die moordenaar laat na die moordtonele gelok. Hy besef die moordenaar is dieselfde geheimsinnige man wat gedurende sy ondersoeke in Dieper as die bloed met hom gekommunikeer het. Ook is dit dieselfde persoon wat die aand toe sy pa vermoor is vir hom gesê het, 'kyk dieper as die bloed'. Hy glo dit is sy pa se moordenaar. In beide Maas en Parsons se huise is kinderpornografiemateriaal wat daarop dui dat hulle pedofiele was. Twee meisies, Patsy Willems en Salome Marx, in hul vroeë tienerjare raak in verskillende dele van Pretoria vermis. Hulle word aan kinderhandelaars verkoop, en van Maputo na die Midde-Ooste verskeep. Tydens die reis kaap Somaliese seerowers die skip. Krige ontvang 'n verdere leidraad van die moordenaar; 'n DVD-opname van hoe Maas en Parsons vermoor word. Daar is ook 'n foto by van 'n meisie in haar vroeë tienerjare, en 'n nota. Die nota sê die meisie se naam is Karen, en dat sy 'ou bloed' is wat steeds roep. Krige vind uit Karen het vyftien jaar tevore vermis geraak, enkele dae voor sy pa vermoor is. Dieselfde aand toe sy pa vermoor is, is haar ontvoerders ook vermoor, maar sy het verdwyn. Slegs pornografiese materiaal van Karen en etlike ander vermiste meisies is in die vermoorde ontvoerders se huis gevind. Krige kom tot die gevolgtrekking dat Maas en Parsons se moordenaar hom wil teruglei na daardie gebeure. Hy soek na 'n verband tussen die moordenaar, Karen, sy pa, en die ontvoerders. 'n Priester, die oom van Karen Borijn en haar broer Constantin, gee hom meer inligting. Navraag by Interpol onthul dat Constantin Borijn 'n bedrewe kuberkraker en moordenaar van pedofiele is wat lank reeds gesoek word. Krige treë in verbinding met polisielede wat destyds by die ondersoek na Karen se verdwyning en die moord op haar ontvoerders betrokke was. Hy kry onder andere inligting oor Salome Marx wat onlangs vermis geraak het. Dit bring hom op die spoor van drie Libanese; twee mans en 'n vrou. Hulle het Salome geken, en was die laaste persone wat haar gesien het. Die ontvoerders van Patsy Willems word vermoor. 'n Ooggetuie vertel vir Krige dat drie mense, vermoedelik twee mans en 'n vrou, die daad gepleeg het. Hy het ook gesien hoe Patsy Willems aan kinderhandelaars verkoop word. Krige lei af dat die moord oor territoriale regte gaan. Met die inligting, die hulp van Interpol, en 'n SMS wat Maas en Parsons se moordenaar vir hom stuur, kom hy op die spoor van die kinderhandelaars, en kry hy bevestiging dat die Libanese betrokke is. Op grond daarvan lei hy af dat die Libanese gereelde verskaffers aan die kindehandelaars moet wees. Hy reël 'n klopjag op die kinderhandelaars se plek, en gaan stel self ondersoek in by die Libanese se plek. Tot sy verbasing is die geheimsinnige moordenaar van Maas en Parsons ook daar. Hy is Constantin Borijn, het Krige se selfoongesprekke afgeluister, en so sy planne agtergekom. Krige verwond hom in die skietgeveg, maar voor hy sterf dwing hy 'n bekentenis uit die Libanese vrou dat sy en die twee mans vir Albert Krige vermoor het, asook die ontvoerders van Karen. Dit is die rede waarom Borijn vir Krige teruggelok het na die verlede; om sy suster, Karen, te wreek, en vir Krige die waarheid oor Albert Krige se moord te gee. In 'n dokument wat Constantin Borijn agterlaat kom dit uit dat hy Krige se halfbroer is.

Raaiselvrou

by Annetjie Van Tonder

Emma arriveer op ’n gasteplaas om uiteindelik haar roman te skryf. Net om ’n ietwat verwarrende situasie hier aan te tref. Die eienaar sê dit is nie meer ’n gasteplaas nie en sy suster sê dit is. Op die lange duur gaan Emma hier tuis maar steeds nie sonder probleme nie. Daar is die kat wat op haar bed kom lê en die hond wat haar uitsoek vir aandag. Dit terwyl Emma glad nie ’n dieremens is nie. En die eienaar met sy sagte bruin oë is juis ’n dieremens, verknog aan sy hond en sy kudde Nguni-beeste. Hoe om hierdie twee wêrelde te versoen word vir Emma ’n saak van groot belang ...

Halwehuisliefde

by Alma Carstens

Babette se buurman is nie haar tipe nie, al is hy Blind Justice se lead singer, waaroor almal blykbaar gaande is. Dis net dat hy ’n ander mens van die verhoog af is ...

Tussen stasies

by Irma Joubert

As ’n Duitse wesie kom Gretl ná die Tweede Wêreldoorlog Suid-Afrika toe. Vir haar oorlewing, het Jakób Kowalski besluit. Maar net Jakób ken haar groot geheim, kan dalk die vuur in haar drome verstaan. En help heelmaak.

Luca se obsessie

by Alma Carstens

Miranda weier om net nog 'n merkie te word op die kerfstok van 'n lenige Italianer wat op 'n dag haar bloemiste binnestap. Liefde is nie vir haar onderhandelbaar nie. Vir hom blykbaar ook nie.

Sepiesterre, Sokkies en Skobbejakke

by Nerine Ahlers Alet Steenkamp

Lindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan amazing wees – en iemand gaan gekies word om in ’n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle ’n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe drama-juffrou is …

NOVA 5 EINDSPEL

by Fanie Viljoen

Lucas Niemand se hele lewe het verander een nag toe hy 'n vreemde ruimtetuig gesien het. Hy en sy vriende Duart, Ayanda, Olive en Brandon het reeds 'n reeks skrikwekkende avonture agter die rug. Lucas ken nou die Nova-weermagbasis se geheime. Hy weet wie die geheimsinnige Sterreloper is.

Uit

by Fanie Viljoen

Vir julle wat soek. Vir julle wat wil moed opgee. En vir julle wat weet dat dit uiteindelik beter word.

Die 13de kaart (Afrikaans Edition)

by Madelein Rust

Belia Bell is 'n Bloemfonteinse forensiese sielkundige wat die polisie moet help om 'n reeksmoordenaar vas te trek. Hy is 'n formidabele teenstander; hoogs intelligent, vreesloos en onvoorspelbaar. Dit word gou duidelik dat die moordenaar vir Belia gekies het om die hoofrol te vertolk in sy makabere speletjie. Haar taak word verder bemoeilik deur die teenwoordigheid van kaptein Jack Butler, hoof van die taakspan en haar gewese minnaar. Jack is intussen getroud met iemand anders, maar die vonk tussen hom en Belia is onbetwisbaar. Terwyl sy teen die moordenaar kragte meet, stry sy ook teen die begeerte om Jack weer vir haar te vat. Die moordenaar se slagoffers hoop teen 'n frenetiese pas op, terwyl Belia koorsagtig daaraan werk om 'n profiel op te stel en sy kriptiese leidrade te ontsyfer. Sy word beloon met 'n groter oes van dooies en meer vrae as antwoorde. Watter rol speel die Tarot? Hoe pas die getal 13 by alles in? Waarom het die moordenaar juis vir haar gekies as teenstander?

Ridder vir Jenny (Afrikaans Edition)

by Vera Wolmarans

Jenny kies ’n houthuisie op Seehondbaai om haar eerste roman te gaan skryf. Sy vorder egter nie juis nadat sy en ’n te aantreklike man se paaie gekruis het nie. Is hy regtig getroud?

Formuleliefde

by Marijke Greeff

Formule-een-wereldkampioen Jarod Hunter verpes die media, maar hy laat Catherine Hunter, 'n joernalis, onder valse voorwendsels naby hom toe. Hy kan haar nie weerstaan nie ... totdat hy sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees.

Donker Spoor

by Martin Steyn

Dis altyd asof daar 'n lig in 'n ouer uitgedoof word wanneer 'n kind vermoor word. Om die tienermeisies wat hy ontvoer te verkrag is nie genoeg nie. Hy martel hulle, hang hulle dan. Drie, vier van hulle. Later meer. Dit is op hierdie monster wat adjudant-offisier Jan Magson jag maak. Tot die reeksmoordenaar gevang is, moet Magson ma's en pa's in die oë kyk, hulle vrae beantwoord. En hy kan nie. Hy kan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. Want agter hom lê ook 'n donker spoor wat sy seun van hom vervreem het. Daar is meer vrae. Die polisie se onmag om die gemeenskap teen hierdie boosheid te beveilig haal hoofopskrifte. 'n Ma se hartverskeurende brief aan die moordenaar verskyn in die koerant. 'n Pa wil 'n losprys betaal. En telkens beland die soektog op 'n dwaalspoor, wat nog boosheid oopvlek.

Duskant die Doodlyn: @@@center@@@DUSKANT DIE DOODLYN

by Jaco Jacobs

Duskant die doodlyn verskyn nou met 'n splinternuwe baadjie! Jong rugby-entoesiaste van 10 jaar en ouer sal gaande wees oor Werner en sy avonture. Werner en sy vriende leef vir rugby. Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hulle aartsvyande 'n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip? En hoekom lyk dit of iemand sy mes inhet vir Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reels speel nie en Werner-hulle beland in groot gevaar.

Selfone, Skelms en sjokolade: @@@center@@@Selfone, Skelms en sjokolade

by Nerine Ahlers Alet Steenkamp

Lindie en haar maats se skooltermyn skop af met allerhande probleme. Wie is die twee geheimsinnige mans wat agter Lindie en Talita aan is – en wat wil hulle hê? En dan is daar nog Gina se katastrofiese nuwe haarstyl, Matrone wat ’n sjampanjebottel ontdek het en vasbeslote is om die skuldiges uit te snuffel, en die aantreklike Diaan met die kuiltjies wat Lindie se bene lam maak…

Marlet se droomman

by Bets Smith

Haar droomman loop haar lewe in sonder dat Marlet dit beplan het. Hy is alles wat sy ooit wou hê. Maar hy weet nie van die donker geheim in haar lewe oor waar sy vandaan kom nie. Al wat hy van haar weet, is dat sy suksesvol en kreatief en vir hom die dierbaarste ding is. Dit skok haar dat hy ook nie is wie sy gedink het hy is nie. En dat hy blykbaar meer van haar weet as waarvan sy bewus was. Met haar liefdesdrome sowel as haar professionele drome aan skerwe, bly daar nie vir haar veel oor nie. Maar 'n droomman gee nie so maklik iets kosbaars prys nie.

Kaapse Draai

by Alma Carstens

Lani gaan Kaap toe om vir 'n maand lank saam met 'n wildvreemde boer op sy plaas te bly. Maar waarom sou 'n man wat so aantreklik is, dit nodig vind om vir 'n vrou te adverteer?

Afkop

by Fanie Viljoen

Alles gaan oukei wees, het Decker gesê. Hy was verkeerd. ’n Wilde partytjie. ’n Gesteelde kar. ’n Jaagtog wat in chaos eindig. ’n Sak vol geld. Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná ’n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met ’n wilde jaagtog en ’n motorongeluk eindig, word Trent met ’n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou? In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!

Skuldig

by Martin Steyn

As die dood onverwags en gewelddadig kom, is dit regtig beter om vinnig, sonder lyding, saam te gaan? Het die meeste mense nie daardie oomblikke nodig om te bely en vergifnis te vra nie? 'n Middeljarige tandarts, tereggestel in sy sitkamer. Teen die muur, een woord. In bloed. Adjudant Colin Menck kyk na die "skoon" toneel en hy is oortuig dis 'n professionele moordenaar se werk. Wie het hom gehuur? Die hoofverdagte is die slagoffer se vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen om so 'n dood te verdien? Minder as 'n week later staan Menck weer voor 'n muur met sewe bloederige letters. Die enigste verbintenis tussen die twee slagoffers is nog 'n ongelukkige vrou, 'n eks hierdie keer, hulle seuntjie 'n twispunt. Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier. En iemand uit 'n hoofstuk in sy lewe waarvan hy eerder wil vergeet. Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog SKULDIG in hulle eie bloed skryf? Martin Steyn het in misdaadfiksie gedebuteer met Donker spoor wat groot lof uitgelok het. En Steyn gaan verder, hy deursoek die bose sowel as die geregtigheid en die verminkte wêreld waarin al twee die botoon wil voer.

Bloed Op Haar Hande: Vroue Agter Tralies

by Carla van Der Spuy

Wat laat vroue moor? En hoe voel dit om ’n sel met moordenaresse te deel? Carla van der Spuy besoek vier vrouetronke reg oor Suid-Afrika en klim in die koppe van vroue wat geweldsmisdade gepleeg het. Sy kuier by die babas gebore agter tralies, vier Kersfees in die tronk en gesels van aangesig tot aangesig met mesmoordenaresse, huurmoordenaresse, ’n kleptomaan en prostituut. Vrouens met bloed op hulle hande. Wat het so verskriklik skeef in hul lewens geloop? En is daar ’n mens agter die misdadiger?

Tyd sal leer

by Alma Carstens

Sienna gaan soek 'n uitkoms vir haar probleem in Malawi. Gou is haar besoek veel meer 'n avontuur as 'n vakansie. Is Marco die oplossing vir haar probleem en die sleutel tot haar vryheid?

Onbereikbaar Ver

by Anna Penzhorn

Daleen Joubert beland op die dorpie van haar grootwordjare. Sy loop haar vas in haar eerste liefde en daar ontstaan weer ’n band tussen haar en Dawid Hofmeyr. Maar Dawid is aan die beeldskone Delia verloof.

Bruid in die Amasone

by Roudéne Le Roux

Kaptein Meyer du Pisanie, eienaar van die lugvaartmaatskappy SAL, wil die maatskappy se nuwe lugvaartingenieur Nick Buitendach ontmoet. Maar dan blyk Nick 'n vrou te wees en die vonke spat behoorlik ... op meer as een terrein!

Refine Search

Showing 301 through 325 of 607 results