Browse Results

Showing 326 through 350 of 607 results

Lem (Afrikaans Edition)

by Peet Venter

Hy is hardegat, bots met gesag en word uit die weermag ontslaan. Dan word hy 'n huursoldaat, raak betrokke by 'n staatsgreep wat skeefloop en beland in die tronk, maar hy het sensitiewe inligting weggesteek en dit kan baie ongemaklik wees vir die manne wat hom uitgelewer het.

Amper 'n bruid

by Magdaleen Walters

Wanneer 'n bedrogspul oopgevlek word, vlug Michelle se pa na Mosambiek. Haar verloofde, Toni, verbreek hul verlowing en Michelle is skielik haweloos. Ben neem haar onder sy vlerk in, maar hoe lank sal sy haar groeiende gevoelens vir hom kan wegsteek?

Kortpad na haar hart (Romanza)

by Jolene De Koningh

Marna besluit om haar nuwe buurman, Braam, ’n les te leer. Sy wat boerin is, staan terug vir niemand nie ... maar toe sy hom die eerste keer sien, weet sy hier’s moeilikheid, want haar hart roep na syne.

Katoog

by Jeanette Stals

Luna, ’n jong speurdersersant, moet die saak oplos van ’n meisie wie se lyk in ’n riviertjie gekry word. Maar wie is die meisie, met wie het sy kontak gehad en waar het sy vandaan gekom? Aanvanklik lyk dit nie of Luna eens hierop antwoorde gaan kry nie, tot ’n verwaarloosde meisietjie van haar afhanklik raak en haar onwetend op ’n spoor plaas. Dit bring egter net nuwe probleme. Luna raak bewus van ’n motorfietsryer wat net te dikwels agter haar op ’n openbare pad verskyn, later voor haar woonplek, en hy probeer nie juis onopsigtelik wees nie. Die dwelmwêreld wat voor haar oopmaak, is ook nie ’n verwikkeling waarop sy gereken het nie. Luna word terselfdertyd gekonfronteer met kennis uit haar persoonlike verlede wat al net ’n vae herinnering geword het. Is luitenant Johan Botha wie sy dink hy is?

Altyd somer (Romanza)

by Annetjie Van Tonder

Ricardo kom bied werkwinkels oor bonsaikuns by Philna se oupa se kwekery aan. Die bonsaimeester maak haar subtiel die hof en wen onherroeplik haar hart. Maar wie is die vrou en seun in die foto wat hy oral saam met hom dra?

Asem

by Jan Vermeulen

’n Aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.

Middernagsoene

by Alma Carstens

Giselle is doodgelukkig met haar lewe, en van liefde wil sy niks weet nie, want dis bloot vlietend en laat gebroke harte agter. Toe sy dokter Ben Joubert ontmoet, kan sy nie verstaan hoekom haar hele wese op so ’n vreemde manier op hom reageer nie. En die begeerte om die hele tyd by hom te wees? Sy kan tog sekerlik nie verlief wees nie, al sê haar vriendinne ook dis presies wat haar “makeer”. Ben se soene die naweek by die see verander haar siening van die liefde, maar wat van vervelige Frik, haar kêrel? En die meisie wat Ben in die oog het? Sy het immers ’n verantwoordelikheid teenoor hulle ook, of maak sy ’n fout?

Verlief op die baas

by Madelein Stoltz

Christi Lombard sal nie soos haar voorganger verlief raak op die baas nie – sy en haar gesin het hierdie werk broodnodig. Haar baas Darius, en haar hart, hou egter nie by die reëls nie.

Mishandel, Misbruik, Misken

by Carla van der Spuy

'n Uitsonderlike en ware verhaal van genesing.

Swartval

by Martin Steyn

Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Hy het teruggekom. En hierdie keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets te vat. Vir haar. En nou word Claire Winters iewers in ’n sel van sement gevange gehou. Eers plaas sy haar hoop op haar speurderbroer. Hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog ’n lang, donker dag eindig met ’n toebroodjie en ’n glas water en Derek kom nie. Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voordat haar verstand heeltemal in die swart van die kelder oplos. Die enigste uitweg is deur haar ontvoerder. Want hy het die kelder se sleutel. Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word.

Ver anderkant Wiesenhof (Romanza)

by Alma Carstens

Tien jaar gelede het Kara Nikla se hart gebreek toe sy hom vir 'n ryk Engelsman gelos het. Nou moet sy bakhand na Wiesenhof terugkeer en Nikla is al een wat vir haar werk het. Maar voel hy ook steeds dieselfde oor haar?

Liefste kollega (Afrikaans Edition)

by Joléne De Koningh

Daar is ’n vonk tussen haar en haar nuwe baas en Ani weet haar hart is in gevaar. Wanneer Igna haar volgens ’n ou Suid-Amerikaanse wyse vra om te trou, het sy tien dae om hom die jawoord te gee …

Joune Vir Altyd (Romanza)

by Alma Carstens

Melani is terug op Wiesenhof om haar ouers by te staan. Ná ’n tyd in New York het haar voorkoms totaal verander en is lelike Melani van ouds nou beeldskoon; soveel so dat die onstigtelik aantreklike Rudi haar aanvanklik nie herken nie. Ondanks alles laat Rudi steeds Melani se sinne duisel. Hulle word weer vriende, maar Melani is katvoet vir hom, want sy glo hy sal haar net weer seermaak, soos destyds. Sy sal veel eerder met die betroubare Brett trou. Sal Rudi betyds tot sy sinne kom? Sal hy sy trots in sy sak steek en vir Melani kan vertel hoe hy werklik oor haar voel, of is dit neusie verby vir hulle?

Sielsiek (Afrikaans Edition)

by Carla van der Spuy Henk Swanepoel

Die Psige van Suid-Afrika se koelbloedigste misdadigers

Kristel se Bosbewoner (Romanza)

by Rika Du Plessis

Die laaste ding wat Kristel verwag toe sy op haar plaas instap, is Zac − moeilik, aantreklik en volgens hom die eienaar van Groen Eike. Noodgedwonge moet hulle tydelik saamwoon, maar hulle is dadelik haaks of is dit eerder liefde met die eerste oogopslag? The last thing Kristel expects when she arrives at her farm is Zac − strenuous, attractive and according to him, the owner of Groen Eike. Forced to temporarily live together, they are immediately at odds or is it rather like love at first sight? **

Vermis

by Jeanette Stals

Toe ’n Londense ma en pa een oggend in Stellenbosch opstaan, is hulle dogter net weg uit haar kamer in die gastehuis waar hulle tuisgaan. Tieners doen sulke goed. Hierdie een is nie ’n uitsondering nie, al is sy ’n belowende violis. Maar dis gou vir speurder-sersant Luna Joubert duidelik dat hierdie meisie teen haar wil hier weggeneem is en nie gaan terugkeer nie. Dit is net die begin van ’n nagmerrie vir die twee ouers en die meisie. Luna maak nie op instink staat nie – altans, nie net daarop nie – maar iets omtrent die ouers se beste vriend in hierdie stad is ook nie pluis nie. Of is dit met die vriend en die ma wat die fout is? Hoekom het die verdwene meisiekind se ouers nie geweet van haar nagtelike besoekie die aand voor sy weggeraak het nie en het hulle inderdaad nie geweet nie? Toe moetiemoorde en seksslaafhandelaars genoem word, blyk dit die werklikheid kan veel erger as bespiegelings wees ... Jeanette Stals het ná ligter romans haar hand beproef aan die speurroman. Vermis volg op Katoog, waarin Luna haar verskyning gemaak het. Die volgehoue spanning en aksie in Stals se speurromans hou haar leser gevange van begin tot einde.

Held in 'n voorskoot (Afrikaans Edition)

by Madelie Human

Verbode liefde (Romanza)

by Alma Carstens

Zoey ontmoet die enigmatiese dokter Jano Marnitz terwyl sy met vakansie in Parys is. Hy ontwikkel 'n obsessie om haar gesig, wat in 'n motorongeluk geskend is, te herstel. Het hy dalk gevoelens vir haar of is dit slegs sy doktersinstinkte wat inskop?

Liefste Tinktinkie (Afrikaans edition)

by Corné Van Rooyen

Lenteliefde (Afrikaans Edition)

by Alma Carstens

Milan keer ná haar suster se dood terug na SA om haar swaer en sy kinders by te staan. Ou gevoelens begin weer blom, maar wat steek Etienne vir haar weg? Mag Milan hoop op liefde in die lente?

Haar sprokiesprins

by Corné Van Rooyen

Belinda is oortuig dat liefde slegs vir sprokies bedoel is, nie vir doodgewone meisies soos sy nie. As haar hart net wil verstaan dat hul buurseun, Werner, iemand anders se prins is. Maar wanneer sy saam met hom is, ervaar sy ’n vreemde tintelende sensasie en woon daar skielik vlinders in haar maag.

Lisa se geheim (Romanza)

by Lizelle Von Wielligh

Lisa oortree die belangrikste vereiste van haar skynverhouding met Roodt - sy raak verlief, en later lief vir hom. Hul skynhuwelik is haar ouers se reddingsboei, dus bêre sy haar liefde weg. Maar Roodt begin ook sy eie reëls verbreek.

Somersprokie

by Alma Carstens

Charlotte, oftewel Charlie, vra vir Christiaan om haar te help om haar seehuisie op te knap, maar hy besef hy sal sy gevoelens vir haar in toom moet hou want wie sê haar verhouding met James Duncan, die internasionale rolprentheld, is verby?

Na hoër hoogtes + Juweel onder sy neus (RomanzaLiefde) (Afrikaans Edition)

by Marijke Greeff Miriam Telanie

Na 'n liefdesteleurstelling doen die internasionale model, Sasha Winckler, haar voor as 'n bibliotekaresse en vlug na haar broer se plaas in die Drakensberg. Hier ontmoet sy die aantreklike buurman wat na sy egskeiding 'n afkeer van beeldskone modelle het. Hy weet egter nie wie Sasha werklik is nie.

Die 17de Veer

by Nanette Van Rooyen

Lara werk in haar vrye tyd by ’n tatoeëersalon, en wonder soms oor die pa wat sy nooit gehad het nie. Alex het in ’n kinderhuis grootgeword en het ’n vreemde fassinasie met uile. Lara weet dit nog nie, maar haar en Alex se stories is op die punt om vir ewig verstrengel te word. En alles begin met ’n boks vol briewe wat sy in ’n hoededoos op haar ma se kas ontdek.

Refine Search

Showing 326 through 350 of 607 results