Browse Results

Showing 376 through 400 of 607 results

Bevange: Speur- en Misdaadstories (Afrikaans Edition)

by Lindeque De Beer

Bevange volgens HAT is oormeester; van groot vrees bevange te wees…Nou ja, in hierdie versameling speur- en misdaadstories is daar dikwels situasies waar die verhaalkarakters, en soms selfs die leser, in oomblikke van bevanging verkeer. Dié oomblikke dui egter nie altyd noodwendig op oomblikke van groot vrees nie, want partykeer is dit bloot hilariteit wat jou oormeester. Maar moenie te gerus wees nie, want daar is genoeg donker oomblikke om jou onrustig na die skadu’s om jou te laat kyk of jou ore te spits vir daardie onbekende, sagte geritsel…

Haar ander helfte (Afrikaans Edition)

by Annetjie Van Tonder

Vandat Corneli die dokter Alberto del Piero ontmoet het, woel vreemde emosies in haar. Toe sy ma ingryp met ’n verhaal uit die Tweede Wêreldoorlog, besef Corneli sý sal hulle liefde in die kiem moet smoor.

Een nag se waagstuk (Modern) (Afrikaans Edition)

by Maisey Yates

“DIT was ’n pragtige troue,” sê Leah. “En dit het uiteindelik plaasgevind,” voeg Ajax by. “Jy is so sensitief soos ’n stomp voorwerp,” sê Leah terwyl sy breed vir haar man glimlag. Ajax haal sy skouers op en draai na Alex wat ’n pak aanhet, sy das losgeknoop en sy twee maande oue seun in sy arms. “Is ek onsensitief, broertjie?” Alex haal sy skouers op en kyk na sy seun. Liam het vrede daarmee dat sy ouers so pas getroud is. Alex se hart swel van liefde en trots, bly dat sy seun soveel familielede het wat hom liefhet. “Ja, maar dis deel van jou sjarme.” “Moenie hom aanmoedig nie, Alex,” sê Leah. Rachel keer terug, ingehaak by haar pa. Hulle het nou net klaar gedans en Rachel straal behoorlik. Haar lyf is voller as voor die geboorte, haar wange rond. Hy is mal daaroor. “Hoe lekker,” sê Joseph Holt, “om al my kinders en my kleinseun saam op een plek te hê.” Alex se hart klop warm. “Ja, dit is.” “Kan ek my kleinseun vir ’n oomblik steel?” vra Joseph. “Ek verruil jou bruid vir hom.” “Reg so.” Hy oorhandig Liam aan die ouer man, neem Rachel se hand en lei haar op die dansvloer. “Hierdie troue is baie meer jy,” sê hy en kyk na die eenvoudige dekor. Na die helder kleure. Dit spreek van geluk. Net soos sy vrou. “Ja,” sê sy. “Maar saam met jou is ek ook baie meer myself.” Hy soen haar neus. “Ek is bly. Dis wonderlik wat kan gebeur as ’n mens liefde begin verstaan. Wanneer jy woede daarmee vervang.” “Ek is bly jy het, Alex, want jy het soveel liefde om te gee.” “Ek was nog nooit so gelukkig soos vandag nie,” sê hy, sy vrou in sy arms en sy seun naby. “Dan het ons ’n nuwe doelwit,” sê sy. “Wat is dit?” “Om elke dag selfs meer geluk te vind.” “Saam met jou, Rachel, sal dit nie moeilik wees nie.”

Die Aanbod

by Alma Carstens

Karlien het ’n renons in Steve, haar ryk buurman op sy wildplaas. Dié man glo sy sal nog eendag met hom trou. Net omdat hy haar plaas ook by sy plase wil voeg. weet Karlien. Haar eksverloofde keer onverwags in haar lewe terug, en dit nadat hy haar verkul het. Maar hulle sal alles regmaak, belowe hy, en sy wil hom glo, maar kan sy dit waag? Oupa Hans probeer ook nie juis een van die twee van sy kleindogter af wegkeer nie: die droogte knel nou so dat Blouberg binnekort onder hom en sy kleindogter wat boer, uitverkoop gaan word. Nie dat Karlien dit nie net so goed weet nie. Maar trou vir grand? Nooit, nooit! Nog haar eksverloofde. nóg haar buurman is bereid om haar prys te gee. Maar toe sy helderheid in haar hart kry, is die liefde soos die dag wat breek. Beleef die emosie

Met 'n Knippie Sout

by Bep Du Toit

Romanse

Ayla se sonde

by Alma Carstens

Soms lei 'n afdraaipad na die regte eindbestemming ... Ayla vind met 'n skok uit dat sy swanger is. Die simptome was daar, maar sy het bly hoop dat sy iets anders makeer. Sy is sedert haar skooljare verlief op Adam Durandt, die kroonprins van die Durandt-sakeryk. Maar sy en haar alkoholispa het aan die verkeerde en armste kant van die dorp, Bloekomlaan gebly. En in Randdahl bepaal 'n mens se agtergrond jou sosiale status. Daarom sal Ayla nooit goed genoeg wees vir die ryk Adam Durandt nie, al droom sy al jare lank oor hom. Haar pa is intussen oorlede, en sy sorg vir haarself en het baie drome vir haarself gehad - ook om uiteindelik Randdahl te verlaat. Haar swangerskap verpletter egter haar drome, ook nog meer toe Adam aanvanklik niks wil weet van die baba nie. Hulle het tydens 'n vriendin se verlowingspartytjie te ver gegaan, maar nou wil hy niks met die gevolge van daardie een aand te doen hê nie. Adam se skatryk familie verwag van hom om met die ewe ryk Patricia Bicknell te trou, maar dis glad nie wat hy wil hê nie. Aanvanklik lyk die nuus waarmee Ayla die mat onder sy voete uitruk na 'n ramp, maar hy besef gou dat dit eerder as 'n seën gesien moet word en hom die uitkoms bied waarna hy verlang. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills + Boon en Harlequin-romanses. Ayla se sonde is Alma Carstens se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: Lenteliefde (Februarie 2018), Somersprokie (Julie 2018), Winterdroom (Oktober 2018), Liefde uit Italië (Junie 2019), en Die onwillige strooimeisie (Desember 2019)

Haar sprokiesprins

by Corné Van Rooyen

Belinda is oortuig dat liefde slegs vir sprokies bedoel is, nie vir doodgewone meisies soos sy nie. As haar hart net wil verstaan dat hul buurseun, Werner, iemand anders se prins is. Maar wanneer sy saam met hom is, ervaar sy ’n vreemde tintelende sensasie en woon daar skielik vlinders in haar maag.

Lisa se geheim (Romanza)

by Lizelle Von Wielligh

Lisa oortree die belangrikste vereiste van haar skynverhouding met Roodt - sy raak verlief, en later lief vir hom. Hul skynhuwelik is haar ouers se reddingsboei, dus bêre sy haar liefde weg. Maar Roodt begin ook sy eie reëls verbreek.

Tyd sal leer

by Alma Carstens

Sienna gaan soek 'n uitkoms vir haar probleem in Malawi. Gou is haar besoek veel meer 'n avontuur as 'n vakansie. Is Marco die oplossing vir haar probleem en die sleutel tot haar vryheid?

Bruid in die Amasone

by Roudéne Le Roux

Kaptein Meyer du Pisanie, eienaar van die lugvaartmaatskappy SAL, wil die maatskappy se nuwe lugvaartingenieur Nick Buitendach ontmoet. Maar dan blyk Nick 'n vrou te wees en die vonke spat behoorlik ... op meer as een terrein!

Ranna03_Sondebok

by Irma Venter

Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ’n ou misdaad – die verdwyning van ’n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het. Die meisie se destydse kêrel en haar kunsonderwyser is verdink, maar die saak is nooit opgelos nie. ’n Foto van die meisie naby ’n aborsiekliniek in Johannesburg speel ’n kardinale rol. In die foto kyk sy oor haar skouer, asof sy bang is sy word agtervolg. Alex dek ook ’n storie oor ’n jong onwettige immigrant wat van vervolging in sy eie land gevlug het om ’n nuwe lewe in Suid-Afrika te maak. Maar xenofobie dreig om sy drome te verwoes. AJ Williams is op dertig kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok. ’n Foto van Ranna in Pretoria sit AJ op dié se spoor.

Onbereikbaar Ver

by Anna Penzhorn

Daleen Joubert beland op die dorpie van haar grootwordjare. Sy loop haar vas in haar eerste liefde en daar ontstaan weer ’n band tussen haar en Dawid Hofmeyr. Maar Dawid is aan die beeldskone Delia verloof.

'n Nuwe bruidegom

by Alma Carstens

Haar vernedering voor die preekstoel skryf sy net aan een man se inmenging toe - Quinton Rousseau. Die Masai Mara in Kenia is dalk ver genoeg om van die Rousseau's te vlug, maar nie van haar haat nie.

Een Nag in Die Paradys

by Maisey Yates

CLARA PARSONS kyk na die grootliks ongeëte koek. Drie lae met blou versiersel wat net ’n paar uur gelede perfek glad was voordat twee mollige handjies hande vol uit die kant gegrawe het. “Dis die mees oordadige koek wat ek nog ooit op ’n eenjarige se verjaardagparty gesien het,” sê Zack, en betrag die krummels wat die kombuisvloer vol lê. “Ek dink nie Colton het die helfte daarvan geëet nie. Hy het meestal daarmee gemors.” “Dis wat ’n kleintjie doen, Zack.” “Hy slaap. Ek dink ons het hom in ’n suikerkoma gesit. In elk geval, mens kry seker net een eerste verjaarsdag. Jy kan dan net so wel laat waai.” Clara kyk weer na die koek. “Dit laat my dink aan ’n ander koek wat ek gebak het en wat nie regtig geëet is nie. ’n Troukoek.” “Ek is steeds baie dankbaar daardie een is nooit gebruik vir die doel waarvoor dit bestem was nie.” “O, ek ook. Want dan het ons nie ons troukoek, of ons troue, gehad nie.” “Of ons seun,” sê Zack. “Alles in ag genome, was dit dus ’n taamlik belangrike ongeëte koek.” Zack kom nader en trek haar teen sy lyf. Dan laat rus hy sy voorkop teen hare. Soos altyd wanneer sy na hom kyk, gaan staan haar hart ’n oomblik. Dit was so van die oomblik dat sy hom ontmoet het. “Heelwat het sedert daardie dag verander,” sê hy en druk ’n soen op haar lippe. “Sommer baie,” stem sy saam. “Weet jy wat het dieselfde gebly?” “Wat?” “Jy is steeds my beste vriendin.” Sy soen hom, hierdie keer inniger en haar borskas swel van liefde. “Jy is ook my beste vriend.”

My ouma in kaneel

by Margaret Bakkes

Toe Magriet-hulle die eerste keer van die plaas in die Stormberge af weggetrek het, was dit vir haar bitter swaar om haar geliefde ouma agter te laat. Soos sy ouer word, kry sy egter begrip vir die moeilike besluite wat haar ouers moes maak. Gedurende hul gesin se omswerwinge maak Magriet nuwe vriende en ervaar eerste liefde. Maar sy maak ook kennis met die dood en besef dat selfs haar ouma nie so sag en perfek is as wat sy haar onthou het nie. ’n Pragtige grootwordverhaal wat afspeel in die Depressiejare.

Middernagsoene

by Alma Carstens

Giselle is doodgelukkig met haar lewe, en van liefde wil sy niks weet nie, want dis bloot vlietend en laat gebroke harte agter. Toe sy dokter Ben Joubert ontmoet, kan sy nie verstaan hoekom haar hele wese op so ’n vreemde manier op hom reageer nie. En die begeerte om die hele tyd by hom te wees? Sy kan tog sekerlik nie verlief wees nie, al sê haar vriendinne ook dis presies wat haar “makeer”. Ben se soene die naweek by die see verander haar siening van die liefde, maar wat van vervelige Frik, haar kêrel? En die meisie wat Ben in die oog het? Sy het immers ’n verantwoordelikheid teenoor hulle ook, of maak sy ’n fout?

Ou bloed

by Peet Venter

Ou bloed is 'n opvolg op Dieper as die bloed wat in 2012 verskyn het. Kaptein Thys Krige se dryfveer om 'n speurder te word is die onopgeloste moord op sy pa, die gehate stormramsakeman, Albert Krige. Krige se onortodokse metodes lei hom dikwels met ompaaie na sy einddoel. Landdros Hugo Maas en Pastoor Ron Parsons word in die loop van een nag vermoor. Maas het Parsons reeds tweekeer op aanklagte van pedofilie vrygespreek op grond van onvoldoende getuienis. Krige word deur opsetlike leidrade wat die moordenaar laat na die moordtonele gelok. Hy besef die moordenaar is dieselfde geheimsinnige man wat gedurende sy ondersoeke in Dieper as die bloed met hom gekommunikeer het. Ook is dit dieselfde persoon wat die aand toe sy pa vermoor is vir hom gesê het, 'kyk dieper as die bloed'. Hy glo dit is sy pa se moordenaar. In beide Maas en Parsons se huise is kinderpornografiemateriaal wat daarop dui dat hulle pedofiele was. Twee meisies, Patsy Willems en Salome Marx, in hul vroeë tienerjare raak in verskillende dele van Pretoria vermis. Hulle word aan kinderhandelaars verkoop, en van Maputo na die Midde-Ooste verskeep. Tydens die reis kaap Somaliese seerowers die skip. Krige ontvang 'n verdere leidraad van die moordenaar; 'n DVD-opname van hoe Maas en Parsons vermoor word. Daar is ook 'n foto by van 'n meisie in haar vroeë tienerjare, en 'n nota. Die nota sê die meisie se naam is Karen, en dat sy 'ou bloed' is wat steeds roep. Krige vind uit Karen het vyftien jaar tevore vermis geraak, enkele dae voor sy pa vermoor is. Dieselfde aand toe sy pa vermoor is, is haar ontvoerders ook vermoor, maar sy het verdwyn. Slegs pornografiese materiaal van Karen en etlike ander vermiste meisies is in die vermoorde ontvoerders se huis gevind. Krige kom tot die gevolgtrekking dat Maas en Parsons se moordenaar hom wil teruglei na daardie gebeure. Hy soek na 'n verband tussen die moordenaar, Karen, sy pa, en die ontvoerders. 'n Priester, die oom van Karen Borijn en haar broer Constantin, gee hom meer inligting. Navraag by Interpol onthul dat Constantin Borijn 'n bedrewe kuberkraker en moordenaar van pedofiele is wat lank reeds gesoek word. Krige treë in verbinding met polisielede wat destyds by die ondersoek na Karen se verdwyning en die moord op haar ontvoerders betrokke was. Hy kry onder andere inligting oor Salome Marx wat onlangs vermis geraak het. Dit bring hom op die spoor van drie Libanese; twee mans en 'n vrou. Hulle het Salome geken, en was die laaste persone wat haar gesien het. Die ontvoerders van Patsy Willems word vermoor. 'n Ooggetuie vertel vir Krige dat drie mense, vermoedelik twee mans en 'n vrou, die daad gepleeg het. Hy het ook gesien hoe Patsy Willems aan kinderhandelaars verkoop word. Krige lei af dat die moord oor territoriale regte gaan. Met die inligting, die hulp van Interpol, en 'n SMS wat Maas en Parsons se moordenaar vir hom stuur, kom hy op die spoor van die kinderhandelaars, en kry hy bevestiging dat die Libanese betrokke is. Op grond daarvan lei hy af dat die Libanese gereelde verskaffers aan die kindehandelaars moet wees. Hy reël 'n klopjag op die kinderhandelaars se plek, en gaan stel self ondersoek in by die Libanese se plek. Tot sy verbasing is die geheimsinnige moordenaar van Maas en Parsons ook daar. Hy is Constantin Borijn, het Krige se selfoongesprekke afgeluister, en so sy planne agtergekom. Krige verwond hom in die skietgeveg, maar voor hy sterf dwing hy 'n bekentenis uit die Libanese vrou dat sy en die twee mans vir Albert Krige vermoor het, asook die ontvoerders van Karen. Dit is die rede waarom Borijn vir Krige teruggelok het na die verlede; om sy suster, Karen, te wreek, en vir Krige die waarheid oor Albert Krige se moord te gee. In 'n dokument wat Constantin Borijn agterlaat kom dit uit dat hy Krige se halfbroer is.

Liefdesweb

by Annetjie Van Tonder

Hector Terbruch vra Zilna om ’n portret van sy dogter te skilder. Sy verwag ’n ou man op die suikerplaas in KwaZulu-Natal, maar Hector is jonk, begeerlik, oorrompelend, onaantasbaar, en speel graag kat en muis met haar.

Boer kry 'n Vrou

by Jan Van Staden

Hoekom sal ’n ou soos Juan van Wyk aan die TV-program Boer soek ’n vrou deelneem? Hy is nou wel nie getroud nie, maar dit beteken vir geen oomblik dat hy nie ’n vrou het nie. Om die waarheid te sê het hy omtrent elke vrou op die dorp presies net waar hy haar wil hê. Tussen die lakens. Volkome uitgelewer aan sy buitengewone lyflike vermoëns. Ja, daardie Bosveldplaas van hom ken die snak van ’n ekstatiese vrou. Maar die ding is dat Juan nou al ’n ruk lank voel sy bedavonture moet rigting kry. En dalk help die TV-program. Dis in elk geval wat sy suster sê. En Marissa, die dominee se dogter, sê ook so. Dis dié dat hy nou wag dat die filmspan opdaag, want hy het tien meisies wat hom gaan help om agter te kom wat dit is wat hy wil hê. En dan lê sy lewe voor. Nog nooit was Afrikaanse fiksie só warm nie. Nog nooit is daar so lekker op papier gevry nie.

As die liefde seëvier

by Heleen Malherbe

Heleen is in Pretoria gebore en daar groot geword. Sy het in 2000 begin skryf na haar seun se dood. In 2011 het sy ernstig begin skryf en drie digbundels gepubliseer. Van 2015 publiseer sy ander skrywers se werk. "Vanoggend brand die helder son weer alles dood" praat Amanda met Paul, wat net sit, moedeloos met sy kop in sy hande. "Wat ookal gebeur, my vrou, ek het hierdie stuk aarde baie lief", antwoord Paul. "Die moordenaarskaroo is wreed, dor en naby die hel" praat Amanda hardop met haarself. Die timbre in haar stem roep haar hele wese tot stilstand…

Lenteliefde (Afrikaans Edition)

by Alma Carstens

Milan keer ná haar suster se dood terug na SA om haar swaer en sy kinders by te staan. Ou gevoelens begin weer blom, maar wat steek Etienne vir haar weg? Mag Milan hoop op liefde in die lente?

Die dokter se rebelse ridder

by Melanie Milburne

Mediese Romanse

Kaapse Draai

by Alma Carstens

Lani gaan Kaap toe om vir 'n maand lank saam met 'n wildvreemde boer op sy plaas te bly. Maar waarom sou 'n man wat so aantreklik is, dit nodig vind om vir 'n vrou te adverteer?

Bruid in ’n goue hok

by Abby Green

Die tango is 'n Argentynse dans vol passie en oorheersing . . . en dis presies hoe die aristokraat Rafael Romero sy gerieflike huwelik met dansinstruktrise Isobel wil hê. Eers sal sy sy bruid wees. Dan sal hy haar na die huweliksbed toe neem en haar syne maak. Isobel het dalk nie 'n keuse of sy met Rafael wil trou nie, maar sy is van plan om so vry soos 'n voëltjie te bly. Sy kon nie voorsien haar nuwe man sou haar ingehok hou toe hy uitvind hy het met 'n maagd getrou nie . . .

Lugkasteel

by Annelie Botes

In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op ’n vliegtuig geklim het om in Engeland ’n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir ’n hellejaar (ook met heelwat hemelse oomblikke!) word sy Granny se hoeder. Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy wéér Engeland toe. Dié keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in ’n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net ’n kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van ’n vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop. Om vir haar ’n wegkruipplek te skep, rig sy ’n antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat verlate in ’n plaat onkruid staan, in as haar heiligdom. Droomplek. Dinkplek. Huilplek. Tien jaar later sit sy by haar ou bruin lessenaar en rol die kamera terug na daardie tyd. Bekyk die glasskoentjies wat elke mens langs die pad verloor. Lugkastele wat tuimel. Alles net swaanveertjies in die winterwind. Tog, ondanks ons stukkende vlerke, leer ons vlieg. Hoër en verder as wat ons ooit kon droom.

Refine Search

Showing 376 through 400 of 607 results