Browse Results

Showing 401 through 425 of 607 results

Die dag toe ek my hare losgemaak het

by Willemien Brümmer

Die kortverhale in hierdie debuutbundel beeld op treffende wyse, plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith, van 12-jarige kind tot ’n jong ma. Dit beeld ook uit hoe Mia worstel met ’n erflas van alkoholisme en depressie. Daar is die komplekse verhoudings binne die familie: met haar ma, haar pa, en, soos sy ouer word, met mans. Die verhale beeld haar vrese uit, haar seksuele ontwaking en haar pogings om ’n sinvolle, gelukkige verhouding met iemand te hê. Dis verhale staan los van mekaar, maar saam beeld dit Mia se lewe uit en word dit amper ’n Bildungsroman. Onderliggend in die verhale is die helende krag wat “storie” en verbeelding in Mia en haar pa se lewe speel: dit is ook haar redding uit die erflas van depressie.

Padmaker

by Christine Barkhuizen le Roux

Twee maande na die verdwyning van haar bejaarde ma besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare ná te ry. In die padkampe het haar saggeaarde pa, ’n padskraperoperateur, met sy stories oor die padwerke die lewe vir haar uitgelê. Daar het haar ma se probleme ook begin.

Raaiselvrou

by Annetjie Van Tonder

Emma arriveer op ’n gasteplaas om uiteindelik haar roman te skryf. Net om ’n ietwat verwarrende situasie hier aan te tref. Die eienaar sê dit is nie meer ’n gasteplaas nie en sy suster sê dit is. Op die lange duur gaan Emma hier tuis maar steeds nie sonder probleme nie. Daar is die kat wat op haar bed kom lê en die hond wat haar uitsoek vir aandag. Dit terwyl Emma glad nie ’n dieremens is nie. En die eienaar met sy sagte bruin oë is juis ’n dieremens, verknog aan sy hond en sy kudde Nguni-beeste. Hoe om hierdie twee wêrelde te versoen word vir Emma ’n saak van groot belang ...

Net vriende

by Alma Carstens

Die sekretaresse by sy kantoor sê dat Carl vir sake in die buiteland is en net twee dae voor die troue terugkeer. Met 'n siek gevoel van teleurstelling sit ... Sy stoot vinnig haar stoel agteruit en staan op. Sy wil nie aan Jake dink nie. Hy het die ...

Die regte kandidaat

by Dina Botha

Roelien is ʼn rykmanskind wat voor die kansel besluit sy gaan nie met die man trou wat haar pa vir haar uitgesoek het nie. Dis net dat haar vlugtog ietwat rampspoedig begin lyk toe haar sportmotor haar in die middel van nêrens in die steek laat. Gelukkig kom ’n skoolbusbestuurder tot haar redding. En ongelukkig is hy non nie juis die soort man wat in die soort omstandighede leef waaraan sy tot non toe gewoond was nie. Maar sy soort lewe word vir haar al hoe aanneemliker, onder andere omdat hy so ’n verlammende uitwerking op haar het. Of die busbestuurder is wat hy voorgee om te wees, is egter ’n ander saak. Beleef die emosie

Halwehuisliefde

by Alma Carstens

Babette se buurman is nie haar tipe nie, al is hy Blind Justice se lead singer, waaroor almal blykbaar gaande is. Dis net dat hy ’n ander mens van die verhoog af is ...

BAAS VAN BABILON

by Ena Murray

’n Blitshuwelik, erfgrond, twee broers – Deon die losbol teenoor die stil, sterk Calvyn met die bitter hart – en ʼn onskuldige meisie wat as nuwe bruid op die plaas nie aanvaar word nie omdat sy nie met “agtergrond” en status kan spog nie. Dis enkele van die elemente van dié komplekse familiedrama. Sal Babilon, spogplaas van die hovaardige De Ridders, vir Salome net ʼn tussenspel wees? Sal sy haar siel behou op hierdie tradisieryke erfgrond waarin die bitterheid, haat en tweespalt soveel diep onstuimige rivierlope uitgekerf het?

Ver anderkant Wiesenhof (Romanza)

by Alma Carstens

Tien jaar gelede het Kara Nikla se hart gebreek toe sy hom vir 'n ryk Engelsman gelos het. Nou moet sy bakhand na Wiesenhof terugkeer en Nikla is al een wat vir haar werk het. Maar voel hy ook steeds dieselfde oor haar?

Vergewe, maar nie vergete nie? (Modern)

by Abby Green

“Tot my spyt moet ek erken dit behoort die moeite werd te wees om so ’n enorme bedrag te betaal om jou in my bed te kry.” Siena DePiero mag wel blou bloed hê, maar sy dink niks van haar pa se flambojante leefstyl nie. Vir haar het dit nog net ellende gebring. Maar toe die gesin se seepbel bars en die twee susters brandarm agterbly, is Siena se maagdelikheid haar enigste bate . . . Andreas Xenakis, wat jare lank wag om wraak te neem, kan nie wag om Siena in sy bed te kry nie – oorgelewer aan sy genade. Maar ná slegs een nag saam verdwyn al Andreas se vooroordele. Behoort hy Siena nie dalk jammer te kry nie . . .?

Luca se obsessie

by Alma Carstens

Miranda weier om net nog 'n merkie te word op die kerfstok van 'n lenige Italianer wat op 'n dag haar bloemiste binnestap. Liefde is nie vir haar onderhandelbaar nie. Vir hom blykbaar ook nie.

Joune Vir Altyd (Romanza)

by Alma Carstens

Melani is terug op Wiesenhof om haar ouers by te staan. Ná ’n tyd in New York het haar voorkoms totaal verander en is lelike Melani van ouds nou beeldskoon; soveel so dat die onstigtelik aantreklike Rudi haar aanvanklik nie herken nie. Ondanks alles laat Rudi steeds Melani se sinne duisel. Hulle word weer vriende, maar Melani is katvoet vir hom, want sy glo hy sal haar net weer seermaak, soos destyds. Sy sal veel eerder met die betroubare Brett trou. Sal Rudi betyds tot sy sinne kom? Sal hy sy trots in sy sak steek en vir Melani kan vertel hoe hy werklik oor haar voel, of is dit neusie verby vir hulle?

Winterdroom

by Alma Carstens

Simoné is vir altyd klaar met mans, maar sy bly steeds 'n warmbloedige vrou met behoeftes. Al verpes sy Tristan Lindeque, tiek hy al haar boksies en pas hy perfek in haar plan. Sal hy instem om haar minnaar te word en al haar voorwaardes aanvaar?

Altyd somer (Romanza)

by Annetjie Van Tonder

Ricardo kom bied werkwinkels oor bonsaikuns by Philna se oupa se kwekery aan. Die bonsaimeester maak haar subtiel die hof en wen onherroeplik haar hart. Maar wie is die vrou en seun in die foto wat hy oral saam met hom dra?

Die Tafelberg Moordenaar

by Nico Visagie

Die Tafelberg Moordenaar vertel die verhaal van 'n reeksmoordenaar wat hom op straat vroue toespits opereer in die Kaap. Een na die ander meisie word vermoor en die liggaam op Tafelberg gelos vir die polisie om te vind. Ten spyte van die polisie se beste optrede, bly die verdagte elke slag net een stap voor die polisie. Totdat Kaptein Renier Geldenhuis gevra word om die ondersoek oor te vat. As...

Haar hart se tuiskoms

by Annetjie Van Tonder

Ná Lana se egskeiding, fokus sy op haarself en haar kinders. Romanse is nie welkom in haar huis nie. Maar haar buurman, Daniël, maak met sy outydse sjarme en mooi blou oë haar hart fiks vir liefde.

Bruid in brokaat

by Annetjie Van Tonder

Hy gee haar hart vlerke, leer haar liefde ken. Maar Gerbrandt Louw is 'n bedrieer, glo Roda. Hy lei haar en haar oom om die bos. Hul besoek aan Kioto is 'n bedrogspul. Hoe gemaak met sy verraad?

Verbode liefde (Romanza)

by Alma Carstens

Zoey ontmoet die enigmatiese dokter Jano Marnitz terwyl sy met vakansie in Parys is. Hy ontwikkel 'n obsessie om haar gesig, wat in 'n motorongeluk geskend is, te herstel. Het hy dalk gevoelens vir haar of is dit slegs sy doktersinstinkte wat inskop?

Die onwillige strooimeisie (Romanza)

by Alma Carstens

Anja is heimlik verlief op Alec - haar beste vriendin se verloofde. Nou moet hulle saam die troue reël terwyl Zita nege maande lank Londen toe gaan. Maar alles is nie altyd soos dit op die oog af lyk nie …

Verlore jare

by Alma Carstens

Isabella staan ná vyf en twintig jaar weer voor die seun wat sy laat aanneem het en sy pa. Maar dis net sy wat dit weet en dis te laat om te praat.

Die Kinders Grim en die Oergaai se Geheim

by Jm Van Zyl

Bella het nie verwag dat die weeshuis so vreemd sou lyk nie, net soos sy ook nie verwag het dat al die stories wat Ouma haar vertel het waar sou wees nie, of dat die onsigbare monster wat hulle bekruip regtig bestaan nie...

Die Griek se bevryding (Modern Book 1) (Afrikaans Edition)

by Maisey Yates

DIS presies wat sy gedoen het. Dag vir dag het Elle hom gewys hoe lief sy hom het. En hy het sonder huiwering sy hart vir haar oopgestel. Apollo was ongelooflik trots op Elle die dag toe sy haar graad behaal en as die topstudent van die regsgroep aangewys is. Hy was in die gehoor om haar toe te juig. Sy hart wou bars van trots toe sy op die verhoog stap terwyl hy met hulle dogter op sy skoot en die nuwe baba in die waai van sy arm gesit het. Hy was oneindig trots op haar besluit om haar drome na te jaag. Omdat sy haar vasberade geaardheid en skerp tong wou inspan om ander te help. Na sy mening is sy die beste regspraktisyn in die stad New York, ’n kampvegter vir vroue in moeilike omstandighede en vir kinders aan wie die een of ander onreg gepleeg is. As iemand destyds ná hulle troue sou sê hy sal in die loop van die volgende dekade vir Elle nog liewer word, sou hy die persoon uitgelag het. Niemand was immers tot groter liefde in staat as juis hy op hulle troudag nie, sou hy kon byvoeg. Maar mettertyd het hy ontdek hoe diep, hoe ruim liefde kan word. Elke jaar, elke kind, elke prestasie en elke mislukking voeg nog ’n tikkie struktuur en oorvloed by sy gevoel vir haar. Op die aand van hulle tiende huweliksherdenking kom Elle van die werk af tuis, uitgeput en omgekrap, waarskynlik omdat die saak waaraan sy tans werk so moeilik is. Sonder ’n woord neem hy haar in sy arms. Sy leun teen hom aan om krag by hom te put. “Ek’s bly jy kon betyds wegkom, Elle.” “Natuurlik. Ek wil vanaand nêrens anders wees nie.” Sy kyk glimlaggend op in sy gesig. “Is die kleingoed klaar versorg?” “Ja, ek dink Alethea lees vir hulle ’n slaaptydstorie. Maar sy’s nie ’n kinderoppasser nie, hoor. Sy het dit uitdruklik vir my gesê voor sy met die tweetjies hier uit is. Dis nou nadat sy tydens aandete by hulle geneul het om hulle groente te eet.” Elle bars uit van die lag. “Ek hoor jou.” “En môre sal David en my ma die kinders vir die naweek kom haal. Hulle gun ons ’n bietjie alleentyd.” “Dis gaaf van hulle.” “In der daad.” Hy streel met sy duim oor haar wang. “Sien jy kans om vanaand uit te gaan?” Hy betrag die dowwe skadu’s onder haar oë. “Of wil jy liewer hier bly?” “Dit sal lekker wees om uit te gaan. Ek spog graag met my wonderlike wederhelf.” “Ek glo nie jy’s gretiger as ek om met my verruklike vrou te gaan spog nie.” “Daaroor kan ons later redekawel.” Sy sug lank en tevrede. “Ons is al oor die tien jaar saam. Dis darem ongelooflik hoe drasties die afgelope dekade van die vorige een verskil.” “Praat jy nou van die een waar ons mekaar begeer het, maar onsself sowaar die voorreg ontneem het om saam te wees?” “Ja. Die joos alleen weet waarvoor ons so bang was, of waarom ons gewag het.” “Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer glo ek ons het gewag totdat ons dapper genoeg kon wees, genoeg kon gee, mekaar op die regte manier kon liefhê. As ek jou gesoen het toe ek twintig was, sou ek net later van alles ’n gemors gemaak het. Ek sou nie die man gewees het wat jou kon ondersteun sodat jy jou doel kon bereik nie.” Sy knik stadig. “Ek twyfel of ek destyds al my drome sou kon najaag.” “Mag ek jou ’n geheim vertel, Elle?” Sy knik. “Ja, sê gerus.” “Ek’s dankbaar vir wat ons het. Ek koester en waardeer dit. Ek geniet my werk. Ek’s trots op joune. Maar jý is my eintlike droom.” Elle glimlag. Haar uitputting verdamp en haar oë swem in die trane. “Ai, Apollo. Jy’s my droom ook.” Sy gaan staan op haar tone en soen hom, en dis weer soos die eerste keer. Elke keer is vir haar soos die heel eerste keer. “Altemit moet ons tog maar by die huis bly,” sê hy. Sy glimlag ondeund. “Ja, ek dink ook dit sal die beste wees.”

Oorkant die Straat

by Kurt Ellis Kate Boyes

Storybook

'n Wereld sonder hom

by Christine Le Roux

Nicoline is dertig maar al die mans wat op haar verlief raak, verveel haar gou. Maar wanneer sy haar broer in die hospitaal besoek en haar ontferm oor die ander pasiënt in sy saal, neem haar lewe ’n ander wending.

Donker Spoor

by Martin Steyn

Dis altyd asof daar 'n lig in 'n ouer uitgedoof word wanneer 'n kind vermoor word. Om die tienermeisies wat hy ontvoer te verkrag is nie genoeg nie. Hy martel hulle, hang hulle dan. Drie, vier van hulle. Later meer. Dit is op hierdie monster wat adjudant-offisier Jan Magson jag maak. Tot die reeksmoordenaar gevang is, moet Magson ma's en pa's in die oë kyk, hulle vrae beantwoord. En hy kan nie. Hy kan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. Want agter hom lê ook 'n donker spoor wat sy seun van hom vervreem het. Daar is meer vrae. Die polisie se onmag om die gemeenskap teen hierdie boosheid te beveilig haal hoofopskrifte. 'n Ma se hartverskeurende brief aan die moordenaar verskyn in die koerant. 'n Pa wil 'n losprys betaal. En telkens beland die soektog op 'n dwaalspoor, wat nog boosheid oopvlek.

Kamikaze

by Rudie Van Rensburg

Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank was hy poeliesman, maar wragtag, wat hy nóú alles in die media oor sy geliefde SAPD lees … En hy’t juis ’n ander werksaanbod. Te midde van sy loopbaankrisis kom Kassie teen die grieseligste booswig nóg te staan, een met ’n moordloopbaan wat terugstrek na die Apartheidsera, en hy moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee. Spioenasie en wapenhandel-korrupsie, vervalste medikasie, die ontkleeklub-skemerwêreld en ’n moordenaar uit jou nagmerries – dis alles hier in Kamikaze!

Refine Search

Showing 401 through 425 of 607 results