Browse Results

Showing 426 through 450 of 607 results

Plesierengel

by Leon Van Nierop

Elke plesier het sy prys … Tristan Hansen word die engel van plesier genoem – ’n man wat R15 000 per nag vra en soveel genot verskaf aan die land se mees invloedryke en wêreldwyse vroue dat hulle terugkom vir meer. Maar wanneer een van sy kliënte haar eie lewe neem, verander die plesierengel in ’n doodsengel, en bely sy kliënte die een na die ander wat agter toe deure gebeur het. Maar waarom doen hy dit? Beslis nie net vir die geld nie. ’n Sielkundige, Erika Hamilton, ontmoet hom toevallig. Albei van hulle bied op beroepsvlak verligting van neurose, onvervuldheid en frustrasie – die een op akademiese wyse, die ander met lyflike plesier. Wat gebeur wanneer hulle ontmoet? Plesierengel is ’n nuwe, aangepaste weergawe van Leon Van Nierop se 1998-blitsverkoper, maar dié slag kookwater-warm, onbevange en onbevrees vertel. Soos dit regtig daagliks gebeur … Daar is tonele wat sensitiewe lesers dalk kan skok. Dit is Van Nierop soos jy hom nog nooit gelees het nie.

Swartval

by Martin Steyn

Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Hy het teruggekom. En hierdie keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets te vat. Vir haar. En nou word Claire Winters iewers in ’n sel van sement gevange gehou. Eers plaas sy haar hoop op haar speurderbroer. Hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog ’n lang, donker dag eindig met ’n toebroodjie en ’n glas water en Derek kom nie. Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voordat haar verstand heeltemal in die swart van die kelder oplos. Die enigste uitweg is deur haar ontvoerder. Want hy het die kelder se sleutel. Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word.

Ratels (Afrikaans Edition)

by Leon Van Nierop

Ratels is 'n somerskool op 'n wildsplaas waar 'n groep jongmense, uit alle lae van die samelewing, bymekaarkom om oor hulself, die lewe en die natuur te leer. Dit raak aan alledaagse dinge soos korrupsie, dwelms, dobbelary, verhoudings, stropery en die algemene agteruitgang van die natuur. Lekker lewendige relevante jongmens-denke en -taal. Dit is gebaseer op die super-gewilde reeks op RSG met die dieselfde naam, met baie humor, drama en interessante verwikkelinge.

Insomnia

by Leon Van Nierop

Louise gaan soek hulp teen insomnia by die Jerigo Slaapkliniek in die mistige klowe van die Pelgrimsrus-omgewing. Sy gaan ook soek na haar verloofde wat hier is vir hulp, maar vir 'n ruk niks van hom laat hoor het nie. Of is hy nie hier nie? In die geheimsinnigheid van die feitlik ondeurdringbare bos wat Jerigo omring en uit die gebou se toringvensters hou iemand haar dop – sy voel dit, sy weet dit. Of verbeel sy haar dit omdat sy reeds begin hallusineer...

Die blou uur

by Christine Le Roux

In Die blou uur, besef die speurverhaalskrywer Klarissa du Toit dat haar man se werk as kriminoloog besig is om ’n wig tussen hulle in te dryf, en sy vertrek na Skotland om oor haar toekoms te dink.

Verlore Dekade

by Christine Le Roux

En in Verlore dekade kruis Alexandra se paaie weer met Ryno, die man wat sy al tien jaar lank probeer vergeet.

Amper 'n bruid

by Magdaleen Walters

Wanneer 'n bedrogspul oopgevlek word, vlug Michelle se pa na Mosambiek. Haar verloofde, Toni, verbreek hul verlowing en Michelle is skielik haweloos. Ben neem haar onder sy vlerk in, maar hoe lank sal sy haar groeiende gevoelens vir hom kan wegsteek?

Lem (Afrikaans Edition)

by Peet Venter

Hy is hardegat, bots met gesag en word uit die weermag ontslaan. Dan word hy 'n huursoldaat, raak betrokke by 'n staatsgreep wat skeefloop en beland in die tronk, maar hy het sensitiewe inligting weggesteek en dit kan baie ongemaklik wees vir die manne wat hom uitgelewer het.

Moord op Lake Panic (Afrikaans Edition)

by Leon Van Nierop

’n Handvol sjefs by ’n meesterklas in die boendoes. ’n Vrou se lyk in die meer. ’n Privaat speurder wat moet vra: Wie het sy mes in vir wie? Lake Panic is die perfekte plek vir ’n verfyningskursus vir ses beroemde sjefs. Só beroemd dat hulle beskerming benodig. ’n Taak vir Beer Henning – privaat speurder, vryskuttatoeëerder, ’n man met ’n verlede. Beer het sy hande vol met: • Sophia da Silva, ’n eks-sepiester wat ’n comeback met haar eie kaal kookboek beplan, • Otto en Lily Clement, ’n hardekoejawel en sy muisvaal vrou wat hul reputasie en hul lodge moet red, • Leopold Lindeque, die kosresensent met die bitter pen, • Clementine Carolus, tuisnywerheid-tannie, maar net bedags, en • Alex Fabius, Youtuber en snuiter van formaat. Wie het ’n moord opgedis? En wat het die storie van die geheimsinnige meermin van Lake Panic met alles te doen?

Omnibus 21

by Ena Murray

Señor die seerower Toe verpleegsuster Andrea Smit ’n allemintige bedrag in ’n blokraaiselwedstryd wen, het sy nooit kon droom hoe ingrypend dit haar lewe sou verander nie. Sy was aanvanklik vas van plan om met haar beroep voort te gaan, maar toe haar kollegas bly lol om geld te wil leen, raak die hospitaal vir haar te klein. Toe haar swerwerpa kort daarna op haar drumpel verskyn en haar nooi om hom op een van sy avontuurtogte te vergesel, willig sy in – min wetende dat haar pad op ’n tropiese eiland met dié van ’n aantreklike Spanjaard sal kruis; dat sy ’n skynverhouding met hom sal aanknoop en sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland ... Die vreemde weë waarop geld, die sug na roem en veral die liefde ’n mens se lewe kan lei, is die tema van hierdie lekkerleesverhaal. Junior in saal 7 Leerlingverpleegster Louwrinda Kemp is siek en sat van haar man-mal kollegas se aanhoudende geterg omdat sy nie ’n vaste kêrel het nie. Sy besluit om hul monde eens en vir altyd te snoer – met ’n foto van Oumatjie se kleinseun wat sy aan hulle voorhou as haar sleep wat in die buiteland studeer. Toe die mooie man op die foto egter kort daarna in lewende lywe voor haar staan as die nuwe professor in verloskunde, weet sy nie hoe om haar uit dié benarde situasie te wikkel nie. Binne ’n dag versprei die nuus soos ’n veldbrand deur die groot stadshospitaal dat die junior in saal 7 ’n verhouding het met die uiters aantreklike professor Len Landman. Hoe Louwrinda ook al die vlamme probeer doodslaan, dit help alles niks. En kort voor lank besef sy dat daar ’n ander soort vuur haar binneste begin brand het ... Junior in saal 7 is ’n speelse hospitaalroman vol heerlike komiese momente. Kaalvoet Katryntjie Katryn Klem sou ná haar pa se dood veel eerder saam met die klein haasbek Poens op Skaars-van-als verhongerde katte en honde wou vet voer, afpootduiwe vertroetel en meerkatte uit slagysters red, maar haar hovaardige voog, Festus Dumas, het ander planne. Met die intrapslag dring hy daarop aan dat sy by hom in sy deftige stadshuis moet kom bly – want, meen hy, dié kaalvoet mensie wat nie ’n dag ouer as sestien lyk nie, het vaderlike toesig nodig. Sommer vir die grap laat Katryn toe dat Festus dink sy is ’n blote kind. Maar dié grap boemerang sodat sy later glad nie meer kan erken dat sy nie ’n giggelende tiener is nie, maar ’n gekwalifiseerde verpleegster van twintig. Sy moet die rol van kaalvoet Katryn bly speel, en met ’n hart wat pyn van haar onverklaarde liefde, moet sy toekyk hoe die listige Shirley Rossouw haar voog probeer verlei ... Kaalvoet Katryntjie is ’n verhaal wat mens plek-plek laat skater, maar wat die leser ook diep sal laat nadink oor die dinge wat werklik waarde het in die lewe.

Een plus een

by Kristel Loots

Een plus een is 'n heruitgawe van twee van haar romanses: Kammaliefde en Kanniedoodliefde. Kammaliefde Nanzi weet sy hoort nie naby Krisjan van der Merwe met sy koninklike lyf, sy spierwitte tande, sy gevaarlike manlikheid, sy terg en speel nie. Hulle werk toevallig saam. Daarom is sy soentjies en drukkies kamma-kamma. Maar as hy moet weet wat in haar kop aangaan, vat hy die pad. Soos mans maak. Sy ken die vernedering. Sy moet hom voorspring, voor daardie smeulende oe haar geheim lees. Kanniedoodliefde Alles irriteer haar: die Karoo, Doringdorp, Sweet Valley … Kurt irriteer haar die meeste en Jackie wil nie hier wees nie. Maar sy moet 'n artikel skryf oor hierdie lawwe gasteplaas uit die jare sestig waar ou hippies soos rosyntjies hulle vervloe jeug probeer herleef … En net daar stap Kurt met sy heuningstem, sy mooi woordjies en die tergliggies in sy oe reguit in haar hart in.

Die onbekende helfte

by Christine Le Roux

In Die ontbrekende helfte word Yvette Faure deur 'n agentskap as sekretaresse na professor Rabe se huis gestuur. Sy kom af op chaos - stapels onuitgepakte bokse wat oral rondstaan, en, om alles te kroon, 'n verstrooide professor wat duidelik nie net 'n sekretaresse nodig het om sy lewe te orden nie.

Skuldig

by Martin Steyn

As die dood onverwags en gewelddadig kom, is dit regtig beter om vinnig, sonder lyding, saam te gaan? Het die meeste mense nie daardie oomblikke nodig om te bely en vergifnis te vra nie? 'n Middeljarige tandarts, tereggestel in sy sitkamer. Teen die muur, een woord. In bloed. Adjudant Colin Menck kyk na die "skoon" toneel en hy is oortuig dis 'n professionele moordenaar se werk. Wie het hom gehuur? Die hoofverdagte is die slagoffer se vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen om so 'n dood te verdien? Minder as 'n week later staan Menck weer voor 'n muur met sewe bloederige letters. Die enigste verbintenis tussen die twee slagoffers is nog 'n ongelukkige vrou, 'n eks hierdie keer, hulle seuntjie 'n twispunt. Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier. En iemand uit 'n hoofstuk in sy lewe waarvan hy eerder wil vergeet. Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog SKULDIG in hulle eie bloed skryf? Martin Steyn het in misdaadfiksie gedebuteer met Donker spoor wat groot lof uitgelok het. En Steyn gaan verder, hy deursoek die bose sowel as die geregtigheid en die verminkte wêreld waarin al twee die botoon wil voer.

Koms van die motman

by Chris Karsten

Elf jaar gelede is Ella Neser se pa amper noodlottig gewond. En nou, jare later, word die skuldige, Arthur Wilky, weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde – en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky. Ella kan nie begryp hoekom haar speurderkollegas nie die verbintenisse tussen die verskillende moorde raaksien nie. Wat van die motlyke wat telkens by die moordtonele figureer? Selfs kaptein Silas wil nie ag slaan op haar vermoedens nie … In dié slotroman in die jongste Ella Neser-trilogie speel Karsten weer eens kat en muis met die leser. Wie ís die moordenaar, en waarom huiwer die Nommers-bendemitologie deurgaans soos ’n skaduwee op die rand van die verhaal? Chris Karsten, meesterverteller aan die woord, soos altyd.

Die 13de kaart (Afrikaans Edition)

by Madelein Rust

Belia Bell is 'n Bloemfonteinse forensiese sielkundige wat die polisie moet help om 'n reeksmoordenaar vas te trek. Hy is 'n formidabele teenstander; hoogs intelligent, vreesloos en onvoorspelbaar. Dit word gou duidelik dat die moordenaar vir Belia gekies het om die hoofrol te vertolk in sy makabere speletjie. Haar taak word verder bemoeilik deur die teenwoordigheid van kaptein Jack Butler, hoof van die taakspan en haar gewese minnaar. Jack is intussen getroud met iemand anders, maar die vonk tussen hom en Belia is onbetwisbaar. Terwyl sy teen die moordenaar kragte meet, stry sy ook teen die begeerte om Jack weer vir haar te vat. Die moordenaar se slagoffers hoop teen 'n frenetiese pas op, terwyl Belia koorsagtig daaraan werk om 'n profiel op te stel en sy kriptiese leidrade te ontsyfer. Sy word beloon met 'n groter oes van dooies en meer vrae as antwoorde. Watter rol speel die Tarot? Hoe pas die getal 13 by alles in? Waarom het die moordenaar juis vir haar gekies as teenstander?

Mara (Afrikaans Edition)

by Marida Fitzpatrick

Hoe is Viljoen dood? Die vraag voel oeroud, versteen onder lae en lae saamgeperste grond. ’n Klein fossiel, volmaak met al sy beentjies en werwels en oopgesperde bekkie. Sy’s te bang om daaraan te raak, te bang dit val uitmekaar en dan sal sy nooit weet wat dit eens was nie. Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hoe. Die soektog stuur haar op ver en donker paaie na haar verlede – waar familiegeheime dreigend lê en skuil. Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op en dompel haar verder in ’n maalkolk van vrees. Wat probeer Mara wegsteek, en hoekom? Dan is daar De Wet, die getroude man wat teen sy eie beterwete by Rakie betrokke raak, en Rebecca, die Bouwers se destydse huishulp wat dalk die sleutel tot alles hou. Terwyl Rakie desperaat na antwoorde soek, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want uiteindelik is die heel skrikwekkendste vraag: Wat is gevaarliker as jou eie bloed?

Hofsaak van die Dood (Afrikaans Edition)

by Marsofine Krynauw

Advokaat Courtney Dalton, strafreg advokaat, is bekend vir haar sukses met groot mensehandel sake, en die onreg teen vroue en kinders. Met senior advokaat Zeya Dreyer Coetzee, self ʼn oorlewende van mensehandel as vriendin en raadgewer, gaan sy van krag tot krag. Sy is baie geliefd by haar familie en kollegas. Haar verloofde, Spencer, aanbid die grond waarop sy loop. Maar dan slaan die noodlot toe... Courtney verdwyn een aand nadat sy by Zeya gekuier het. Net haar voertuig word ure later in die straat gevind waarin die hof geleë is, en waar sy byna daagliks skurke gevangenis toe stuur. Die span wat op hierdie ondersoek werk is meedoënloos en bestaan uit senior advokaat Zeya Dreyer Coetzee, met haar ondervinding van haar eie ontvoering wat haar dryf; haar man, Mantie Coetzee, ʼn FBI agent wat die hel van sy vrou se ontvoering moes deurleef; en dan agent, Jade Kendrick, ʼn vrou wat vir jare die hel van verkragting deur haar vader moes deurstaan. Hierdie span, met die hulp van baie ander, sal geen steen onaangeraak laat om hul vriendin lewend te vind nie. Wat gaan hul vind? Wie is verantwoordelik vir die verdwyning van hierdie geliefde jongvrou? Kan dit dalk vergelding wees? Gaan hulle haar kry, lewend of dood?

Op 'N Stormsee: Ware Verhale Van Suid-Afrikaanse Seereddings

by Tony Weaver Andrew Ingram

Die waters om die Suid-Afrikaanse kuslyn word as van die gevaarlikste ter wêreld beskou. Wisselvallige weerstoestande, sleurstrome en fratsgolwe is van die faktore wat mense in lewensgevaar laat beland en soms tot tragedies lei. Ongeag die gevaar, is die dapper vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut egter altyd bereid om hul eie lewens op die spel te plaas om ander mense te red. Hulle sal dikwels in gure weer en in die donker en ysige koue uitvaar en alles in hul vermoë doen om mense veilig terug te bring. Die boek bevat ’n versameling stories oor waagmoedige reddingspogings gevul met drama en gevaar. Van brandende skepe tot haaiaanvalle en sinkende vistreilers – dit is die verhaal van die mens se ewige stryd teen die see.

Kosbaar soos die lewe

by Christine Le Roux

Kosbaar soos die lewe: Elizabeth Benade wonder of sy die regte ding gedoen het om haar werk by die rekenaarfirma te bedank en as huidhoudster te gaan werk vir die moeilike dokter Richard Nel. Sy seuntjie is ʼn handvol, maar dis duidelik dat die kind smag na warmte en liefde. En dis nie lank voor Elizabeth haar oor hom ontferm en betrokke raak by hierdie pa en seun se lewe nie.

Die Skarlaken Ruiters (Sahara Avontuur Reeks) (Afrikaans Edition)

by Meiring Fouche

Kaptein D’Arlan van die Franse Vreemdelegioen en twintig van sy uitgesoekte manskappe is op pad om ’n medalje aan ’n ou Arabier in die Sahara woestyn te gaan oorhandig. Die rede, omdat die betrokke Arabier se stam al vir sewentig jaar lank in vrede saamleef met die Vreemdelegioen. Op pad soontoe sien hulle in die verte hoe ’n kameel karavaan aangeval word deur honderd-en-vyftig legioensoldate. Asof die feit dat dit Legioensoldate was, nie erg genoeg is nie, tel Teuns Stegmann, die blonde Suid Afrikaner in die legioen iets in die sand op, wat die raaisel net verder verdiep. By die oase van die Arabier wat hulle moet vereer, word hulle aangeval deur die vredeliewende Arabiere en ontdek dan dat hulle jong vrouens, mans en kinders deur legioensoldate weggevoer is. Groot verwarring heers en D’Arlan besluit om eers die nag daar deur te bring, voor hy die saak verder gaan probeer oplos. Gedurende die nag word hy en sy manskappe egter deur die ander legioensoldate oorrompel en na ’n geheime tente dorp, in die middel van die woestyn geneem. Daar word hulle deur ’n Duitser onder hipnose geplaas en so gedwing om Arabiere opleiding te gee met ’n geheime wapen. Kort voor lank daag El Karima, die wit vorstin die Doelaks op en neem almal na haar hoofstad Doetra. Sy is nog steeds verlief op manskap Teuns Stegmann en weens sy hipnose trakteer sy hom in haar paleis, terwyl sy medesoldaat opleiding gee aan die Arabiere. Weens die “verraad” van die legioen wat Arabiese stamme aanval en hulle mense ontvoer, besluit al die Arabiese stamme om saam te staan en trek hulle op in hulle duisende na die fort Dini Salam, wat hulle omsingel. Kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam kry op ’n snaakse manier ’n boodskap van sy kaptein se verraad met die Arabiere en moet hy hom en sy fort dringend voorberei vir die aanval wat gaan volg, om hulle almal uit te wis. Teuns Stegmann word genadiglik verlos van sy hipnose deur een van sy vriende en besef dan dat hy so gou as moontlik moet uitkom by fort Dini Salam, om die kolonel daar te waarsku van die toedrag van sake. Met sy dapperheid en vindingrykheid kry Teuns dit uiteindelik reg om met sy manskappe te ontsnap vanaf Doetra, maar die legioensoldate wat hulle vantevore ontvoer het en ook El Karima se Doelaks is kort op hulle hakke. Op hul jaagtog om eerste by Dini Salam te probeer uitkom, ontdek hulle iets in ’n grot wat almal groot skok van verbasing. Intussen word Dini Salam aangeval deur sowat twintig duisend Arabiere en moet kolonel Le Clerq en luitenant Juin alles in hulle vermoë doen om die een wrede aanval na die ander te probeer stuit. Hulp vanaf die hoofkwartier word geweier en dit wil voorkom of fort Dini Salam verdoem is tot ’n nederlaag, maar dan gebeur daar iets baie eienaardigs onder die Arabiese hordes wat om fort Dini Salam saamgetrek is ...

Bitter hartstog

by Christine Le Roux

En in Bitter hartstog kruis Reneé en paaie tydens ’n seevakansie.

Spore na die Dood (Sahara Avontuur reeks) (Afrikaans Edition)

by Meiring Fouche

In die tweede verhaal uit die pen van Meiring Fouche het die Vreemdelegioen weereens te doen met El Karima, blanke vorstin van die Doelak volk. Sy het nog nie haar vernedering vergeet wat die lang, blonde SuidAfrikaner met die naam van Teuns Stegmann, haar ses maande gelede aangedoen het nie. Hy het toe nie net haar liefde verraai nie, maar so byna ook haar hele volk uitgeroei. Op een van hulle roetine patrollies in die warm Sahara sand, ontdek sersant Vermeer en sy manskappe twee dooie perde in die Sahara woestyn, wat deur vroue gery was. Groot is hulle skok toe hulle agterkom dat een van die vroue, die vrou is van kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam. Kort daarna daag daar ’n sjiek op by die fort en eis dat Teuns Stegmann saam met hom moet teruggaan na Doetra, die vesting van El Karima se Doelaks. In ruil sal sy dan kolonel Le Clerq se vrou vrylaat. Le Clerq weier egter die versoek en dit noodsaak Teuns Stegmann om teen sy bevoelvoerder se wens, saam met die Arabier te ontsnap uit die fort. In Doetra kom Teuns gou agter dat El Karima al haar beloftes verbreek, toe hy nie haar liefde vir hom wil beantwoord nie. Selfs nie eens toe hy die kolonel se vrou se vryheid probeer verkry, deur kaalhand met ’n reus te veg nie. El Karima besluit toe om vir Teuns en die Franse vrou van kolonel Le Clerq in Dini Salam te gaan doodmaak, deur hulle met twee perde te laat verskeur, maar dit weet die bevelvoerders van Dini Salam nie. Hulp kom egter uit ’n onverwagte oord wat hulle meedeel van El Karima se planne. Sy versoek dat die hele garnisoen van Dini Salam die fort ongewapend moet verlaat en dan eers sal sy die Franse vrou van kolonel Le Clerq vrylaat. Kaptein D’Arlan, die Houdini van die woestyn, het sy hande behoorlik vol om die manskappe en die gevangenes te probeer bevry. Asof dit nie genoeg is nie, doen kolonel Le Clerq iets wat almal die skok van hul lewens gee...

As Liefde Ontwaak (Satyn)

by Elsa Hamersma

Danielle Krause wil tyd maak om ’n speurverhaal te skryf, maar haar suster, Magdeleen, en dié se nuwe man span haar voortdurend in as gratis kinderoppasser. Dit help ook nie dat hulle ’n huis deel nie. Dani het genoeg gehad en adverteer haar dienste as “instaanmammie” in ’n buurt waar sy graag sal wil woon, met die voorwaarde dat sy nie in die oggende aan diens moet wees nie. Nooit het sy kon dink dat die ryk en aantreklike wewenaar Meyer Senekal haar sou aanstel om met sy dogtertjie, Nina, te help nie ... Maar sal Meyer ooit die tragiese dood van sy vrou kan verwerk en is daar plek in sy hart vir ’n nuwe liefde?

Eet Minder Leef Langer U Praktiese Gids Vir Kalorie Beperking Met Optimale Voeding

by Anca Ioviţă

Tydens my derde jaar in die mediese skool, het ek op ‘n aanlyn artikel afgekom oor kalorie beperking met optimale voeding. Ek het gelees oor ‘n oënskynlik eenvoudige dieët ingryping wat die gemiddelde en maksimale lewensduur van laboratorium diere soos gis, vrugte vlieë, wurms en muise verleng het. Op daardie tydstip was ek nie bewus dat sulke eksperimente reeds gedoen word op nie-menslike primate ook nie. <P><P> Eerlikwaar, ek het afgemaak as nuuskierigheid, ‘n ingryping wat ‘n effek het op eenvoudige organismes soos vrugte vlieë, maar wat nooit op sulke komplekse wesens soos ons sal werk nie. Dit was net te goed om waar te wees. <P><P> Tyd het verby gegaan en my verkeerd bewys. Gegewe ‘n vroeë kindertyd fassinasie met die grense van lewens verlenging, het ek ingenieurswese en medisyne gestudeer in ‘n poging om radikale verlengde menslike lewensduur te bewerkstellig. Na ‘n kort rukkie van navorsing oor neurale prostese in ‘n Duitse laboratorium, het ek besef dat kunsmatig ingeplante toestelle binne in die menslike liggaam nie ‘n lang termyn oplossing was nie. <P><P> Ek het huis toe gekom waar ek met my mediese residensie in geriatries begin het, die tak van medisyne wat spesialiseer in ouderdom-geassosieerde siektes. ‘n Snaakse ding het toe gebeur. Om te lees oor teorieë van oud word is een ding. Daaglikse sorg vir mense 3 – 4 keer jou ouderdom is totaal ‘n ander ding en ek het begin om die kolletjies te verbind. <P><P> Ek het opgelet dat sommige mense verouder soos wyn en ander soos asyn. Volgens hulle maer liggaamstrukture en gedetailleerde lewens stories, het dit gelyk asof kalorie inname iets daarmee te doen gehad het. Dis hoe ek die eerste woorde van hierdie boek begin tik het. <P><P> Inhoudsopgawe <P><P> Inleiding <P><P> •Basiese Beginsels Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding <P><P> •Wat U Nie In Hierdie Boek Sal Vind Nie <P><P> •Hoe Behoort U Die Boek Te Gebruik? Minder I

Ware noord

by Elsa Winckler

Evan Vos is jonk, hy speel vir die universiteit se eerste span, die moontlikheid dat hy vir die Springbokke kan speel, hang in die lug, hy het nooit 'n tekort aan 'n vrou aan sy arm nie. Dit gaan met hom goed, die lewe is 'n lied. En dan word sy hart uit sy binneste geruk. Op dieselfde dag wat hy moet afskeid neem van 'n geliefde, sien hy die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes, vir hom tekenend van sy eie omstandighede. Die skuldgevoel wat hy saam met hom dra, lê swaar op sy hart, die enigste emosie wat hy kan hanteer, is woede. En hy laat die donkerte toe om sy binneste oor te neem. Anya Breedt is in haar noppies wanneer haar pa se argiteksfirma die opdrag kry om die planne op te trek vir die herstel van die Metodiste-kerk in hulle dorp. Dis amper drie jaar nadat die pragtige ou kerkie die hele voorste fasade verloor het en die nodige fondse is uiteindelik bekom. Sy is nog meer opgewonde wanneer sy hoor sy is die projekleier. Drie jaar later speel Evan vir die Springbokspan, maar is op die krukkelys na 'n besering. Sy pa se konstruksiefirma het die opdrag gekry om die kerkie te herstel en hy vra vir Evan om tydelik as projekleier op te tree. Evan en Anya ontmoet mekaar op die perseel van die kerkie. Hulle voel aangetrokke tot mekaar, maar Evan weet met al sy bagasie kan hy nie iemand naby aan hom toelaat nie en Anya is baie versigtig na 'n mislukte verhouding. Anya aanvaar Evan is met 'n doel oor haar pad gebring, en wanneer sy hoor van sy pyn, probeer sy help. Evan besef hy moet die persoon wat verantwoordelik is vir die seer in sy lewe, vergewe, anders kan hy nie aanbeweeg nie, maar hoe doen 'n mens dit?

Refine Search

Showing 426 through 450 of 607 results