Browse Results

Showing 251 through 275 of 607 results

Die 6 WEKE van Thomas en Ella

by Zelda Bezuidenhout

DIT VOEL ASOF SY LIPPE UITEINDELIK HUL REGTE DOEL ONTDEK HET … DAT DIE DOEL VAN THOMAS SE LIPPE NOG ALTYD WAS OM ELLA SE LIPPE TE SOEN Thomas en Ella se wêrelde is ligjare van mekaar verwyder. Sy lewe in ʼn wêreld van chauffeurs en rooi tapyte, satyn en pêrels. Hy is die bywoner in die buitekamer. Die ou wat die perfekte meisie rondry; nié die ou wat haar kry nie. Maar binne net ses weke kan baie dinge verander ...

Spooksoeker

by Francois Bloemhof

WARNO ALBERTS HET NIE ʼn MAKLIKE LEWE NIE - EN DIT IS NOG VOOR DIE EINTLIKE MOEILIKHEID BEGIN. Nie net het hy ’n supergewilde ouer broer nie, hy is boonop mal oor Ziaan se meisie, Melissa. Die laaste ding wat hy nodig het, is dat hy skielik van spoke oral om hom bewus raak. Maar dis wat gebeur. Spoke maak hulle verskyning en elkeen het sy of haar eie storie. Wat gaan aan en hoekom nóú? Hoe moet Warno homself, sy gesin en sy vriend, Allies, veilig hou terwyl die gevaar al hoe dreigender word? Die spoke is allesbehalwe vredeliewend en niemand anders as Warno kan hulle sien nie, dus is hy op sy eie in dié totaal nuwe omstandighede. As Warno nie versigtig is nie, gaan hy nie met sy lewe daarvan afkom nie. Spooksoeker is ’n spannende en aksiebelaaide boek wat gewaarborg is om lesers te laat aanhou omblaai!

ZAK: Die Zenkion-Aarde-Komplot - Die Blou Planeet

by Theresa van Baalen

Mitch het ’n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets slegs. En dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp. Mitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red. In ’n ander wêreld, op die planeet Zenkion, is Imke besig om oor die Blou Planeet, Aarde, te leer. Haar ma was ’n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Al wat Imke wil doen, is om die blou waters van die Blou Planeet te sien. Sal sy die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan? Al is die planeet besig om aangeval te word … ? Mitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ruimtereise, ruimtewesens en ’n soeke na die plek waar elkeen behoort.

Huis van Gruwels: My 16 Jaar In Die Springs-hel

by Susan Cilliers

Huis van gruwels is die skokverhaal van die sogenaamde “Springs-monster” wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin weggeneem het, maar ook ’n storie van hoop oor hoe ’n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind. Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is. Sy is nou 21 jaar oud en vertel vir die eerste keer haar verstommende verhaal. In Mei 2014 het die polisie dié huis ontdek waar ’n sadistiese pa sy vrou en vyf kinders vir jare tussen vullis en rotte aangehou, getreiter en gemartel het. In ysingwekkende besonderhede onthou Landi hoe hul pa hulle aangerand, met ’n skokstok geskok, met ’n gaspistool geskiet en met ’n blaasvlam gebrand het, hoe hy martelmetodes nagevors en hulle byna in ’n bad verdrink het. Sy vertel hierdie herinneringe aan Susan Cilliers, ’n ervare joernalis, wat dit met deernis weergee en dit vernuftig met die feite van die polisie-ondersoek en die hofsaak verweef.

Haar hart se tuiskoms

by Annetjie Van Tonder

Ná Lana se egskeiding, fokus sy op haarself en haar kinders. Romanse is nie welkom in haar huis nie. Maar haar buurman, Daniël, maak met sy outydse sjarme en mooi blou oë haar hart fiks vir liefde.

Winterdroom

by Alma Carstens

Simoné is vir altyd klaar met mans, maar sy bly steeds 'n warmbloedige vrou met behoeftes. Al verpes sy Tristan Lindeque, tiek hy al haar boksies en pas hy perfek in haar plan. Sal hy instem om haar minnaar te word en al haar voorwaardes aanvaar?

As Mens GELUK Kon PROE

by Zelda Bezuidenhout

NAASWENNER VAN LAPA SE JEUGROMANKOMPETISIE 2017! Soms is geluk soos ’n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak. Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te heront-werp. ’n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees. Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar ’n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak. Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak. En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crêpes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na ’n meisie soos sy kyk nie. Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy ’n ou goudgeel kombi, ’n winkelpop genaamd Saartjie en ’n klomp fantastiese resepte begin hulle ’n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees. Maar toe Arnelia uit die bloute ’n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oë te kyk … ’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.

Die 17de Veer

by Nanette Van Rooyen

Lara werk in haar vrye tyd by ’n tatoeëersalon, en wonder soms oor die pa wat sy nooit gehad het nie. Alex het in ’n kinderhuis grootgeword en het ’n vreemde fassinasie met uile. Lara weet dit nog nie, maar haar en Alex se stories is op die punt om vir ewig verstrengel te word. En alles begin met ’n boks vol briewe wat sy in ’n hoededoos op haar ma se kas ontdek.

Na hoër hoogtes + Juweel onder sy neus (RomanzaLiefde) (Afrikaans Edition)

by Marijke Greeff Miriam Telanie

Na 'n liefdesteleurstelling doen die internasionale model, Sasha Winckler, haar voor as 'n bibliotekaresse en vlug na haar broer se plaas in die Drakensberg. Hier ontmoet sy die aantreklike buurman wat na sy egskeiding 'n afkeer van beeldskone modelle het. Hy weet egter nie wie Sasha werklik is nie.

Somersprokie

by Alma Carstens

Charlotte, oftewel Charlie, vra vir Christiaan om haar te help om haar seehuisie op te knap, maar hy besef hy sal sy gevoelens vir haar in toom moet hou want wie sê haar verhouding met James Duncan, die internasionale rolprentheld, is verby?

Lisa se geheim (Romanza)

by Lizelle Von Wielligh

Lisa oortree die belangrikste vereiste van haar skynverhouding met Roodt - sy raak verlief, en later lief vir hom. Hul skynhuwelik is haar ouers se reddingsboei, dus bêre sy haar liefde weg. Maar Roodt begin ook sy eie reëls verbreek.

Haar sprokiesprins

by Corné Van Rooyen

Belinda is oortuig dat liefde slegs vir sprokies bedoel is, nie vir doodgewone meisies soos sy nie. As haar hart net wil verstaan dat hul buurseun, Werner, iemand anders se prins is. Maar wanneer sy saam met hom is, ervaar sy ’n vreemde tintelende sensasie en woon daar skielik vlinders in haar maag.

Lenteliefde (Afrikaans Edition)

by Alma Carstens

Milan keer ná haar suster se dood terug na SA om haar swaer en sy kinders by te staan. Ou gevoelens begin weer blom, maar wat steek Etienne vir haar weg? Mag Milan hoop op liefde in die lente?

Liefste Tinktinkie (Afrikaans edition)

by Corné Van Rooyen

Verbode liefde (Romanza)

by Alma Carstens

Zoey ontmoet die enigmatiese dokter Jano Marnitz terwyl sy met vakansie in Parys is. Hy ontwikkel 'n obsessie om haar gesig, wat in 'n motorongeluk geskend is, te herstel. Het hy dalk gevoelens vir haar of is dit slegs sy doktersinstinkte wat inskop?

Held in 'n voorskoot (Afrikaans Edition)

by Madelie Human

Vermis

by Jeanette Stals

Toe ’n Londense ma en pa een oggend in Stellenbosch opstaan, is hulle dogter net weg uit haar kamer in die gastehuis waar hulle tuisgaan. Tieners doen sulke goed. Hierdie een is nie ’n uitsondering nie, al is sy ’n belowende violis. Maar dis gou vir speurder-sersant Luna Joubert duidelik dat hierdie meisie teen haar wil hier weggeneem is en nie gaan terugkeer nie. Dit is net die begin van ’n nagmerrie vir die twee ouers en die meisie. Luna maak nie op instink staat nie – altans, nie net daarop nie – maar iets omtrent die ouers se beste vriend in hierdie stad is ook nie pluis nie. Of is dit met die vriend en die ma wat die fout is? Hoekom het die verdwene meisiekind se ouers nie geweet van haar nagtelike besoekie die aand voor sy weggeraak het nie en het hulle inderdaad nie geweet nie? Toe moetiemoorde en seksslaafhandelaars genoem word, blyk dit die werklikheid kan veel erger as bespiegelings wees ... Jeanette Stals het ná ligter romans haar hand beproef aan die speurroman. Vermis volg op Katoog, waarin Luna haar verskyning gemaak het. Die volgehoue spanning en aksie in Stals se speurromans hou haar leser gevange van begin tot einde.

Kristel se Bosbewoner (Romanza)

by Rika Du Plessis

Die laaste ding wat Kristel verwag toe sy op haar plaas instap, is Zac − moeilik, aantreklik en volgens hom die eienaar van Groen Eike. Noodgedwonge moet hulle tydelik saamwoon, maar hulle is dadelik haaks of is dit eerder liefde met die eerste oogopslag? The last thing Kristel expects when she arrives at her farm is Zac − strenuous, attractive and according to him, the owner of Groen Eike. Forced to temporarily live together, they are immediately at odds or is it rather like love at first sight? **

Sielsiek (Afrikaans Edition)

by Carla van der Spuy Henk Swanepoel

Die Psige van Suid-Afrika se koelbloedigste misdadigers

Joune Vir Altyd (Romanza)

by Alma Carstens

Melani is terug op Wiesenhof om haar ouers by te staan. Ná ’n tyd in New York het haar voorkoms totaal verander en is lelike Melani van ouds nou beeldskoon; soveel so dat die onstigtelik aantreklike Rudi haar aanvanklik nie herken nie. Ondanks alles laat Rudi steeds Melani se sinne duisel. Hulle word weer vriende, maar Melani is katvoet vir hom, want sy glo hy sal haar net weer seermaak, soos destyds. Sy sal veel eerder met die betroubare Brett trou. Sal Rudi betyds tot sy sinne kom? Sal hy sy trots in sy sak steek en vir Melani kan vertel hoe hy werklik oor haar voel, of is dit neusie verby vir hulle?

Liefste kollega (Afrikaans Edition)

by Joléne De Koningh

Daar is ’n vonk tussen haar en haar nuwe baas en Ani weet haar hart is in gevaar. Wanneer Igna haar volgens ’n ou Suid-Amerikaanse wyse vra om te trou, het sy tien dae om hom die jawoord te gee …

Ver anderkant Wiesenhof (Romanza)

by Alma Carstens

Tien jaar gelede het Kara Nikla se hart gebreek toe sy hom vir 'n ryk Engelsman gelos het. Nou moet sy bakhand na Wiesenhof terugkeer en Nikla is al een wat vir haar werk het. Maar voel hy ook steeds dieselfde oor haar?

Swartval

by Martin Steyn

Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Hy het teruggekom. En hierdie keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets te vat. Vir haar. En nou word Claire Winters iewers in ’n sel van sement gevange gehou. Eers plaas sy haar hoop op haar speurderbroer. Hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog ’n lang, donker dag eindig met ’n toebroodjie en ’n glas water en Derek kom nie. Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voordat haar verstand heeltemal in die swart van die kelder oplos. Die enigste uitweg is deur haar ontvoerder. Want hy het die kelder se sleutel. Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word.

Mishandel, Misbruik, Misken

by Carla van der Spuy

'n Uitsonderlike en ware verhaal van genesing.

Verlief op die baas

by Madelein Stoltz

Christi Lombard sal nie soos haar voorganger verlief raak op die baas nie – sy en haar gesin het hierdie werk broodnodig. Haar baas Darius, en haar hart, hou egter nie by die reëls nie.

Refine Search

Showing 251 through 275 of 607 results