Browse Results

Showing 276 through 300 of 607 results

Middernagsoene

by Alma Carstens

Giselle is doodgelukkig met haar lewe, en van liefde wil sy niks weet nie, want dis bloot vlietend en laat gebroke harte agter. Toe sy dokter Ben Joubert ontmoet, kan sy nie verstaan hoekom haar hele wese op so ’n vreemde manier op hom reageer nie. En die begeerte om die hele tyd by hom te wees? Sy kan tog sekerlik nie verlief wees nie, al sê haar vriendinne ook dis presies wat haar “makeer”. Ben se soene die naweek by die see verander haar siening van die liefde, maar wat van vervelige Frik, haar kêrel? En die meisie wat Ben in die oog het? Sy het immers ’n verantwoordelikheid teenoor hulle ook, of maak sy ’n fout?

Asem

by Jan Vermeulen

’n Aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.

Altyd somer (Romanza)

by Annetjie Van Tonder

Ricardo kom bied werkwinkels oor bonsaikuns by Philna se oupa se kwekery aan. Die bonsaimeester maak haar subtiel die hof en wen onherroeplik haar hart. Maar wie is die vrou en seun in die foto wat hy oral saam met hom dra?

Katoog

by Jeanette Stals

Luna, ’n jong speurdersersant, moet die saak oplos van ’n meisie wie se lyk in ’n riviertjie gekry word. Maar wie is die meisie, met wie het sy kontak gehad en waar het sy vandaan gekom? Aanvanklik lyk dit nie of Luna eens hierop antwoorde gaan kry nie, tot ’n verwaarloosde meisietjie van haar afhanklik raak en haar onwetend op ’n spoor plaas. Dit bring egter net nuwe probleme. Luna raak bewus van ’n motorfietsryer wat net te dikwels agter haar op ’n openbare pad verskyn, later voor haar woonplek, en hy probeer nie juis onopsigtelik wees nie. Die dwelmwêreld wat voor haar oopmaak, is ook nie ’n verwikkeling waarop sy gereken het nie. Luna word terselfdertyd gekonfronteer met kennis uit haar persoonlike verlede wat al net ’n vae herinnering geword het. Is luitenant Johan Botha wie sy dink hy is?

Kortpad na haar hart (Romanza)

by Jolene De Koningh

Marna besluit om haar nuwe buurman, Braam, ’n les te leer. Sy wat boerin is, staan terug vir niemand nie ... maar toe sy hom die eerste keer sien, weet sy hier’s moeilikheid, want haar hart roep na syne.

Amper 'n bruid

by Magdaleen Walters

Wanneer 'n bedrogspul oopgevlek word, vlug Michelle se pa na Mosambiek. Haar verloofde, Toni, verbreek hul verlowing en Michelle is skielik haweloos. Ben neem haar onder sy vlerk in, maar hoe lank sal sy haar groeiende gevoelens vir hom kan wegsteek?

Lem (Afrikaans Edition)

by Peet Venter

Hy is hardegat, bots met gesag en word uit die weermag ontslaan. Dan word hy 'n huursoldaat, raak betrokke by 'n staatsgreep wat skeefloop en beland in die tronk, maar hy het sensitiewe inligting weggesteek en dit kan baie ongemaklik wees vir die manne wat hom uitgelewer het.

Bruid in die Amasone

by Roudéne Le Roux

Kaptein Meyer du Pisanie, eienaar van die lugvaartmaatskappy SAL, wil die maatskappy se nuwe lugvaartingenieur Nick Buitendach ontmoet. Maar dan blyk Nick 'n vrou te wees en die vonke spat behoorlik ... op meer as een terrein!

Onbereikbaar Ver

by Anna Penzhorn

Daleen Joubert beland op die dorpie van haar grootwordjare. Sy loop haar vas in haar eerste liefde en daar ontstaan weer ’n band tussen haar en Dawid Hofmeyr. Maar Dawid is aan die beeldskone Delia verloof.

Tyd sal leer

by Alma Carstens

Sienna gaan soek 'n uitkoms vir haar probleem in Malawi. Gou is haar besoek veel meer 'n avontuur as 'n vakansie. Is Marco die oplossing vir haar probleem en die sleutel tot haar vryheid?

Bloed Op Haar Hande: Vroue Agter Tralies

by Carla van Der Spuy

Wat laat vroue moor? En hoe voel dit om ’n sel met moordenaresse te deel? Carla van der Spuy besoek vier vrouetronke reg oor Suid-Afrika en klim in die koppe van vroue wat geweldsmisdade gepleeg het. Sy kuier by die babas gebore agter tralies, vier Kersfees in die tronk en gesels van aangesig tot aangesig met mesmoordenaresse, huurmoordenaresse, ’n kleptomaan en prostituut. Vrouens met bloed op hulle hande. Wat het so verskriklik skeef in hul lewens geloop? En is daar ’n mens agter die misdadiger?

Skuldig

by Martin Steyn

As die dood onverwags en gewelddadig kom, is dit regtig beter om vinnig, sonder lyding, saam te gaan? Het die meeste mense nie daardie oomblikke nodig om te bely en vergifnis te vra nie? 'n Middeljarige tandarts, tereggestel in sy sitkamer. Teen die muur, een woord. In bloed. Adjudant Colin Menck kyk na die "skoon" toneel en hy is oortuig dis 'n professionele moordenaar se werk. Wie het hom gehuur? Die hoofverdagte is die slagoffer se vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen om so 'n dood te verdien? Minder as 'n week later staan Menck weer voor 'n muur met sewe bloederige letters. Die enigste verbintenis tussen die twee slagoffers is nog 'n ongelukkige vrou, 'n eks hierdie keer, hulle seuntjie 'n twispunt. Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier. En iemand uit 'n hoofstuk in sy lewe waarvan hy eerder wil vergeet. Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog SKULDIG in hulle eie bloed skryf? Martin Steyn het in misdaadfiksie gedebuteer met Donker spoor wat groot lof uitgelok het. En Steyn gaan verder, hy deursoek die bose sowel as die geregtigheid en die verminkte wêreld waarin al twee die botoon wil voer.

Afkop

by Fanie Viljoen

Alles gaan oukei wees, het Decker gesê. Hy was verkeerd. ’n Wilde partytjie. ’n Gesteelde kar. ’n Jaagtog wat in chaos eindig. ’n Sak vol geld. Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná ’n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met ’n wilde jaagtog en ’n motorongeluk eindig, word Trent met ’n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? En kan hy regtig sy vriende vertrou? In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!

Kaapse Draai

by Alma Carstens

Lani gaan Kaap toe om vir 'n maand lank saam met 'n wildvreemde boer op sy plaas te bly. Maar waarom sou 'n man wat so aantreklik is, dit nodig vind om vir 'n vrou te adverteer?

Marlet se droomman

by Bets Smith

Haar droomman loop haar lewe in sonder dat Marlet dit beplan het. Hy is alles wat sy ooit wou hê. Maar hy weet nie van die donker geheim in haar lewe oor waar sy vandaan kom nie. Al wat hy van haar weet, is dat sy suksesvol en kreatief en vir hom die dierbaarste ding is. Dit skok haar dat hy ook nie is wie sy gedink het hy is nie. En dat hy blykbaar meer van haar weet as waarvan sy bewus was. Met haar liefdesdrome sowel as haar professionele drome aan skerwe, bly daar nie vir haar veel oor nie. Maar 'n droomman gee nie so maklik iets kosbaars prys nie.

Selfone, Skelms en sjokolade: @@@center@@@Selfone, Skelms en sjokolade

by Nerine Ahlers Alet Steenkamp

Lindie en haar maats se skooltermyn skop af met allerhande probleme. Wie is die twee geheimsinnige mans wat agter Lindie en Talita aan is – en wat wil hulle hê? En dan is daar nog Gina se katastrofiese nuwe haarstyl, Matrone wat ’n sjampanjebottel ontdek het en vasbeslote is om die skuldiges uit te snuffel, en die aantreklike Diaan met die kuiltjies wat Lindie se bene lam maak…

Duskant die Doodlyn: @@@center@@@DUSKANT DIE DOODLYN

by Jaco Jacobs

Duskant die doodlyn verskyn nou met 'n splinternuwe baadjie! Jong rugby-entoesiaste van 10 jaar en ouer sal gaande wees oor Werner en sy avonture. Werner en sy vriende leef vir rugby. Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hulle aartsvyande 'n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip? En hoekom lyk dit of iemand sy mes inhet vir Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reels speel nie en Werner-hulle beland in groot gevaar.

Donker Spoor

by Martin Steyn

Dis altyd asof daar 'n lig in 'n ouer uitgedoof word wanneer 'n kind vermoor word. Om die tienermeisies wat hy ontvoer te verkrag is nie genoeg nie. Hy martel hulle, hang hulle dan. Drie, vier van hulle. Later meer. Dit is op hierdie monster wat adjudant-offisier Jan Magson jag maak. Tot die reeksmoordenaar gevang is, moet Magson ma's en pa's in die oë kyk, hulle vrae beantwoord. En hy kan nie. Hy kan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. Want agter hom lê ook 'n donker spoor wat sy seun van hom vervreem het. Daar is meer vrae. Die polisie se onmag om die gemeenskap teen hierdie boosheid te beveilig haal hoofopskrifte. 'n Ma se hartverskeurende brief aan die moordenaar verskyn in die koerant. 'n Pa wil 'n losprys betaal. En telkens beland die soektog op 'n dwaalspoor, wat nog boosheid oopvlek.

Formuleliefde

by Marijke Greeff

Formule-een-wereldkampioen Jarod Hunter verpes die media, maar hy laat Catherine Hunter, 'n joernalis, onder valse voorwendsels naby hom toe. Hy kan haar nie weerstaan nie ... totdat hy sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees.

Ridder vir Jenny (Afrikaans Edition)

by Vera Wolmarans

Jenny kies ’n houthuisie op Seehondbaai om haar eerste roman te gaan skryf. Sy vorder egter nie juis nadat sy en ’n te aantreklike man se paaie gekruis het nie. Is hy regtig getroud?

Die 13de kaart (Afrikaans Edition)

by Madelein Rust

Belia Bell is 'n Bloemfonteinse forensiese sielkundige wat die polisie moet help om 'n reeksmoordenaar vas te trek. Hy is 'n formidabele teenstander; hoogs intelligent, vreesloos en onvoorspelbaar. Dit word gou duidelik dat die moordenaar vir Belia gekies het om die hoofrol te vertolk in sy makabere speletjie. Haar taak word verder bemoeilik deur die teenwoordigheid van kaptein Jack Butler, hoof van die taakspan en haar gewese minnaar. Jack is intussen getroud met iemand anders, maar die vonk tussen hom en Belia is onbetwisbaar. Terwyl sy teen die moordenaar kragte meet, stry sy ook teen die begeerte om Jack weer vir haar te vat. Die moordenaar se slagoffers hoop teen 'n frenetiese pas op, terwyl Belia koorsagtig daaraan werk om 'n profiel op te stel en sy kriptiese leidrade te ontsyfer. Sy word beloon met 'n groter oes van dooies en meer vrae as antwoorde. Watter rol speel die Tarot? Hoe pas die getal 13 by alles in? Waarom het die moordenaar juis vir haar gekies as teenstander?

Uit

by Fanie Viljoen

Vir julle wat soek. Vir julle wat wil moed opgee. En vir julle wat weet dat dit uiteindelik beter word.

NOVA 5 EINDSPEL

by Fanie Viljoen

Lucas Niemand se hele lewe het verander een nag toe hy 'n vreemde ruimtetuig gesien het. Hy en sy vriende Duart, Ayanda, Olive en Brandon het reeds 'n reeks skrikwekkende avonture agter die rug. Lucas ken nou die Nova-weermagbasis se geheime. Hy weet wie die geheimsinnige Sterreloper is.

Sepiesterre, Sokkies en Skobbejakke

by Nerine Ahlers Alet Steenkamp

Lindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan amazing wees – en iemand gaan gekies word om in ’n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle ’n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe drama-juffrou is …

Luca se obsessie

by Alma Carstens

Miranda weier om net nog 'n merkie te word op die kerfstok van 'n lenige Italianer wat op 'n dag haar bloemiste binnestap. Liefde is nie vir haar onderhandelbaar nie. Vir hom blykbaar ook nie.

Refine Search

Showing 276 through 300 of 607 results