Browse Results

Showing 326 through 350 of 607 results

Hoe om jou geliefde te behaag ( op 'n 100 verskillende maniere)

by Bernard Levine

Liefde groei wanneer jy iemand laat weet dat jy omgee.  Hoe om jou geliefde te behaag is gevul met baie opwindende, romantiese verrassings om jou geliefde baie spesiaal te laat voel.  Die vreugde van lewe, is in gee.  Bederf jou geliefde met sommige van hierdie romantiese idees en kyk hoe jou liefdeslewe sissend sal raak met ekstase en passie!

Hoe om Die Perfekte Tertdeeg te Maak - Elke Keer

by Corlia Jones Vicky Wells

Victoria Huis Bakkery Geheime Hello, ek is Victoria en ek is lief daarvoor om te bak. My huis is altyd gevul met die reuke van varsgebakte brood, pasteie, koeke en hartige lekkernye. Ek wil met jul deel, nie net ‘n paar resepte nie, maar die ware geheime tot suksesvolle bak. In hierdie reeks gaan ek die wenke en toertjies deel wat ek geleer het uit baie jare se tertdeeg, deeg en beslag maak. Dit is tyd om jou pakkies koek mengsels en bevrore brooddeeg. Haal die eiers, melk en meel uit en skep jou eie varsgebakte lekkernye. Hoe om die Perfekte Tertdeeg te Maak Watter beter plek om te begin as om die geheim te leer om elke keer perfekte tertdeeg te maak. Gebruik hierdie maklike, dog verbasend anderse, tertdeeg resep en jou tertdeeg sal altyd perfek wees. Volg die gedetailleerde, stap-vir-stap instruksies en jy sal elke keer ‘n heerlike, bros deeg maak. Ek sal jou selfs wys hoe om oorblywende tertdeeg stukkies te hergebruik, ongebruikte tertdeeg te stoor, blindgebakte (leë) tertdoppe te bak en meer. As ‘n spesiale lekkerny het ek my bekroonde appeltert resep, my gunstelling bottertertjie resep en instruksies oor hoe om hierdie tertdeeg te gebruik om ‘n biefstuk-en-niertjie-pastei te maak.

Hoe om aan Jode te getuig oor Jesus ... wat Christene moet weet

by Bernard Levine

Hoekom het ek die Joodse geloof gelos vir Jesus? Wat is van die vreemde Joodse tradisies? Hoe getuig jy aan Jode oor Jesus?  Laat die raaisels onthul word en die waarheid gespreek word!

Hipus

by Erick Carballo

Nadat hy deur 'n golf na die strand gegooi is, word 'n seeperdjie in angs gered deur 'n sesjarige seun wat hom op sy beurt huis toe neem en sodoende vinnig herstel.

Het jy gehoor daar gaan pryse in die hemel uitgehandig word?

by Bernard Levine

As God al die glorie wat op ons wag aan ons bekend moet maak, sal dit ons verstand te bowe gaan.  Watter pryse sal jy in die hemel ontvang?  Gaan jy 'n prys ontvang?  As jy die Here Jesus getrou gedien het, sal hierdie 'n tyd van groot lofprysing wees omdat jy wonderlike belonings sal ontvang. 

Held in 'n voorskoot (Afrikaans Edition)

by Madelie Human

Hartsnaar

by Cecilia Steyn

Sophia droom om eendag prima ballerina assoluta re wees. Sy en Noah is al beste vriende vandat hulle in doeke is en in matriek doen hulle saam aansoek om n somerskool in Londen by te woon: hy by die Royal Academy of Music en sy by die Royal Ballet School. Maar dan word Noah se ma siek en hy besluit om te bly. Sophia sou nooit droom om sonder Noah Londen toe te gaan nie, maar non is alles anders. Ná wat met haar gebeur het, is dit dalk die perfekte tydom weg te kom. Dalk sal sy dan regtig weer oukei wees ... Noah is Sophia se skouer om op te huil. Hy is daai ou. Die geek wat toor met rekenaars en 'n viool se snare. Sophia is die enigste meisie wat hy ken wat versot is op Star Wars en boonop vir Dracula bo Edward Cullen verkies. Haar groot groen oë is sy gunstelingplek op aarde. Maar hoe kan hy vir sy beste pel sê hy is verlief op haar sonder om hulle vriendskap op te foeter? En wat weet ‘n nerd nou van 'n meisie se voete onder haar uitslaan? Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!

Hartklop

by Cecilia Steyn

Vandat Megan kan onthou maak haar broer se beste vriend, Dewald, haar knieë lam. Elke keer as sy horn sien voel haar binnegoed soos iets wat so pas deur ’n wasmasjien se spinsiklus verrinneweer is. Nou is Stefan en Dewald op universiteit en slaan gio al die meisies se voete onder hulle uit, terwyl Megan vasberade is om haar matriekjaar te geniet. Maar wanneer Dewald saam met Stefan opdaag om die Desembervakansie op Paternoster deur te bring, sukkel sy al hoe meet om haar gevoelens weg te steek. Dis net jammer haar oorbeskermende broer sal nooit toelaat dat daar iets tussen haar en Dewald gebeur nie. Vir 'n groot gedeelte van Dewald se hoërskoollewe het Megan eike aand die hoof-rol in sy drome gespeel. Eers was sy net Megan, sy beste pel se kleinsus, maar elke jaar moes hy toekyk hoe sy uit haar awkward stages groei en net mooier en mooier word. Hy kan skaars gio dat sy so diep onder sy vel kon inkruip. Maar Guy Code 101, soos almal weet, sê jy date nie jou beste pel se kleinsus nie ... Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!

Hartedief Tienerharte 3

by Cecilia Steyn

Lisa is klaar met Thomas se leuens. Vir drie jaar was hulle smoorverlief — maar dit was voordat hy bom aan dwelms oorgegee het en nou is háár lewe ’n totale gemors. By die Elizabeth Gallaway Akademie vir modeontwerp in Stellenbosch probeer Lisa ’n nuwe lewe begin, maar hoe kan sy vlug van die donker geheim wat sy met haar saamgesleep het? Wanneer sy weer vir Estian, met sy onweerstaanbare groen oë, raakloop, word dinge nog meer gekompliseerd. Sy kan beslis nie nou by iemand betrokke raak nie. Dit mag dalk net sy lewe kos ... Estian is oortuig Lisa is die een vir hom. Sy weet dit net nog nie. Die eerste keer wat hy haar gesien het, het sy die suurstof uit sy longe gesteel. Maar toe hy oor haar uitvra, het almal net die onderwerp verander. Noudat h u I Ie paaie weer gekruis het op Stellenbosch, gaan hy haar beslis nie weer deur sy vingers laat glip nie. Hy sal Lisa Malan se gehetme een vir een ontrafel. Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsyl

Hartedief

by Rudie Van Rensburg

Opsomming ’n Berugte reeksmoordenaar jag by stormweer onder die Kaap se vroue, en dis Rooi en Kassie wat hom moet vastrek. Maar hoe spoor jy ’n miljoenêr-ontsnappeling op wat die polisie al jare lank ontglip, geen digitale spoor los nie, nie eens ’n selfoon besit nie en hope vals ID’s het? En boonop sy slagoffers se harte steel deur hulle net een kyk te gee? Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Om vlerk te sleep is nie vir sissies nie, en sy eie hart is in gevaar. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas by die Spesiale Spookeenheid daarvan verdink dat sy hul ondersoek doelbewus in die wiele ry. Kassie weet hy moet haar onskuld bewys. Intussen word nóg Kaapse vroue wreedaardig vermoor wanneer daar onweer broei.

Harte van Glas

by S Partridge D Lourens

Zukile Mbane meet afskeid neem van alles wat bekend is. Hy trek saam met sy ma en boetie stad toe om by sy oom te gaan bly. Zukile is bekommerd oor al die veranderings in sy lewe — en boonop gaan hy nog hoërskool toe ook! Al is die stadslewe opwindend kom Zukile gou agter dat als wat blink nie goud is nie! Sy ma sukkel om aan te pas by hulle nuwe omgewing en sy oom se gesin lyk ook nie aldag gelukkig oor die saambly-ooreenkoms nie. Dis vir almal moeilik om aan die vreemde omstandighede gewoond te raak. By die nuwe skool aangekom, kom Zukile gou agter dat sy skoolwerk nie heeltemal op datum is nie. Een ligpunt is dat Lindiwe se gesin ook stad toe getrek het en gou kuier die twee vriende weer saam. Zukile ontdek dat hy 'n goeie sokkerspeler is en die sportsoort help hom om al die frustrasies wat skool, familie en vriende teweeg bring, baas te raak. Die jaar eindig op 'n hoogtepunt vir hom en Lindiwe. Al die interessante gebeure in Zukile en Lindiwe se wêreld sal dit vir jou moeilik maak om die boek neer te sit! Ook beskikbaar in hierdie reeks: Nee is ook 'n antwoord Die Stad van Goud

Hartbreker: Tienerharte 2

by Cecilia Steyn

Stefan vry graag in die bondel. Hy is definitief nie ’n on vir commitment nie. Selfs mooi blondines soos Surette sukkel om sy aandag te hou. Maar sy suster se vriendin, Ciska, is beslis nie soos ander meisies nie. Haar rooi hare is net so rebels soos sy en as sy vir hom kyk, kry hy ’n snaakse pyn oor sy hart. Amper soos sooibrand. As ’n dokter hom sou vra, sou hy moes erken hy het hierdie gevoel al van Desember af toe Ciska Rossouw in sy lewe ingestap het. Maar vir die rekord: Hy is nie verlief nie en hy sal ook nooit verlief raak nie. Ciska wil nooit van'n man afhanklik wees nie. Sy het’n sewejaarplan om haar studies klaar te maak en te begin werk. Dán eers sai sy weer'n verhouding oorweeg. Een geknakte ego is in elk geval genoeg om haar’n leeftyd te hou. Geen man sal ooit weer oor haar hart dans nie, daarvoor sal sy sorg. Want ouens soos Stefan grower is gevaarlik. Veral met sy tergende glimlag en die aantreklike kuiltjie in sy ken ... Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!

Hartbeespoortdam

by B.K. de Beer

Bertus de Beer was 'n boer langs die Krokodilrivier net 'n paar kilometer aan die onderkant van die Hartbeespoortdam. Daarom bied hy aan ons 'n unieke perspektief van die geskiedenis van “DieDam” en hoe afhanklik die boere was van die water uit die dam. Hierdie is die volledige teks van Hoofstuk 18, uit B. K. de Beer se boek: Agter die Magalies. Die eerste aantal hoofstukke is reeds beskikbaar en soos ons die proeflees en voorbereiding afhandel sal die ander stelselmatig bygevoeg word.

Hans gee Herklaas horings

by Rudie Van Rensburg

Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie, is òp van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos – en dit met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy vriend Vasie hom dus nooi vir ʼn vakansietjie op Hermanes, as huisgaste van die se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy safaripakke te pak. Op Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe hotel – maar Herklaas wil nié verkoop nie. Wanneer Grond en sy kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe – Herklaas moet ʼn stel horings kry, en vir Goud trompop loop! Hans steek die Rubicon oor was ʼn topverkoper, en Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van die lag.

Halwehuisliefde

by Alma Carstens

Babette se buurman is nie haar tipe nie, al is hy Blind Justice se lead singer, waaroor almal blykbaar gaande is. Dis net dat hy ’n ander mens van die verhoog af is ...

Halo

by Francesco Falconi Elmarié Smal

"Halo" is die eerste soort vreemde verhaal van Francesco Falconi. Met 'n huldeblyk aan Kafka se Metamorfose, die storie saamgevat in 'n paar bladsye oor 'n leeftyd, familie dramas, pyn wat nooit sal verdwyn nie. Tot op die laaste oomblik. Tot die ontdekking van onsself en van die lig.

Haar vreemde besoeker (Afrikaans Edition)

by Bep Du Toit

Ingrid kan uiteindelik nie met die man trou wat so onwillig was om te trou nie. Sy word oornag die voog van haar suster se twee kinders. Maar hulle het ’n ryk en aantreklike oom …

Haar sprokiesprins

by Corné Van Rooyen

Belinda is oortuig dat liefde slegs vir sprokies bedoel is, nie vir doodgewone meisies soos sy nie. As haar hart net wil verstaan dat hul buurseun, Werner, iemand anders se prins is. Maar wanneer sy saam met hom is, ervaar sy ’n vreemde tintelende sensasie en woon daar skielik vlinders in haar maag.

Haar hart se tuiskoms

by Annetjie Van Tonder

Ná Lana se egskeiding, fokus sy op haarself en haar kinders. Romanse is nie welkom in haar huis nie. Maar haar buurman, Daniël, maak met sy outydse sjarme en mooi blou oë haar hart fiks vir liefde.

Haar ander helfte (Afrikaans Edition)

by Annetjie Van Tonder

Vandat Corneli die dokter Alberto del Piero ontmoet het, woel vreemde emosies in haar. Toe sy ma ingryp met ’n verhaal uit die Tweede Wêreldoorlog, besef Corneli sý sal hulle liefde in die kiem moet smoor.

Groot blou bus

by Fanie Viljoen Mango Tree

Leesboek: Eerste Paragrawe

God van Abraham, Isak en Jakob

by Gabriel Agbo Mignionette Fair

God se verbondsbeloftes stel nooit teleur nie. Hierdie boek sal jou help om al God se beloftes vir jou lewe te bereik. Dit is ʼn omvattende studie met persoonlike getuienisse oor die vermoë en gewilligheid van God om al Sy woorde rakend ons uit te voer. Hy het gesê Hy waak oor Sy woorde om hulle te laatgeskied. In hierdie boekkyk ons krities na die dinamika van ʼn goddelike belofte en hoe dit tot stand kom, in stand gehou en versorg word tot verwerkliking. Elke verbondsbelofte het ʼn begin, tydsberekening en voorwaardes. Ons moet dit altyd onthou om in staat te wees om perfek en gemaklik by God se wil vir ons lewens in te skakel. Inderdaad, by God is alles moontlik!

Gesteelde liefde

by Anna Penzhorn

Romanza

Refine Search

Showing 326 through 350 of 607 results