Browse Results

Showing 351 through 375 of 607 results

Hartbreker: Tienerharte 2

by Cecilia Steyn

Stefan vry graag in die bondel. Hy is definitief nie ’n on vir commitment nie. Selfs mooi blondines soos Surette sukkel om sy aandag te hou. Maar sy suster se vriendin, Ciska, is beslis nie soos ander meisies nie. Haar rooi hare is net so rebels soos sy en as sy vir hom kyk, kry hy ’n snaakse pyn oor sy hart. Amper soos sooibrand. As ’n dokter hom sou vra, sou hy moes erken hy het hierdie gevoel al van Desember af toe Ciska Rossouw in sy lewe ingestap het. Maar vir die rekord: Hy is nie verlief nie en hy sal ook nooit verlief raak nie. Ciska wil nooit van'n man afhanklik wees nie. Sy het’n sewejaarplan om haar studies klaar te maak en te begin werk. Dán eers sai sy weer'n verhouding oorweeg. Een geknakte ego is in elk geval genoeg om haar’n leeftyd te hou. Geen man sal ooit weer oor haar hart dans nie, daarvoor sal sy sorg. Want ouens soos Stefan grower is gevaarlik. Veral met sy tergende glimlag en die aantreklike kuiltjie in sy ken ... Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!

Hartklop

by Cecilia Steyn

Vandat Megan kan onthou maak haar broer se beste vriend, Dewald, haar knieë lam. Elke keer as sy horn sien voel haar binnegoed soos iets wat so pas deur ’n wasmasjien se spinsiklus verrinneweer is. Nou is Stefan en Dewald op universiteit en slaan gio al die meisies se voete onder hulle uit, terwyl Megan vasberade is om haar matriekjaar te geniet. Maar wanneer Dewald saam met Stefan opdaag om die Desembervakansie op Paternoster deur te bring, sukkel sy al hoe meet om haar gevoelens weg te steek. Dis net jammer haar oorbeskermende broer sal nooit toelaat dat daar iets tussen haar en Dewald gebeur nie. Vir 'n groot gedeelte van Dewald se hoërskoollewe het Megan eike aand die hoof-rol in sy drome gespeel. Eers was sy net Megan, sy beste pel se kleinsus, maar elke jaar moes hy toekyk hoe sy uit haar awkward stages groei en net mooier en mooier word. Hy kan skaars gio dat sy so diep onder sy vel kon inkruip. Maar Guy Code 101, soos almal weet, sê jy date nie jou beste pel se kleinsus nie ... Elke verhaal in die Tienerharte-reeks is propvol aksie, hartstog en drama wat jou vasgevang sal hou tot die laaste bladsy!

Ella Neser 01 - Die verdwyning van Billy Katz

by Chris Karsten

Moordspeurder Ella Neser is terug. Erg hees en met ’n bewing in haar hande wat sy nie vir kolonel Silas Sauls kan wegsteek nie. Maar sy is verbete om haar ou self te herwin. Wanneer sy aangesê word om die spoor te vat van vier geamputeerde voete, ontmoet sy die onkonvensionele oud-speurder Lou Pepler, wat twee dekades gelede die verdwyning van Billy Katz moes probeer oplos. Wat het ’n begrafnisondernemer gemeen met Billy se verdwyning soveel jaar gelede? En is stink Attie regtig verantwoordelik vir die vier linkervoete wat in ’n Checkers-sak in die Botaniese Tuin gevind is? Lou is bereid om Ella met haar voetesaak te help. Maar, soos sy alte goed weet, is niks in die lewe verniet nie ... En aantreklike Lou Pepler, met ’n voorliefde vir beetsap en sampioene (nie net die gewone eetbare soort nie), is ook ’n man vol geheime.

Kosbaar soos die lewe

by Christine Le Roux

Kosbaar soos die lewe: Elizabeth Benade wonder of sy die regte ding gedoen het om haar werk by die rekenaarfirma te bedank en as huidhoudster te gaan werk vir die moeilike dokter Richard Nel. Sy seuntjie is ʼn handvol, maar dis duidelik dat die kind smag na warmte en liefde. En dis nie lank voor Elizabeth haar oor hom ontferm en betrokke raak by hierdie pa en seun se lewe nie.

Skrapnel

by Irma Venter

Fiksie: Joernalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy 'n storie oor 'n mynsindikaat dek. Sarah, Alex se kuberkraker-vriendin, volg Ranna Abramson se spoor na Indië, waar sy skuil van die gereg. Volgens Sarah is Ranna, vryskutfotograaf en Alex se groot liefde, die enigste een wat Alex kan help. Maar hoe hou die dood van Ranna se pa jare gelede verbrand met Alex se verdwyning? Iewers in Ranna se herinneringe lê doe leidraad om 'n lank vergete misdaad op te los, maar sal sy dit herken as sy nie eens weet waarna sy soek nie?

Die blou uur

by Christine Le Roux

In Die blou uur, besef die speurverhaalskrywer Klarissa du Toit dat haar man se werk as kriminoloog besig is om ’n wig tussen hulle in te dryf, en sy vertrek na Skotland om oor haar toekoms te dink.

Ranna03_Sondebok

by Irma Venter

Adriana vra Ranna en Alex om onder die dekmantel van joernalistiek die storie van ’n jong vrou onder haar beskerming te ondersoek. Dit bring hulle op die spoor van ’n ou misdaad – die verdwyning van ’n talentvolle jong kunstenaar wat in haar matriekjaar spoorloos verdwyn het. Die meisie se destydse kêrel en haar kunsonderwyser is verdink, maar die saak is nooit opgelos nie. ’n Foto van die meisie naby ’n aborsiekliniek in Johannesburg speel ’n kardinale rol. In die foto kyk sy oor haar skouer, asof sy bang is sy word agtervolg. Alex dek ook ’n storie oor ’n jong onwettige immigrant wat van vervolging in sy eie land gevlug het om ’n nuwe lewe in Suid-Afrika te maak. Maar xenofobie dreig om sy drome te verwoes. AJ Williams is op dertig kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok. ’n Foto van Ranna in Pretoria sit AJ op dié se spoor.

'n Wereld sonder hom

by Christine Le Roux

Nicoline is dertig maar al die mans wat op haar verlief raak, verveel haar gou. Maar wanneer sy haar broer in die hospitaal besoek en haar ontferm oor die ander pasiënt in sy saal, neem haar lewe ’n ander wending.

ORION

by Deon Meyer

Oudpolisieman Zatopek van Heerden moet die asse van 'n dooie ondersoek wegblaas op soek na 'n kooltjie wat nog gloei: 'n Middelklasmeubelhandelaar is met 'n blaasvlam gemartel en toe met 'n M16 doodgeskiet. Een skoot; agterkant van die kop. Laksmanstyl. Hy het sewe dae om dié moord op te los en 'n testament te vind, vir 'n vroueprokureur wat met sy kop neuk. En dié ding is boonop tien maande oud, die spore vaag, die enigste leidraad 'n stukkie papier waarmee hulle te lank gelede dollars toegedraai het. En wanneer alles skielik ontvlam, is daar snaakse gediertes wat uit die vuurlig probeer skarrel: Militêre Intelligensie, die CIA, Moord en Roof, georganiseerde misdaad op die Kaapse Vlakte. Die jagter word die prooi en gou is daar meer wat hom jaag as net sy eie, stink verlede.

Moord in die beloofde land

by François Bloemhof

’n Spanningsvolle roman oor ’n man in wie ’n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die “reëls” van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970’s tot die 1990’s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg. ’n Boeiende, intrigerende roman – die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.

'n Nuwe begin

by Christine Le Roux

’n Jong vrou ly ná ’n ernstige motorongeluk aan geheueverlies. Sy herken selfs nie haar man met wie sy al vyf jaar getroud is nie. En sy ontdek tot haar ontsteltenis dat die mens wat sy blykbaar die laaste paar jaar was, nie juis ’n aangename persoon was nie. Wil haar man haar regtig terughê?

Skoenlapper

by Irma Venter

Briljant geskryf ... Venter mág maar skryf. En sy moet. – Rapport Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom, en dit kom al van lank voor sy joernalisdae af. By 'n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, 'n vryskutfotograaf met 'n bos swart krulhare en ’n verlede waaroor sy nie praat nie. En soos gewoonlik haal die chaos vir Alex in. Eers begin dit reën sender ophou, en dan spoel die lyk van ’n Amerikaanse IT-biljoenêr op ’n strand uit. Skielik blyk dit Ranna het rede om haar verlede weg te steek. Waarom anders stel die polisie in haar belang?

Padmaker

by Christine Barkhuizen le Roux

Twee maande na die verdwyning van haar bejaarde ma besluit Katrien om die paaie van haar kinderjare ná te ry. In die padkampe het haar saggeaarde pa, ’n padskraperoperateur, met sy stories oor die padwerke die lewe vir haar uitgelê. Daar het haar ma se probleme ook begin.

My ouma in kaneel

by Margaret Bakkes

Toe Magriet-hulle die eerste keer van die plaas in die Stormberge af weggetrek het, was dit vir haar bitter swaar om haar geliefde ouma agter te laat. Soos sy ouer word, kry sy egter begrip vir die moeilike besluite wat haar ouers moes maak. Gedurende hul gesin se omswerwinge maak Magriet nuwe vriende en ervaar eerste liefde. Maar sy maak ook kennis met die dood en besef dat selfs haar ouma nie so sag en perfek is as wat sy haar onthou het nie. ’n Pragtige grootwordverhaal wat afspeel in die Depressiejare.

Suid-Afrikaanse Geweldenaars Sonder Genade

by Chris Karsten

Ware Misdaad

Die dag toe ek my hare losgemaak het

by Willemien Brümmer

Die kortverhale in hierdie debuutbundel beeld op treffende wyse, plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith, van 12-jarige kind tot ’n jong ma. Dit beeld ook uit hoe Mia worstel met ’n erflas van alkoholisme en depressie. Daar is die komplekse verhoudings binne die familie: met haar ma, haar pa, en, soos sy ouer word, met mans. Die verhale beeld haar vrese uit, haar seksuele ontwaking en haar pogings om ’n sinvolle, gelukkige verhouding met iemand te hê. Dis verhale staan los van mekaar, maar saam beeld dit Mia se lewe uit en word dit amper ’n Bildungsroman. Onderliggend in die verhale is die helende krag wat “storie” en verbeelding in Mia en haar pa se lewe speel: dit is ook haar redding uit die erflas van depressie.

Feniks

by Deon Meyer

Kaptein Mat Joubert moet 'n sjarmante rower vastrek wat die een bank na die ander teister, en terselfdertyd moet hy ook die bloedspoor vat van 'n laksman. Maar op 34 is Mat oorgewig en hy rook en drink te veel. Bart de Wit, Moord en Roof se nuwe politiek korrekte bevelvoerder, pas terug uit exile, plaas druk op hom. Daar is nog hierdie een kans om homself te bewys en weer voor te begin.

Agtervolger: @@@center@@@AGTERVOLGER

by Johan Van Lill

Die pragtige Bolandse berge wink vier jong vriende om die naweek op 'n staptog daar deur te bring. Alles verloop glad en die viertal is skynbaar vrolik tussen die berghange op pad na hulle slaapplek. In die berge - en in die vier jong harte - skuil egter geheime. Ook die spookagtige bouval waar hulle slaap, bewaar sy eie geheime. En is daar werklik 'n geheime agtervolger op hulle spoor? Dinge verwikkel dramaties na 'n hoogtepunt: 'n reddingspan moet die vier te hulp snel, die geheime word ontrafel, romantiese harte word blootgele - en die berg eis vergelding vir misdade van die verlede. Die verhaal word gevolg deur 'n leesgids met: inligting oor die outeur; 'n opsomming van die verhaal; woordverklarings van moeilike woorde; vrae oor die inhoud van die verhaal en letterkundige aspekte; antwoorde vir die vrae; en 'n glossarium met letterkundige begrippe.

Kuier by Die Son en ander stories

by Jenny Seed Elizabeth Eagar

Huistaal Graad 4 Gegradeerde leesboek

Latacia maak 'n verskil en Mense wat omgee

by Gillian Leggat Elizabeth Eagar

Huistaal Graad 4 Gegradeerde Leesboek

Sylvia die tuinier en ander stories

by Jenny Seed Elizabeth Eagar

Huistaal Graad 4 Gegradeerde leesboek

Tentedorp en ander stories

by Jenny Seed Ruth Pressler

Huistaal Graad 6 Gegradeerde leesboek

Drie dae in die bos en Oorlewingsvaardighede vir die regte lewe

by Margot Long Linda Michell

Huistaal Graad 6 Gegradeerde leesboek

Die geheim van Mapungubwe en ander stories

by Barbara Herbert Bob Herbert Ruth Pressler

Huistaal Graad 6 Gegradeerde lessboek

Veertjie-goud en Wat ontgin ons nog?

by Jenny Seed Linda Michell

Huistaal Graad 5 Gegradeerde leesboek

Refine Search

Showing 351 through 375 of 607 results