Browse Results

Showing 376 through 400 of 607 results

Etienne leer sy regte en Maak van die wêreld 'n beter plek

by Fiona Wade Linda Michell

Intermmediêre Boek Vier Graad 5 Gegradeerde Leesboek

Die Slinkse groen akkedis en ander stories

by Jenny Seed Elizabeth Eagar

Beginnersboek Drie Graad 5 Gegradeerde lessboek

Moses en die apie en 'n Onwaarskynlike vriendskap

by Jenny Seed Linda Michell

Beginnersboek Drie

Blou naaldekokers en Om die bos gelei

by Margot Long Linda Michell

Intermediêre Boek Een

Keo se geheim en ander stories

by Derek Bartle Ruth Pressler

Huistaal Graad 5 Gegradeerde Leesboek

Die superspan en Hoe Mens en Hond vriende geword het

by Rosemary Golding Elizabeth Eagar

Huistaal Graad 4 Gegradeerde leesboek

Elna se tannie en ander stories

by Rosemary Golding Elizabeth Eagar

Huistaal Graad 4 Hegradeerde Leesboek

Simon gaan ballet toe en Elkeen is anders

by Elaine Macdonald Elizabeth Eagar

Huistaal Graad 5 Gegradeerde lessboek

Hartedief

by Rudie Van Rensburg

Opsomming ’n Berugte reeksmoordenaar jag by stormweer onder die Kaap se vroue, en dis Rooi en Kassie wat hom moet vastrek. Maar hoe spoor jy ’n miljoenêr-ontsnappeling op wat die polisie al jare lank ontglip, geen digitale spoor los nie, nie eens ’n selfoon besit nie en hope vals ID’s het? En boonop sy slagoffers se harte steel deur hulle net een kyk te gee? Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ’n aanvallige mede-seëlversamelaar. Om vlerk te sleep is nie vir sissies nie, en sy eie hart is in gevaar. Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas by die Spesiale Spookeenheid daarvan verdink dat sy hul ondersoek doelbewus in die wiele ry. Kassie weet hy moet haar onskuld bewys. Intussen word nóg Kaapse vroue wreedaardig vermoor wanneer daar onweer broei.

Hans gee Herklaas horings

by Rudie Van Rensburg

Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie, is òp van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos – en dit met gans te min geld in die kietie. Wanneer sy vriend Vasie hom dus nooi vir ʼn vakansietjie op Hermanes, as huisgaste van die se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy safaripakke te pak. Op Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe hotel – maar Herklaas wil nié verkoop nie. Wanneer Grond en sy kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe – Herklaas moet ʼn stel horings kry, en vir Goud trompop loop! Hans steek die Rubicon oor was ʼn topverkoper, en Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van die lag.

Kamikaze

by Rudie Van Rensburg

Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank was hy poeliesman, maar wragtag, wat hy nóú alles in die media oor sy geliefde SAPD lees … En hy’t juis ’n ander werksaanbod. Te midde van sy loopbaankrisis kom Kassie teen die grieseligste booswig nóg te staan, een met ’n moordloopbaan wat terugstrek na die Apartheidsera, en hy moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee. Spioenasie en wapenhandel-korrupsie, vervalste medikasie, die ontkleeklub-skemerwêreld en ’n moordenaar uit jou nagmerries – dis alles hier in Kamikaze!

Pirana

by Rudie Van Rensburg

KASSIE SE VYANDE IS TOT DIE TANDE GEWAPEN … Wanneer Kassie Kasselman die saak van ’n vermiste oudkollega begin ondersoek, is dit duidelik hier skuil meer as net ’n dwelmverwante verdwyning. Hoe lyk dit dan vir Kassie of dit verband hou met twee ander sake − ’n ontvoering én ’n moord − op sy lessenaar? Van die Kaapse ganglands tot die Krugerwildtuin met sy renosterstropers; tussen ’n verslonsde Bolandse hoewe met ’n grieselige visdam en die glansen- skanswêreld van diplomasie moet Kassie sy pad voel-voel vind – of Rooi Els se vrou is visvoer.

Toring se baai

by By Author E. Kotze

Omdat alles sin maak by jou (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Hoekom blom die liefde vir almal behalwe die bloemis? Christie is bly haar susters en broer het hulle sielsgenote gevind, regtig, sy is. Maar daai tipe geluk is nie noodwendig vir almal beskore nie. Dalk moet hierdie bloemis maar vrede maak daarmee dat sy nie haar asem moet ophou vir ’n ruiker rose van haar eie nie. Wanneer dokter Renier Visser, net so onverantwoordelik aantreklik soos die res van die Visser-broers, vir Christie vir advies vra met sy liefdeslewe, probeer sy opreg help. Dis nie asof daar enige tekens van ’n vonk tussen hulle is nie. Tot hulle op ’n dag oor die tou trap. Renier beweer nog altyd hy is nie van plan om ooit te trou nie. Maar hoe meer tyd hy saam met Christie deurbring, hoe meer besef hy, by haar maak die lewe sin.

Verkleurmannetjie

by Francois Bloemhof

Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees. Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad gelos het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s’n? Word hy agtervolg? Soos die titel al belowe, is Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in ’n hele TV-reeks, deur ’n skrywer wat weet hoe werk ’n tiener se kop – en hou van hoe dit werk!

Wêreld van Wolwe: Tweede Asem

by Fanie Viljoen

"Dis weird om te weet jy is ʼn weerwolf. Maar dis ook cool." Joshua Reinders se lewe het ʼn wilde draai gegooi. Hy weet nou hy is ʼn weerwolf. Maar dit bring ook ʼn nuwe probleem: Sy pa mag glad nie daarvan uitvind nie, want hy jag weerwolwe. Netnou skiet hy ook sy eie seun. Joshua moet nou leer hoe om die weerwolf-transformasie, sy TWEEDE ASEM, te hanteer. Hy kan nie altyd vir volmaan wag voor hy in ʼn weerwolf verander nie. Nie met al die nuwe gevare wat in Droomhoek opduik nie. Soos die gruwelike wolf wat nou saans op hulle huis se dak rondsluip. En die vreemdeling met die donker verlede wat in Droomhoek opdaag. Bo dit alles pla ʼn groter vraag vir Joshua: HOEKOM IS HY 'N WEERWOLF? Die antwoord lê diep in die Droomwoud. En Joshua moet dit daar gaan kry.

Omdat jy my gesoen het (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

Hoe gee jy jou hart vir 'n man wat nie syne kan volg nie? Debbie bring haar dae om deur koeke te bak vir ander mense se spesiale geleenthede, meestal vir die troues wat haar familie besigheid reël. Maar vir hierdie kekkelbek lyk daai spesiale dag nog ver weg, veral na die pandemie enige kans op romanse vernietig het. Maar wanneer Debbie op 'n dag in die hysbak saam met haar nuwe swaer se aantreklike broer vassit, verander haar vooruitsigte. Syne ook. Want Alec was nog altyd die stil een, die ongekompliseerde een, die een sonder planne vir langtermyn liefde nie. Nou sit hy egter met muisneste wat net nie wil padgee nie. Maar hierdie kwetterende koekbakster het nie tyd vir 'n man wat nie sy hart kan volg nie. Hierdie is die voorlaaste boek in Elsa Winckler se Omdat jy-reeks. Dit speel met die klassieke formule oor teenoorgesteldes wat mekaar aantrek; 'n stilbek en 'n kwetterbek, 'n troukoekbakster en iemand wat nie glo in trou nie. Die boek ondersoek ook die kompleksiteit wat kom met familiale bande en aangetroude skoonfamilies.

Die dooies praat nie

by Michelle

Tydens ’n swaar reënbui stop Thys Krige by ’n Mini Cooper wat in ’n sloot water vasgeval het. Nandia beweer dat sy wegjaag van drie mans en vra Thys om ’n belangrike dokument vir die ondersoekende joernalis Petro de Wet te stuur. Nou bevind Thys homself weer voor die vraag: hoe diep wil hy betrokke raak?

Ware noord

by Elsa Winckler

Evan Vos is jonk, hy speel vir die universiteit se eerste span, die moontlikheid dat hy vir die Springbokke kan speel, hang in die lug, hy het nooit 'n tekort aan 'n vrou aan sy arm nie. Dit gaan met hom goed, die lewe is 'n lied. En dan word sy hart uit sy binneste geruk. Op dieselfde dag wat hy moet afskeid neem van 'n geliefde, sien hy die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes, vir hom tekenend van sy eie omstandighede. Die skuldgevoel wat hy saam met hom dra, lê swaar op sy hart, die enigste emosie wat hy kan hanteer, is woede. En hy laat die donkerte toe om sy binneste oor te neem. Anya Breedt is in haar noppies wanneer haar pa se argiteksfirma die opdrag kry om die planne op te trek vir die herstel van die Metodiste-kerk in hulle dorp. Dis amper drie jaar nadat die pragtige ou kerkie die hele voorste fasade verloor het en die nodige fondse is uiteindelik bekom. Sy is nog meer opgewonde wanneer sy hoor sy is die projekleier. Drie jaar later speel Evan vir die Springbokspan, maar is op die krukkelys na 'n besering. Sy pa se konstruksiefirma het die opdrag gekry om die kerkie te herstel en hy vra vir Evan om tydelik as projekleier op te tree. Evan en Anya ontmoet mekaar op die perseel van die kerkie. Hulle voel aangetrokke tot mekaar, maar Evan weet met al sy bagasie kan hy nie iemand naby aan hom toelaat nie en Anya is baie versigtig na 'n mislukte verhouding. Anya aanvaar Evan is met 'n doel oor haar pad gebring, en wanneer sy hoor van sy pyn, probeer sy help. Evan besef hy moet die persoon wat verantwoordelik is vir die seer in sy lewe, vergewe, anders kan hy nie aanbeweeg nie, maar hoe doen 'n mens dit?

Liefde in die tyd van Corona (Afrikaans Edition)

by Elsa Winckler

E-rotika liefdesverhaal.

Elikser

by Frenette Van Wyk

Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma te red wat ’n paar maande gelede deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is. Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n natuurbewaarder en -kenner en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese druip van ... betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Sy ontdek ’n geheim oor Sterling wat die wind uit haar seile neem en ’n bonatuurlike wêreld vir haar oopsluit, een wat sy gedink het net in fantasieë bestaan. Cobalt, die parfumeur by wie sy die enfleurage leer doen, en sy honde het boonop ’n eie, duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste, gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan in haar en Sterling se pad om betyds die elikser vir haar ma te maak ...

Op die Maat van Maya

by Nerine Ahlers Alet Steenkamp

Maya is oortuig van drie dinge: 1. Sy wil ná skool medies gaan studeer. 2. Sy is die sanger Eduan de Bosch se grootste ondersteuner. 3. Dinge tussen haar en Mark is vir goed verby. Dan ontmoet sy een aand vir Joe, en besef daar is nog iemand wat al Eduan se liedjies woord vir woord ken. Maya kom nou net uit ’n ramp- spoedige verhouding met Mark en sy is nie gereed vir iets nuuts nie - niemand gaan in elk geval verby haar oorbeskermende ma kom nie. Maar voor Maya kan keer, sing sy saam met Joe in sy band en weet sy nie meer of ’n dokter al is wat sy wil word nie. Sy begin vir Joe val, maar Mark maak skielik weer sy verskyning. Die grootste ontnugtering van alles: Sy ontmoet vir Eduan, maar vind iets uit wat haar hele lewe uitmekaar laat val.

Vreesloos

by Christien Neser

Vreesloos? Elle is vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil briek gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans. Op hierdie dans gaan sy ’n laaste kans kry om haar stem- pel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmetdisse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer. Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles. As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, moet Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die beeld van Gravitas. En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit ’n vakansie in ’n pienk bikini wees, of verblyf in ’n tronksel in ’n oranje oorpak?

Eerste Bloed

by Fanie Viljoen

“Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.” Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ... “Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio. Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lê nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele wêreld op sy kop keer. DIE WEERWOLWE WAG VIR HOM ...

Skerwe

by Sally Partridge

DIT VAT ’N EWIGHEID OM DOOD TE GAAN. WIE HET VIR DEMI DOODGEMAAK? Ses vriende woon ’n musiekfees in die Sederberge by. Net vyf kom terug. Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Lee Combrink haar vyf beste vriende saam met haar na ’n musiekfees vir die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te wees, verander in ’n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet nie.

Refine Search

Showing 376 through 400 of 607 results