Browse Results

Showing 401 through 425 of 607 results

Kate in harmonie (Afrikaans Edition)

by Jacolet van den Berg

Tyd om te skaats

by Jacolet van den Berg

Hannah is vasgekeer ... Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg. Totdat Lua onverwags ʼn paar ou rollerblades vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word. Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries? Sy kies! Sy kyk video’s op YouTube oor hoe om regop te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis ook haar pad. Leo leer haar blade, Ben wys vir haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere. Sy vlieg en wanneer sy land ... land sy op wiele!

Arend se naald

by Jaco Jacobs Stephen Wallace

Leesboek: Langer paragrawe

DANIE DREYER se dinosouruseier en ander alfabetpret

by Jaco Jacobs Maja Sereda

Danie Dreyer koop 'n dinosouruseier – die ding is baie duur! Kort voor lank broei dit uit en nou het hy 'n reusagtige troeteldier! Ontmoet Hermien Human met haar hoed vol horlosies. Kom ry saam op Fanie Fourie se fantastiese fiets. En vind uit waarom Zuraida Zeelie deesdae zoem! Heerlik, humor, vreemde versies en prettige prente – hierdie alfabetboek is voortreflike vermaak!

Duskant die Doodlyn: @@@center@@@DUSKANT DIE DOODLYN

by Jaco Jacobs

Duskant die doodlyn verskyn nou met 'n splinternuwe baadjie! Jong rugby-entoesiaste van 10 jaar en ouer sal gaande wees oor Werner en sy avonture. Werner en sy vriende leef vir rugby. Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hulle aartsvyande 'n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip? En hoekom lyk dit of iemand sy mes inhet vir Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reels speel nie en Werner-hulle beland in groot gevaar.

Eet Minder Leef Langer U Praktiese Gids Vir Kalorie Beperking Met Optimale Voeding

by Anca Ioviţă

Tydens my derde jaar in die mediese skool, het ek op ‘n aanlyn artikel afgekom oor kalorie beperking met optimale voeding. Ek het gelees oor ‘n oënskynlik eenvoudige dieët ingryping wat die gemiddelde en maksimale lewensduur van laboratorium diere soos gis, vrugte vlieë, wurms en muise verleng het. Op daardie tydstip was ek nie bewus dat sulke eksperimente reeds gedoen word op nie-menslike primate ook nie. <P><P> Eerlikwaar, ek het afgemaak as nuuskierigheid, ‘n ingryping wat ‘n effek het op eenvoudige organismes soos vrugte vlieë, maar wat nooit op sulke komplekse wesens soos ons sal werk nie. Dit was net te goed om waar te wees. <P><P> Tyd het verby gegaan en my verkeerd bewys. Gegewe ‘n vroeë kindertyd fassinasie met die grense van lewens verlenging, het ek ingenieurswese en medisyne gestudeer in ‘n poging om radikale verlengde menslike lewensduur te bewerkstellig. Na ‘n kort rukkie van navorsing oor neurale prostese in ‘n Duitse laboratorium, het ek besef dat kunsmatig ingeplante toestelle binne in die menslike liggaam nie ‘n lang termyn oplossing was nie. <P><P> Ek het huis toe gekom waar ek met my mediese residensie in geriatries begin het, die tak van medisyne wat spesialiseer in ouderdom-geassosieerde siektes. ‘n Snaakse ding het toe gebeur. Om te lees oor teorieë van oud word is een ding. Daaglikse sorg vir mense 3 – 4 keer jou ouderdom is totaal ‘n ander ding en ek het begin om die kolletjies te verbind. <P><P> Ek het opgelet dat sommige mense verouder soos wyn en ander soos asyn. Volgens hulle maer liggaamstrukture en gedetailleerde lewens stories, het dit gelyk asof kalorie inname iets daarmee te doen gehad het. Dis hoe ek die eerste woorde van hierdie boek begin tik het. <P><P> Inhoudsopgawe <P><P> Inleiding <P><P> •Basiese Beginsels Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding <P><P> •Wat U Nie In Hierdie Boek Sal Vind Nie <P><P> •Hoe Behoort U Die Boek Te Gebruik? Minder I

Wat is jou Nalatenskap? 101 Idees om 'n Nalatenskap te skep en bou

by Anca Ioviţă

Is jy by ‘n kruispad? Wonder jy wat jy met jou lewe met doen? Sal die lewe makliker wees as jy net bietjie aanwysings kon kry? Selfs al gesels mense nie oor nalatenskappe nie, is hierdie die vrae wat gedurende die stil ure van die nag in amper almal se gedagtes maal. Veral in dié van ons wat sekere mylpale bereik soos volwassenheid, middeljare en aftrede. Het jy al ooit die proses van metamorfose van ‘n skoenlapper opgelet? Om uit die kokon te kom is moeilik en pynlik. Jy mag dink jy doen die skoenlapper ‘n guns as jy die kokon se boonste deel oop knip sodat dit makliker kan uitkom, maar as jy dit doen sal die skoenlapper se vlerke nie behoorlik ontwikkel nie en dit sal kruppel wees vir die res van sy lewe. Stribbeling en uitdagings is nodig vir metamorfose om plaas te vind. Hulle is ook nodig vir die skep en bou van ‘n nalatenskap.

Bok, Hond en Koei

by Tristan Mark Ilsley Marleen Visser

Leesboek: My Eerste Sinne

Held in 'n voorskoot (Afrikaans Edition)

by Madelie Human

Ann se Oorlog: Verraad

by Hannah Howe

Met haar man weg op ‘n geheime sending, maak Ann Morgan gereed vir nog ‘n dag as sekretaresse by Trevor Bowman se privaat-speurder agentskap.  Maar hierdie dag sal nie soos enige ander dae wees nie.  In vier-en-twintig uur, sal Ann se lewe handomkeer verander wanneer sy ‘n moord ontdek, ‘n aanteklike wewenaar ontmoet, Speurder Inspekteur Max Deveraux, en hy konfronteer die moordenaar in ‘n web van versoeking en misleading.

ANN se OORLOG: DIE INVAL

by Hannah Howe

Met haar man, Emrys, wat steeds vermis word gedurende die oorlog, ontvang Ann Morgan ‘n persoonlike uitnodiging van die sjarmante Speurder Inspekteur Max Deveraux. Moet sy die uitnodiging aanvaar of van die hand wys? Intussen, in haar persoonlike lewe, word Ann met ‘n dilemma gekonfronteer.  Na Trevor Bowman se moord, moet sy die vaandel by sy speur agentskap oorneem? Terwyl Ann oor die persoonlike en profesionele aspekte van haar lewe wik en weeg, vra ‘n vriendin haar om haar vermiste dogter op te spoor.  Klaarblyklik het Adeline Hopkins ‘n beskadigde verhouding met haar pa.  Maar wat van haar gewese kêrel en ‘n Amerikaanse soldaat, ‘n GI waarmee sy uit gegaan het? Gedurende die tyd dat die GI’s gereed maak om te vertrek vir die tweede golf D-Dag invalle, het Ann antwoorde nodig, net om haarself met ‘n verdere dilemma te vind, hoe om geregtigheid te laat geskied.         

ANN se OORLOG: Afpersing (ANN se Oorlog Reeks #3)

by Hannah Howe

Met haar man, Emrys, wat steeds in aksie vermis word, moet Ann Morgan die realiteit aanvaar dat sy hul eerste huweliks herdenking, en Kersfees alleen moet deurbring.  Maar, ‘n telefoon oproep van Aistair Blythe, ‘n jongman met wie sy kortliks,  voor haar huwelik met Emrys, uitgegaan het sit Ann op ‘n pad wat na moord lei, ontmoetings met handelaars op die swart mark en wat lewensgevaar vir haar inhou.    Met die hulp van bobaas spioenmeester Charles Montagu en Speurder Inspekteur Max Deveraux, krap Ann ‘n groot oorlogs geheim oop.  En, saam met die wonderlike sneeu wat oor die Kerstyd val, kry sy ‘n geskenk wat sy nooit sal vergeet nie. 

Die Lucky Strike

by Steve Hofmeyr

Jy mag dink jy is klaar met die verlede, maar eintlik is die verlede nooit klaar met jou nie. Net toe Die Sluiper sy rug wou keer op sy lewe as huurmoordenaar en vrede met die wêreld wil maak, vind hy dat sy verlede hom ingehaal en verbygegaan het. Dit wag vir hom op ’n wildsplaas in die Kgalagadi, en ook in Kabinda in die DRK tussen strydende militêre magte. Daar sal rekenskap wees. En vergelding. Hy is gereed daarvoor, want hy was in sy element – die element van vrees. Maar eers wag sy neef, majoor Darius Keiser, en sy geliefde Tes op hom. Ook sy twee eertydse kamerade in Spesmagte, Gertjan en Carlos. En die lang vrou met ’n donkerbril wat haar Lucky Strikes met soveel toewyding rook ... Dit is ’n diggeweefde web van verraad en misleiding wat hy eiehandig sal moet ontrafel. Sonder genade. Want hy is Die Sluiper en genade is God se domein. Met Die onaantasbares het Steve Hofmeyr liefhebbers van spanningsromans aan Die Sluiper bekend gestel. In Die Lucky Strike leer ons die gesiglose in sy weerloosheid ken. Hierdie opvolgroman sal nie teleurstel nie. Weerloosheid het nooit ’n huurkontrak nie. Dit bly altyd persoonlik.

Die verste uur

by Steve Hofmeyr

Jamie van der Merwe is 'n jong eerstejaarstudent wat op die skrywes van 'n vermiste professor, doktor Arnold du Plessis, afkom: sy biografie oor die komponis Rameau, en 'n lang liefdesbrief aan sy vrou. Deur die lees van hierdie skrywes ontdek Jamie die geheim waarin die professor se verdwyning gehul is – dat hy vasgevang is in 'n tydreis – en vind die sleutel tot sy bevryding, maar loop dan gevaar om die liefde van sy lewe te verloor. Die storie word aangebied in parallelle narratiewe ('n struktuur wat herinner aan J.M. Coetzee se Diary of a Bad Year), deurdat elke bladsy verdeel word tussen Jamie se storie en die ander tekste: die professor se brief aan sy vrou, die biografie van Rameau, en 'n "Tydlyn van die Nuwe Zuid-Afrikaansche Republiek". Laasgenoemde narratief skets in breë trekke 'n alternatiewe geskiedenis van Suid-Afrika nadat die Boere die Anglo-Boereoorlog wen te danke aan Jamie wat per ongeluk so 'n bietjie aan die verloop van die verlede verander. Elk van hierdie narratiewe hou verband met die ander, en dwarsdeur die storie bou die spanning op tot 'n opwindende slot waar Jamie in 'n stryd teen tyd gewikkel is om die professor te red.

Vier briewe vir Jan Ellis

by Steve Hofmeyr

Met Vier briewe vir Jan Ellis debuteer die bekende sanger, Steve Hofmeyr, as prosaskrywer. Die vaardigheid waarmee hy die medium hanteer getuig van ’n kennis van sy grond, sy land en sy mense. Dit is ’n besonderse werk waarin ’n kragtige storie vertel word. Humor en patos vorm die grondslag vir die hartverskeurende verhaal van ’n onskuldige posbode wat weens ’n sameloop van omstandighede diep in die moeilikheid beland. Die karakters staan magteloos voor kerkleiers, die regstelsel en ’n gemeenskap wat hulpeloses soms in die steek laat. Vier briewe vir Jan Ellis, ’n boek oor ’n doodgewone spreekwoordelike “klein” mannetjie, roer grootse kwessies aan sonder dat ’n “boodskap” aan die leser opgedwing word.

Die geheim van Mapungubwe en ander stories

by Barbara Herbert Bob Herbert Ruth Pressler

Huistaal Graad 6 Gegradeerde lessboek

Afvoer

by Edward Hendriks Adri De Necker

Moeg en teleurgesteld oor die lewe probeer Janne om in die bad te ontspan. Een-en-veertig jaar. Wonend in ‘n klein woonstelletjie. Verlate deur haar vrien. Die bliksem. Haar bene is slap, daar is te veel grys in haar hare. Om nie van die plooi op haar gesig te praat nie. Te oud om nog kinders te kon hê. Wat als gegee sou word om die horlosie te kon terug draai. Om die lewe ‘n ander wending te laan neem. Soms , net soms kom wense waar. Sien jy die stortputjie, waardeur die water in die afvoer kolk? Konsentreer jy op die beweging van die water. Gee jouself voor en laat jouself meevoer na die badkamers van jou verlede. Maar pasop vir wat jy doen. Jou keuses kan verreikende gevolge hê.

Ek bly by jou

by Edward Hendriks Adri De Necker

Pappa en mamma het lank daaroor getwyfel oor of ons op vakansie moet gaan. En nog langer getwyfel oor of ons wel na dieselfde kamppeer terrein moet gaan. Al die herinneringe… Maar nou die vreeslike dag amper ‘n jaar terug, wil weer ons lewens kom omhels. Dit tel op waar ons dit die afgelope herfs agtergelaat het. Ek probeer om die lekker dinge in die gees te sien, maar dan begin die kol op my maag weer rond speel. Al die dinge wat ek en my sussie gedoen het. En al die dinge wat on snog moes doen, maar nou nooit sal doen nie.

Alles Oor Perde

by Linda M. Henderson

Hierdie boek is geskryf vir kinders wat lief is vir perde, en wat graag soveel as moontlik oor hulle wil leer. Dit deel interessante feite oor baie soorte perde, waar hulle gevind word, wat hulle graag eet, ens. Sal daar perde in die Hemel wees? Die antwoorde word gevind in "Alles oor perde." As jy lief is, vir perde sal jy hierdie boek wil lees! 

Die Manewales van Thomas die Kat

by Linda M. Henderson

Thomas die pragtige kat gaan op 'n reis deur sy omgewing, en is verbaas oor wat hy ontdek. Hy ontmoet 'n colliehond, 'n lam, 'n valk, 'n wit perd, 'n tier, 'n leeu, 'n olifantfamilie, en 'n uil. Maar omdat hy nie besef dat hy regtig 'n kat is nie, het elke ontmoeting hom laat wonder of dit die soort dier is wat hy bedoel was om te wees. Uiteindelik, vertel 'n wyse uil vir hom die waarheid. Jou kinders sal hulle verlustig in die nuwe avontuur van Thomas en begin nadink saam met Thomas, wie hulle ook bedoel was om te wees as hulle ouer word!

Beer Vind 'n Huis

by Linda Henderson

Klein Beer voel alleen in die wêreld. Nadat hy eendag wakker geword het en besef het dat daar geen ander bere was om hom te troos of vir hom te sorg nie, het hy besluit om op reis te gaan om iemand te vind wat hom sal lief hê. Soos jy sal vind tydens die lees van hierdie boek, lei sy soektog hom na 'n gelukkige einde. 

Die Klein Rooi Brandweerwa

by Linda Henderson

Die Klein Rooi Brandweerwa het 'n gelukkige lewe gehad- tot eendag, toe twee nuwe brandweerwaens in sy motorhuis inry. Hy was seker dat hy nie meer verlang of nodig sou wees nie. Dit het hom baie hartseer gemaak. Maar toe eendag, was daar 'n brand in sy rustige dorpie. Vind uit wat gebeur met die klein brandweerwa. Hierdie verhaal sal jou kleintjie (ouderdomme 3-5) wys dat selfs wanneer iets sleg gebeur, kan daar nogsteeds 'n gelukkige einde wees!

Die Pêrel in sy Oester

by Linda Henderson

Hierdie verhaal van Daniel en sy Oupa sal die hart van jou sowel as jou kinders of kleinkinders warm maak. Luister na hulle gesprek terwyl Daniel emosioneel oop maak vir sy oupa wanneer hulle saam gaan stap na skool. Daniel deel hoe hy deur twee van sy klasmaats geboelie word omdat hy kort is. Sy oupa gee hom baie wyse en tydlose advies. Of jy 'n kind ken wat geboelie word of nie, of as jy daardie kind is, "Die Pêrel in sy Mossel" deel pêrels van wysheid wat die lewe van enige persoon, jonk of oud, kan verbeter!

Anansi kry die stories terug

by Ane Henderson Wiehan De Jager

Leesboek: Langer paragrawe

Omnibus 3 - Tot die dood ons skei - Altyd die verkeerde man - Melktert en Kaviaar

by Elsa Hamersma Malene Breytenbach Annelize Morgan

Melodie: vir jonk, vir oud, vir altyd; Daar is nie 'n groter vreugd as die wete dat jou liefde vir iemand beantwoord word nie.

Refine Search

Showing 401 through 425 of 607 results