Browse Results

Showing 426 through 450 of 607 results

As Liefde Ontwaak (Satyn)

by Elsa Hamersma

Danielle Krause wil tyd maak om ’n speurverhaal te skryf, maar haar suster, Magdeleen, en dié se nuwe man span haar voortdurend in as gratis kinderoppasser. Dit help ook nie dat hulle ’n huis deel nie. Dani het genoeg gehad en adverteer haar dienste as “instaanmammie” in ’n buurt waar sy graag sal wil woon, met die voorwaarde dat sy nie in die oggende aan diens moet wees nie. Nooit het sy kon dink dat die ryk en aantreklike wewenaar Meyer Senekal haar sou aanstel om met sy dogtertjie, Nina, te help nie ... Maar sal Meyer ooit die tragiese dood van sy vrou kan verwerk en is daar plek in sy hart vir ’n nuwe liefde?

Die kerswaskinders

by Suzette Hallatt Wiehan De Jager

Leesboek: Eerste Sinne

Die dansende boerbok

by Kayla Haarhoff José Nhambo

Leesboek: Eerste Sinne

Die Avonture van Superkoei

by H. van der Haar Danielle Bruckert

Leesboek: Eerste Woorde

Die Rot

by Cornelius Wambi Gulere Zablon Alex Nguku

Leesboek: Eerste Paragrawe

'n Baie lang man

by Cornelius Gulere Catherine Groenewald

Leesboek: Vlak – My Eerste Sinne

Bybel vir Beginners: 'n Basiese Gids vir Beginners

by Brian Gugas

Regdeur die jare het mense na die Bybel gedraai vir leiding en hoop. Die Bybelstudie boek dien as ‘n padkaart vir die beginner om waardeuring te ontwikkel vir die Bybel en dit deel te maak van hulle daaglikse lewe. Al 66 Boeke van die Bybel word in detail gedek, insluitend:  • Skrywer van elke boek en die tyd waarin dit geskryf is. • Sleutel temas van elke boek  • Opsomming van die boodskap in elke boek  • ‘n Toewyding  vir die oorweging en verdure ondersoeke  Verdiep in die stories, profesieë en boodskappe van die Bybel en oorweeg tennuwe die inspirerende krag, genade en helende krag van God en Jesus Christus. Genadig en inspirerend, Bybelstudie Gids vir Beginners bring die leser terug na die basis en maak ‘n pad oop vr ‘n direkte verhouding met die lewende Woord van God.

Bruid in ’n goue hok

by Abby Green

Die tango is 'n Argentynse dans vol passie en oorheersing . . . en dis presies hoe die aristokraat Rafael Romero sy gerieflike huwelik met dansinstruktrise Isobel wil hê. Eers sal sy sy bruid wees. Dan sal hy haar na die huweliksbed toe neem en haar syne maak. Isobel het dalk nie 'n keuse of sy met Rafael wil trou nie, maar sy is van plan om so vry soos 'n voëltjie te bly. Sy kon nie voorsien haar nuwe man sou haar ingehok hou toe hy uitvind hy het met 'n maagd getrou nie . . .

Een nag saam met die Vyand

by Abby Green

Roman

Vergewe, maar nie vergete nie? (Modern)

by Abby Green

“Tot my spyt moet ek erken dit behoort die moeite werd te wees om so ’n enorme bedrag te betaal om jou in my bed te kry.” Siena DePiero mag wel blou bloed hê, maar sy dink niks van haar pa se flambojante leefstyl nie. Vir haar het dit nog net ellende gebring. Maar toe die gesin se seepbel bars en die twee susters brandarm agterbly, is Siena se maagdelikheid haar enigste bate . . . Andreas Xenakis, wat jare lank wag om wraak te neem, kan nie wag om Siena in sy bed te kry nie – oorgelewer aan sy genade. Maar ná slegs een nag saam verdwyn al Andreas se vooroordele. Behoort hy Siena nie dalk jammer te kry nie . . .?

Na hoër hoogtes + Juweel onder sy neus (RomanzaLiefde) (Afrikaans Edition)

by Marijke Greeff Miriam Telanie

Na 'n liefdesteleurstelling doen die internasionale model, Sasha Winckler, haar voor as 'n bibliotekaresse en vlug na haar broer se plaas in die Drakensberg. Hier ontmoet sy die aantreklike buurman wat na sy egskeiding 'n afkeer van beeldskone modelle het. Hy weet egter nie wie Sasha werklik is nie.

Formuleliefde

by Marijke Greeff

Formule-een-wereldkampioen Jarod Hunter verpes die media, maar hy laat Catherine Hunter, 'n joernalis, onder valse voorwendsels naby hom toe. Hy kan haar nie weerstaan nie ... totdat hy sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees.

Swem

by Dale Greaves Alice Inzikuru

Leesboek: Eerste Sinne

Tel die katte

by Tessa De Graaf Jesse Breytenbach

Leesboek: Eerste Woorde

Die sokkerwedstryd

by Clarien Gouws Vusi Malindi

Leesboek: Eerste Sinne

Raaiselklip

by Troula Goosen

JEUGFIKSIE Gabriel skrik wakker in ’n kelder in ’n vreemde stad. Hoe het hy daar gekom? Al wat hy onthou, is sy naam en dat hy in Amsterdam woon. Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie – en in die begraafplaas is ’n grafsteen met sy naam en geboortedatum op! Hy ontmoet drie koddige akteurs en ’n slawemeisie, Zytia, wat hom probeer help om uit te vind wie hy werklik is. Maar wat het Gabriel se visioene van die Khoi-seun en ’n vreemde klip met hom te doen? En waarom lyk dit of Zytia se geheimsinnige meesteres sy bloed soek? Troula Goosen is met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon en is ook die gewilde skrywer van Maanlig-meermin (Tafelberg).

Raaiselsee

by Troula Goosen

Daniel weier om te glo wat almal sê: dat hy ’n skelm is, nes sy pa ... Wanneer hy egter ’n meisie in ’n rolstoel op Simonstad se kaai raaksien en besluit om haar pêrelhangertjie te steel, beland hy onverwags op ’n skip wat hom wegvoer na Skulpiesbaai en die rykman Robert Stanford se plaas. Hy maak kennis met Malgas, ’n visser wat in die kliphuis bokant die melkhoutbos woon, en Gertjie, die diensmeisie wat die venynige juffrou Caitlin in haar rolstoel versorg. Maar wie is die vreemde ou vrou wat saam met die strandjutwolf langs die see verskyn? En waarom tree Caitlin so boosaardig op, terwyl sy vrees dat die Seevrou haar gaan kom haal? Hou dit dalk verband met die slaweskip wat daar op die rotse geloop het? ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie-, avontuur- en spookverhaal is. Ook deur hierdie skrywer: Raaiselklip Raaiselster

Raaiselster

by Troula Goosen

Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy ma sterf en sy familie se rykdom verdwyn. Hy ontmoet ’n togryer – ’n boggelrugman met ’n vreemde wit hond – wat hom ompraat om by die transportwa aan te sluit na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Onderweg kruis sy pad met dié van Sara, op soek na die merk van haar voormense. Hy ontmoet ook die beeldskone Emily, wat dinge “sien” en die klippe hoor praat. Wanneer hulle by die geheimsinnige tollenaar, Arius, se tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese teë wat in die Skurweberge dwaal. Saam ontrafel hulle die geheim: dat hulle bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit. ’n Spannende historiese jeugroman wat tegelykertyd fantasie-, avontuur- en spookverhaal is. Ook deur hierdie skrywer: Raaiselklip

Die superspan en Hoe Mens en Hond vriende geword het

by Rosemary Golding Elizabeth Eagar

Huistaal Graad 4 Gegradeerde leesboek

Elna se tannie en ander stories

by Rosemary Golding Elizabeth Eagar

Huistaal Graad 4 Hegradeerde Leesboek

Mr. Monk and the Two Assistants

by Lee Goldberg

Obsessive. Compulsive. Detective. The husband of Monk's former assistant, Sharona, has been arrested for murder. Now back in San Francisco, she's ready to reclaim her place in Monk's life-much to the chagrin of his current assistant, Natalie. While Monk tries to maintain a delicate balance between the two women, he discovers a few unsettling snags in the case against Sharona's husband, and may be up against a killer who not only understands him, but is one step ahead.

Die honger krokodil

by Christian G. Nadine Elsë Wiehan De Jager

Leesboek: Eerste Sinne

Skilpad Soek Sy Huis

by Maya Fowler Katrin Coetzer

Leesboek: Eerste Paragrawe

Tel die diere

by Odette Fourie Rob Owen

Leesboek: Eerste Woorde

Die Skarlaken Ruiters (Sahara Avontuur Reeks) (Afrikaans Edition)

by Meiring Fouche

Kaptein D’Arlan van die Franse Vreemdelegioen en twintig van sy uitgesoekte manskappe is op pad om ’n medalje aan ’n ou Arabier in die Sahara woestyn te gaan oorhandig. Die rede, omdat die betrokke Arabier se stam al vir sewentig jaar lank in vrede saamleef met die Vreemdelegioen. Op pad soontoe sien hulle in die verte hoe ’n kameel karavaan aangeval word deur honderd-en-vyftig legioensoldate. Asof die feit dat dit Legioensoldate was, nie erg genoeg is nie, tel Teuns Stegmann, die blonde Suid Afrikaner in die legioen iets in die sand op, wat die raaisel net verder verdiep. By die oase van die Arabier wat hulle moet vereer, word hulle aangeval deur die vredeliewende Arabiere en ontdek dan dat hulle jong vrouens, mans en kinders deur legioensoldate weggevoer is. Groot verwarring heers en D’Arlan besluit om eers die nag daar deur te bring, voor hy die saak verder gaan probeer oplos. Gedurende die nag word hy en sy manskappe egter deur die ander legioensoldate oorrompel en na ’n geheime tente dorp, in die middel van die woestyn geneem. Daar word hulle deur ’n Duitser onder hipnose geplaas en so gedwing om Arabiere opleiding te gee met ’n geheime wapen. Kort voor lank daag El Karima, die wit vorstin die Doelaks op en neem almal na haar hoofstad Doetra. Sy is nog steeds verlief op manskap Teuns Stegmann en weens sy hipnose trakteer sy hom in haar paleis, terwyl sy medesoldaat opleiding gee aan die Arabiere. Weens die “verraad” van die legioen wat Arabiese stamme aanval en hulle mense ontvoer, besluit al die Arabiese stamme om saam te staan en trek hulle op in hulle duisende na die fort Dini Salam, wat hulle omsingel. Kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam kry op ’n snaakse manier ’n boodskap van sy kaptein se verraad met die Arabiere en moet hy hom en sy fort dringend voorberei vir die aanval wat gaan volg, om hulle almal uit te wis. Teuns Stegmann word genadiglik verlos van sy hipnose deur een van sy vriende en besef dan dat hy so gou as moontlik moet uitkom by fort Dini Salam, om die kolonel daar te waarsku van die toedrag van sake. Met sy dapperheid en vindingrykheid kry Teuns dit uiteindelik reg om met sy manskappe te ontsnap vanaf Doetra, maar die legioensoldate wat hulle vantevore ontvoer het en ook El Karima se Doelaks is kort op hulle hakke. Op hul jaagtog om eerste by Dini Salam te probeer uitkom, ontdek hulle iets in ’n grot wat almal groot skok van verbasing. Intussen word Dini Salam aangeval deur sowat twintig duisend Arabiere en moet kolonel Le Clerq en luitenant Juin alles in hulle vermoë doen om die een wrede aanval na die ander te probeer stuit. Hulp vanaf die hoofkwartier word geweier en dit wil voorkom of fort Dini Salam verdoem is tot ’n nederlaag, maar dan gebeur daar iets baie eienaardigs onder die Arabiese hordes wat om fort Dini Salam saamgetrek is ...

Refine Search

Showing 426 through 450 of 607 results