Browse Results

Showing 451 through 475 of 607 results

Spore na die Dood (Sahara Avontuur reeks) (Afrikaans Edition)

by Meiring Fouche

In die tweede verhaal uit die pen van Meiring Fouche het die Vreemdelegioen weereens te doen met El Karima, blanke vorstin van die Doelak volk. Sy het nog nie haar vernedering vergeet wat die lang, blonde SuidAfrikaner met die naam van Teuns Stegmann, haar ses maande gelede aangedoen het nie. Hy het toe nie net haar liefde verraai nie, maar so byna ook haar hele volk uitgeroei. Op een van hulle roetine patrollies in die warm Sahara sand, ontdek sersant Vermeer en sy manskappe twee dooie perde in die Sahara woestyn, wat deur vroue gery was. Groot is hulle skok toe hulle agterkom dat een van die vroue, die vrou is van kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam. Kort daarna daag daar ’n sjiek op by die fort en eis dat Teuns Stegmann saam met hom moet teruggaan na Doetra, die vesting van El Karima se Doelaks. In ruil sal sy dan kolonel Le Clerq se vrou vrylaat. Le Clerq weier egter die versoek en dit noodsaak Teuns Stegmann om teen sy bevoelvoerder se wens, saam met die Arabier te ontsnap uit die fort. In Doetra kom Teuns gou agter dat El Karima al haar beloftes verbreek, toe hy nie haar liefde vir hom wil beantwoord nie. Selfs nie eens toe hy die kolonel se vrou se vryheid probeer verkry, deur kaalhand met ’n reus te veg nie. El Karima besluit toe om vir Teuns en die Franse vrou van kolonel Le Clerq in Dini Salam te gaan doodmaak, deur hulle met twee perde te laat verskeur, maar dit weet die bevelvoerders van Dini Salam nie. Hulp kom egter uit ’n onverwagte oord wat hulle meedeel van El Karima se planne. Sy versoek dat die hele garnisoen van Dini Salam die fort ongewapend moet verlaat en dan eers sal sy die Franse vrou van kolonel Le Clerq vrylaat. Kaptein D’Arlan, die Houdini van die woestyn, het sy hande behoorlik vol om die manskappe en die gevangenes te probeer bevry. Asof dit nie genoeg is nie, doen kolonel Le Clerq iets wat almal die skok van hul lewens gee...

Eva's Eye: An Inspector Sejer Mystery

by Karin Fossum

"No one can thoroughly chill the blood the way Karin Fossum can. " --Los Angeles Times Eva Magnus and her daughter are out walking by the river when a man's body floats to the water's surface. Eva goes to call the police, but when she reaches the phone, she dials another number altogether. The police find the body anyway Inspector Sejer and his team quickly determine that the man, Egil, died in a violent attack. But Egil has been missing for months and the trail to his killer is cold. It's as puzzling as another unsolved case on Sejer's desk: the murder of a prostitute, found dead just before Egil went missing. Sejer sets to work piecing together these two impossible cases; it's not long before he realizes that they aren't as separate as they previously seemed. "Fossum crafts remarkably incisive psychological suspense: novels that carry the headlong momentum of thrillers and the acuity and weight of literary fiction. " --Washington Post

Mara (Afrikaans Edition)

by Marida Fitzpatrick

Hoe is Viljoen dood? Die vraag voel oeroud, versteen onder lae en lae saamgeperste grond. ’n Klein fossiel, volmaak met al sy beentjies en werwels en oopgesperde bekkie. Sy’s te bang om daaraan te raak, te bang dit val uitmekaar en dan sal sy nooit weet wat dit eens was nie. Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hoe. Die soektog stuur haar op ver en donker paaie na haar verlede – waar familiegeheime dreigend lê en skuil. Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op en dompel haar verder in ’n maalkolk van vrees. Wat probeer Mara wegsteek, en hoekom? Dan is daar De Wet, die getroude man wat teen sy eie beterwete by Rakie betrokke raak, en Rebecca, die Bouwers se destydse huishulp wat dalk die sleutel tot alles hou. Terwyl Rakie desperaat na antwoorde soek, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want uiteindelik is die heel skrikwekkendste vraag: Wat is gevaarliker as jou eie bloed?

Dit het alles begin by Hond

by Annelie Ferreira

“Hierdie is ’n werklik vernuwende storie. Dit kombineer fantasie en realiteit mooi en ek wens daar was ’n opvolg.” - Joha van Dyk Terwyl ons stap haal Assad ’n broodjie uit sy kosblik. Ek sien 'n stukkie van wat hy wegsteek. Sou dit nie lekker wees as on snils hoef weg te steek nie? “Wat as ons vir mense alles van onsself wys?” wonder ek skielik. "Soos die mense wat video's maak vir TikTok en klomp foto's sit op Instagram en ..." Jy dink enigeen wys alles van hulleself op TikTok?” sê Assad. "Of op Instagram?" Hy is seker reg. “Nee,” sug ek. Vier tieners dra elkeen swaar aan 'n geheim. Tot die noodlot hulle op ,n vreemde pad saamgooi en hulle mekaar se lewens op 'n magiese wyse aanraak.

Straf

by Fanie Viljoen: Melany Pietersen

Leesboek: Eerste Sinne

Halo

by Francesco Falconi Elmarié Smal

"Halo" is die eerste soort vreemde verhaal van Francesco Falconi. Met 'n huldeblyk aan Kafka se Metamorfose, die storie saamgevat in 'n paar bladsye oor 'n leeftyd, familie dramas, pyn wat nooit sal verdwyn nie. Tot op die laaste oomblik. Tot die ontdekking van onsself en van die lig.

Die Krag van Middernag Gebed

by Mignionette Fair Gabriel Agbo

Hierdie boek, 'Die Krag van Middernag Gebed', sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ʼn rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ʼn deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ʼn baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ʼn ongelooflike boek beskryf. In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word lê. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel? Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het - direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Waarom het Satan gedurende ʼn vergadering uit sy stoel uit geval omdat die naam van Jesus genoem was? Weet jy van die vyand se oorlog strategieë teen die kerk, Christene en predikante? Hoe breek hy predikante van die evangelie af of nog erger, hoe vermoor hy hulle soms? Wie is die agente van die donker koninkryk in die kerk? Watter rol moet die gebedstryders speel? Wat is die belang van die koninkryk van Satan in menslike vlees en bloed? Hoekom moet mense geoffer word in die okkult wêreld? Jy sal oor verskeie verhale van voormalige agente van Satan, en selfs van die media, lees oor die opoffering van mense en ander skrikwekkende gebruike wat nie gepubliseer mag word nie. Waarom sal ʼn vrou die oë van ʼn kruipende baba verwyder, haar slag, met die baba se gehuil en gekreun in haar ore, en dan die baba eet? Wat doen die okkult met seks? Kan bose geeste, verbonde en vloeke deur seks oorgedra word? Waarom sal ʼn man met ʼn klein seuntjie slaap en hom for

Die eerste man en eerste vrou

by Ezelle van den Berg Jemma Kahn

Leesboek: Langer Paragrawe

Ek en my groot familie

by Elzanri Esterhuizen Wiehan De Jager

Leesboek: Eerste Sinne

Die pratende sak

by Tariek Erasmus Wiehan De Jager

Leesboek: Langer Paragrawe

DIE POORT: boek 1 – BEWAKERS

by Nelia Engelbrecht

"Die poort is oop." Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit. Ek sweer iemand het haar lewers in 'n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droë gras aan haar kopvel vas. Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme. "Jy het haar ook gesien," sê sy. "Hulle het haar kom haal." Sy trek haar ogies nog kleiner "Die stomme baba Hy gaan nou sonder ʼn ma grootword.” Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. 'n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie. "Ek weet nie wat Tannie ..." 'Jy wéét," val sy my in die rede. "Jy sién. Nes ek." Ná jare is Bospoort se Poort weer oop. Vrouens verdwyn onverklaarbaar uit hul huise of by hulle werksplekke. Die tyd vir die nuwe geslag Bewakers van die Poort het aangebreek.

DIE POORT: boek 2 – REISIGERS

by Nelia Engelbrecht

Die nuweling-Bewakers – Tara, Nomsa, Leonardo en Kali – se Kragte en Magte word sterker. Toe Tara se ma ontvoer word, oorreed Tara hulle om deur die Poort te gaan om na haar ma te gaan soek, al het die Raad van Bewakers dit streng verbied. Intussen word die band tussen Leonardo en Kali al hegter Hoe lank sal sy nog vir Zak kan jok oor waarom sy en Leonardo so baie tyd saam deurbring? En sal die Nuwelinge se Kragte en Magte sterk genoeg wees om wat ook al hulle bedreig, te stuit? Ná jare is Bospoort se Poort weer oop. Vrouens verdwyn onverklaarbaar uit hul huise of by hulle werksplekke. Die tyd vir die nuwe geslag Bewakers van die Poort het aangebreek.

DIE POORT: boek 3 – HELERS

by Nelia Engelbrecht

Dan glimlag Leonardo. "Nou ja, love and greetings. Soos ek gesê het. ek sal moot na jou meisie kyk terwyl ons in Italië is." Hy begin wegstap. "Kom jy, Kali?" roep hy oor sy skouer. "Ek dink nie ons sal mekaar weer sien voor ons lug ha we toe ry nie." Ek soen Zak sag op sy wang. "Ek mis jou al klaar." Hy gryp my hand toe ek omdraai om weg te stap. "Kali, ek is het vir jou en ek sal nie toelaat dat iets ..." Hy bly vir ’n sekonde stil, sy oë op Leonardo se rug ... of iemand tussen ons kom nie." "Niks sal ooit tussen ons kom nie. Zak." is my laaste woorde voor ek agter Leonardo aan drafstap. Die Nuwelinge word na Venesië ontbied om voor die Internasionale Raad van Bewakers te verskyn. Selfs in die Bewakersvesting op Poveglia is hulle uitgelewer aan die Ander en word Kali se Helerskrag, maar ook haar lojaliteit, tot die uiterste beproef.

DIE POORT: boek 4 – KRYGERS

by Nelia Engelbrecht

“Jy het dalk hierdie geveg gewen, Kali van Gaia, maar die oorlog is nog lank nie verby nie. Solank ons vir Zak het. het ek mag oor jou." Hy kyk minagtend na Leonardo: “Julle emosies is julle swakheid: julle ondergang." Ek leun vooroor en pers spikkels dans voor my oë. 'n Tikkie vrees flits vir ’n oomblik oor Chanda-Mundia se gesig Ek knip my oë en die pers verdwyn. "Om vir mekaar om te gee. maak ons sterk, nie swak nie. En glo my, daar is me 'n plek in die heelal wat ek nie sal omkeer om vir Zak te kry me.' Die Nuweling-Bewakers het die Internasionale Raad erg ontstel met hulle onvermoë om hulle Kragte en Magte te beheer, daarom bevind hulle hulle nou in Ierland. Maar Wicklow-kasteel is meer as net ’n opleidingsentrum – dis ook ’n gesofistikeerde beheersentrum wat al die Poorte op aarde monitor. Wanneer Kali ’n onwelkome gas in die kasteel toelaat, ontketen dit 'n reaksie wat die Ander die mag kan gee waarna hulle smag, en Kali se Bewaker-kring vir altyd kan vernietig.

Misdaad oor Grense: Tommie Franken (Afrikaans Edition)

by Lukas Engelbrecht

Verhaal oor 'n Dwelm Smous.

Sy is veilig

by Emma Van Der Walt

My stryd teen die seksbedryf en mensehandel om God se dogters te red Emma van der Walt is ’n pastor, ’n ma en eggenoot, en ’n vrou van God. Sy is ook die vreeslose stigter van die niewinsgewende organisasie, Brave to Love. Daagliks betree hulle die donker wêreld van die seksbedryf en mensehandel om jong vroue uit die kloue van dié euwel te red. Hierdie meisies word dan met liefde en leiding ’n nuwe begin gebied. Emma en haar span werk sy aan sy met plaaslike en internasionale wetgewende instansies. Saam beveg hulle mensehandel en slawerny en vlek die korrupsie en ontsaglike lyding wat agter toe deure plaasvind, oop. Hierdie is haar storie en die skokkende verhale van die gelukkiges wat gered kon word om die hel van mensehandel te oorleef. Sy is veilig word nie aanbeveel vir sensitiewe lesers nie. Suid-Afrika se berugtheid as die bron, deurgang en bestemming van mense- handel is deeglik gedokumenteer deur navorsers, joernaliste en stenograwe wat slagoffers se ontstellende getuienis in howe transkribeer. Dit is op hierdie gevaarlike speelgrond wat Emma haar verskyning maak. Met haar oë op die kruis gerig en haar voete vas op die grond, stuur sy doelgerig voort. – MARCEL VAN DER WATT, Ph.D., Voormalige Valke-ondersoeker van sekshandel, Navorsingsgenoot: Vrystaatse Sentrum vir Menseregte, Universiteit van die Vrystaat Iemand het op ’n keer gesê: “Sonder bewustheid is daar geen verandering nie.” Ná die lees van hierdie boek, kan niemand onkunde pleit nie. – YVONNE RETIEF, skrywer van Genesing vir trauma

Oorkant die Straat

by Kurt Ellis Kate Boyes

Storybook

Die Weerwolf van die vloot

by Elaine Jonathan P. Brazee

Privaat Eerste klas Aiden Kaas het by die Mariene aangesluiot vir al die verkeerde redes. Na ontplooing na Irak op negentien, wou hy net sy toer klaar maak. Maar nadat hy deur 'n waarskynlike mal majuhideen gebyt is, ly hy aan 'n seldsame siekte , een met nagevolge wat hy nie in sy woldse drome sou kon voorspel nie. En die siekte het hom aan groter gevare bloodgestel as wat sy onplooing ooit kon. Aiden besef wat dit beteken om 'n man te word, en hoe hy tot verhaal moet kom met wat hy geword het. Waarskuwing: Boek bevat dele met geweld en seks.

Projek Apex

by Elaine Michael Bray

Wat as die mens se eerste kennis die resultate van sy eie verwoesting beteken? Van die beste verkoper van die Whisper Trilogy kom die nuwe boek. Richard Draven is 'n wetenskaplike wat geintreseerd is in die helende einskappe van spesies en die oordrag aan die mensdom. toe hy 'n nuwe aapspesie ontdek met regenerasie vermoeë, het hy geen idee wat se kettingreaksie sy verslag tot gevolg sou hê nie. ses jaar later, is Draven se navorsing in die praktyk gebruik.Die regering het 'n virus gemaak wat op die mens gebruik is. Sy funksie- om die weermag sterker, vinniger en beter te maak om die konflik globaal te verbeter. iets was egter nie pluis nie. verskeie verslae en getoon dat die virus 'n snaakse uitwerking op die mense het wat daaraan bloodgestel is, en het die mense in beheer baie senuweeagtig gemaak. Soos die Apex groep kontak verbreek en nie meer bevele gehoorsaam nie, en die regering onraad vermoed. Joshua Cook was die alpha, die eerste wat aan die virus bloodgestel is en suksesvol gebind het. Joshua was moeg vir die mensdom, moeg vir hulle vernietigende natuur. Hy het 'n plan, een om die bord skoon te maak en die minder gegoede inwoners van die aarde te vee, en dan te vervang met sy eie volk. Soos die diepte van Joshua aan die regering duidelik raak is hulle genoodsaak om hulle tot Richard Draven te wend om 'n mannier te kry om Joshua se groeiende weermag te stuit voor hy die mensdom van die aarde kan uitwis. In die tradisie van skrywers soos Micheal Crichon, Joe Hart en James Patterson, is Projek Apex 'n spanningsvolle, globale riller, wat plaas vind oor verskeie lande met gevlegte tydlynne, van die regeringstaat Washington, tot die gopse van Mumbai en die brandende hitte van die Irakkiese woestyn, Projek Apex bied kleurvolle kerakters, met hulle eie motivering en hoofreded wat 'n storie vertel van menslike konflik wat tydens 'n globale gebeurtenis terugval na die primitiewe wat onderdruk was deur gemeenskap sos die wêreld om hulle verkrummel

Geagte Skrywer

by Petro Ebersohn Matthew W. Grant

Wees 'n getuie van hoe James Walek tot raserny gedryf word wanneer hy as gevolg van 'n huwelik wat besig is om op die rotse te loop en 'n skryfloopbaan wat tot stilstand gekom het, deur een te veel van daardie beledigende "Geagte Skrywer"-briewe van afkeur van 'n uitgewer, oor die rand van wanhoop gestoot word.

Laguns Die Eensame Meermin

by Petro Ebersohn Dan Alatorre

'n Heerlike prenteboek met oulike sketsies. Laguna die Eensame Meermin vertel die verhaal van 'n eensame. jong meermin wat aan 'n manier moet dink om gestrande seerowers te red. Deur ander te help, maak sy nuwe vriende.Ideaal vir ouers om aan voorskoolse kinders voor te lees, of vir kinders wat 'n bietjie ouer is, om aan hulle ouers voor te lees! Dit sluit voorstelle in vir ouers om lees pret te maak vir hulle kinders.

Bloed Demoon: Wraak

by Liezl Dreyer Paul Zunckel

Een man met 'n begeerte van wraak wat hom verblind, en wat aan die einde sy ondergang is, as hy sy demoon ontsluit om te loop en te jag onder die Afrika maan, Suiwer boosheid, wat loop in die Afrika-bos. 'n Onheil wat verslind - opgeroep uit die duisternis van die hel in 'n ritueel wat vlees en bloed behels het ... Piet van Zyl bevind homself aan die ontvang kant van waansin as hy gekonfronteer word met die Bloed Demoon wat die lewens bedreig van diegene waarvoor hy die liefste is.

Bloed Maan Oor Afrika

by Liezl Dreyer Paul Zunckel

Afrika, 'n plek waar bygeloof en toordery diep loop, 'n plek van skoonheid, maar waar die dood in die skadu skuil. 'n Land gehul in misterie met antieke oortuigings wat prut net onder die oppervlak - gestel om te bots op 'n pad met moderne Westerse idees. 'n Onskuldige daad ontsluit 'n gruwel wat in die Afrika-nag loop ... onder die volmaan ... en niks is veilig. Piet van Zyl, safari eienaar, bevind homself ingetrek word in 'n wêreld van waarsêery, en kom van aangesig tot aangesig met 'n riller wat teruggekeer uit die graf. Met die ondersteuning van Veronica Strydom, en haar uitgebreide kennis van Afrika-kultuur, moet hy die nag bevry van die gruwel, of sterf deur te probeer.

Refine Search

Showing 451 through 475 of 607 results