Browse Results

Showing 501 through 525 of 607 results

Die Raaisel van die Gesiglose Bruid

by Pennie Mae Cartawick

Die bruid het geen verlepte rose vasgehou nie, maar haar trourok was geskeur en verbrand. Haar kaal bene yskoud, wiegend en onvas. Die sluier het laag oor haar gesig gehang. Ek het my pistool by my gehad, maar ek kon nie skiet nie. As dit 'n spook was sou die koeël sekerlik dwarsdeur gegaan het, maar as dit ‘n mens was, dan sou ek ‘n dooie vrou skiet. Haar hande, die naels lank en gebreek, het die sluier opgelig gehou. Haar gesig! Selfs in die donkerte kon ek sien hoe vermink dit was. Die oë is uit hulle kaste geruk, die neus ingedruk; al wat oorgebly het was die mond. Dun, sagte lippe wat oop was om bruin afgebreekte tande te wys.

Ayla se sonde

by Alma Carstens

Soms lei 'n afdraaipad na die regte eindbestemming ... Ayla vind met 'n skok uit dat sy swanger is. Die simptome was daar, maar sy het bly hoop dat sy iets anders makeer. Sy is sedert haar skooljare verlief op Adam Durandt, die kroonprins van die Durandt-sakeryk. Maar sy en haar alkoholispa het aan die verkeerde en armste kant van die dorp, Bloekomlaan gebly. En in Randdahl bepaal 'n mens se agtergrond jou sosiale status. Daarom sal Ayla nooit goed genoeg wees vir die ryk Adam Durandt nie, al droom sy al jare lank oor hom. Haar pa is intussen oorlede, en sy sorg vir haarself en het baie drome vir haarself gehad - ook om uiteindelik Randdahl te verlaat. Haar swangerskap verpletter egter haar drome, ook nog meer toe Adam aanvanklik niks wil weet van die baba nie. Hulle het tydens 'n vriendin se verlowingspartytjie te ver gegaan, maar nou wil hy niks met die gevolge van daardie een aand te doen hê nie. Adam se skatryk familie verwag van hom om met die ewe ryk Patricia Bicknell te trou, maar dis glad nie wat hy wil hê nie. Aanvanklik lyk die nuus waarmee Ayla die mat onder sy voete uitruk na 'n ramp, maar hy besef gou dat dit eerder as 'n seën gesien moet word en hom die uitkoms bied waarna hy verlang. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills + Boon en Harlequin-romanses. Ayla se sonde is Alma Carstens se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: Lenteliefde (Februarie 2018), Somersprokie (Julie 2018), Winterdroom (Oktober 2018), Liefde uit Italië (Junie 2019), en Die onwillige strooimeisie (Desember 2019)

Die Aanbod

by Alma Carstens

Karlien het ’n renons in Steve, haar ryk buurman op sy wildplaas. Dié man glo sy sal nog eendag met hom trou. Net omdat hy haar plaas ook by sy plase wil voeg. weet Karlien. Haar eksverloofde keer onverwags in haar lewe terug, en dit nadat hy haar verkul het. Maar hulle sal alles regmaak, belowe hy, en sy wil hom glo, maar kan sy dit waag? Oupa Hans probeer ook nie juis een van die twee van sy kleindogter af wegkeer nie: die droogte knel nou so dat Blouberg binnekort onder hom en sy kleindogter wat boer, uitverkoop gaan word. Nie dat Karlien dit nie net so goed weet nie. Maar trou vir grand? Nooit, nooit! Nog haar eksverloofde. nóg haar buurman is bereid om haar prys te gee. Maar toe sy helderheid in haar hart kry, is die liefde soos die dag wat breek. Beleef die emosie

Die onwillige strooimeisie (Romanza)

by Alma Carstens

Anja is heimlik verlief op Alec - haar beste vriendin se verloofde. Nou moet hulle saam die troue reël terwyl Zita nege maande lank Londen toe gaan. Maar alles is nie altyd soos dit op die oog af lyk nie …

Halwehuisliefde

by Alma Carstens

Babette se buurman is nie haar tipe nie, al is hy Blind Justice se lead singer, waaroor almal blykbaar gaande is. Dis net dat hy ’n ander mens van die verhoog af is ...

Joune Vir Altyd (Romanza)

by Alma Carstens

Melani is terug op Wiesenhof om haar ouers by te staan. Ná ’n tyd in New York het haar voorkoms totaal verander en is lelike Melani van ouds nou beeldskoon; soveel so dat die onstigtelik aantreklike Rudi haar aanvanklik nie herken nie. Ondanks alles laat Rudi steeds Melani se sinne duisel. Hulle word weer vriende, maar Melani is katvoet vir hom, want sy glo hy sal haar net weer seermaak, soos destyds. Sy sal veel eerder met die betroubare Brett trou. Sal Rudi betyds tot sy sinne kom? Sal hy sy trots in sy sak steek en vir Melani kan vertel hoe hy werklik oor haar voel, of is dit neusie verby vir hulle?

Kaapse Draai

by Alma Carstens

Lani gaan Kaap toe om vir 'n maand lank saam met 'n wildvreemde boer op sy plaas te bly. Maar waarom sou 'n man wat so aantreklik is, dit nodig vind om vir 'n vrou te adverteer?

Lenteliefde (Afrikaans Edition)

by Alma Carstens

Milan keer ná haar suster se dood terug na SA om haar swaer en sy kinders by te staan. Ou gevoelens begin weer blom, maar wat steek Etienne vir haar weg? Mag Milan hoop op liefde in die lente?

Luca se obsessie

by Alma Carstens

Miranda weier om net nog 'n merkie te word op die kerfstok van 'n lenige Italianer wat op 'n dag haar bloemiste binnestap. Liefde is nie vir haar onderhandelbaar nie. Vir hom blykbaar ook nie.

Middernagsoene

by Alma Carstens

Giselle is doodgelukkig met haar lewe, en van liefde wil sy niks weet nie, want dis bloot vlietend en laat gebroke harte agter. Toe sy dokter Ben Joubert ontmoet, kan sy nie verstaan hoekom haar hele wese op so ’n vreemde manier op hom reageer nie. En die begeerte om die hele tyd by hom te wees? Sy kan tog sekerlik nie verlief wees nie, al sê haar vriendinne ook dis presies wat haar “makeer”. Ben se soene die naweek by die see verander haar siening van die liefde, maar wat van vervelige Frik, haar kêrel? En die meisie wat Ben in die oog het? Sy het immers ’n verantwoordelikheid teenoor hulle ook, of maak sy ’n fout?

'n Nuwe bruidegom

by Alma Carstens

Haar vernedering voor die preekstoel skryf sy net aan een man se inmenging toe - Quinton Rousseau. Die Masai Mara in Kenia is dalk ver genoeg om van die Rousseau's te vlug, maar nie van haar haat nie.

Net vriende

by Alma Carstens

Die sekretaresse by sy kantoor sê dat Carl vir sake in die buiteland is en net twee dae voor die troue terugkeer. Met 'n siek gevoel van teleurstelling sit ... Sy stoot vinnig haar stoel agteruit en staan op. Sy wil nie aan Jake dink nie. Hy het die ...

Somersprokie

by Alma Carstens

Charlotte, oftewel Charlie, vra vir Christiaan om haar te help om haar seehuisie op te knap, maar hy besef hy sal sy gevoelens vir haar in toom moet hou want wie sê haar verhouding met James Duncan, die internasionale rolprentheld, is verby?

Tyd sal leer

by Alma Carstens

Sienna gaan soek 'n uitkoms vir haar probleem in Malawi. Gou is haar besoek veel meer 'n avontuur as 'n vakansie. Is Marco die oplossing vir haar probleem en die sleutel tot haar vryheid?

Ver anderkant Wiesenhof (Romanza)

by Alma Carstens

Tien jaar gelede het Kara Nikla se hart gebreek toe sy hom vir 'n ryk Engelsman gelos het. Nou moet sy bakhand na Wiesenhof terugkeer en Nikla is al een wat vir haar werk het. Maar voel hy ook steeds dieselfde oor haar?

Verbode liefde (Romanza)

by Alma Carstens

Zoey ontmoet die enigmatiese dokter Jano Marnitz terwyl sy met vakansie in Parys is. Hy ontwikkel 'n obsessie om haar gesig, wat in 'n motorongeluk geskend is, te herstel. Het hy dalk gevoelens vir haar of is dit slegs sy doktersinstinkte wat inskop?

Verlore jare

by Alma Carstens

Isabella staan ná vyf en twintig jaar weer voor die seun wat sy laat aanneem het en sy pa. Maar dis net sy wat dit weet en dis te laat om te praat.

Winterdroom

by Alma Carstens

Simoné is vir altyd klaar met mans, maar sy bly steeds 'n warmbloedige vrou met behoeftes. Al verpes sy Tristan Lindeque, tiek hy al haar boksies en pas hy perfek in haar plan. Sal hy instem om haar minnaar te word en al haar voorwaardes aanvaar?

Wiskunde (Graad #11)

by Shane Carollisson Rory Adams Sarah Blyth Heather Williams Wiehan Agenbag Liezel Du Toit Carl Scheffler

The grade 11 maths collection for Afrikaans

Oorleef Skisofrenie

by Richard Carlson Jr.

Richard Carlson Jr. was gediagnoseer met paranoïese skisofrenie toe hy een – en – twintig jaar oud was. Sy siekte het begin toe hy in vroeë adolessensie was. Moderne psigiatrie het Richard oor ‘n dekade misluk. Toe, na ‘n insident met die polisie het hy regtig verstaan dat sy diagnose werklik is, en het uiteindelik die lang proses om te herstel begin. Meer as tien jaar later het sy lewe geweldig verbeter. Saam met sy behandeling het Richard ook herstel van depressie, obsessiewe – kompulsiewe – versteuring, en lusteloosheid. Moenie dat dit wat met Richard gebeur het, met jou, ‘n geliefde, of ‘n pasiënt met ernstige geestes siektes gebeur nie. Wees altyd eerlik met mekaar, en met jou psigiater.

Vertel my Nou ... van Kleure!

by Carla-Mari de Bruyn Rijuta Ghate

Leesboek: Eerste Woorde

Sielsiek (Afrikaans Edition)

by Carla van der Spuy Henk Swanepoel

Die Psige van Suid-Afrika se koelbloedigste misdadigers

Bloed Op Haar Hande: Vroue Agter Tralies

by Carla van Der Spuy

Wat laat vroue moor? En hoe voel dit om ’n sel met moordenaresse te deel? Carla van der Spuy besoek vier vrouetronke reg oor Suid-Afrika en klim in die koppe van vroue wat geweldsmisdade gepleeg het. Sy kuier by die babas gebore agter tralies, vier Kersfees in die tronk en gesels van aangesig tot aangesig met mesmoordenaresse, huurmoordenaresse, ’n kleptomaan en prostituut. Vrouens met bloed op hulle hande. Wat het so verskriklik skeef in hul lewens geloop? En is daar ’n mens agter die misdadiger?

Gangster: Ware Verhale

by Carla van Der Spuy

'n Intieme blik op bendegeweld – van dié wat die geweld gepleeg het sowel as dié wat onskuldig is. Carla van der Spuy praat met mense van ’n gangster wat “nie genoeg vingers en tone het” om te sê hoeveel mense hy gedood het nie tot ’n ma wie se kind sonder waarskuwing aangeval was. Sy laat toe dat mense in hul eie woorde ’n beeld skep van die hoop en wanhoop, onsekerheid en vasberadenheid wat deel is van lewe tussen gangsters. Met hierdie boek is daar insig tot hoe die gangs ledes kry, sowel as hoe mense probeer om weg te breek daarvan. Daar is insig vanaf ’n polisielid en van die groep wat ’n veel beter rehabilitasiesyfer het as die tronk – want daar is steeds hoop. Hier lê ’n gemeenskap sy hart bloot.

Liefde agter tralies: Ware Suid-afrikaanse Verhale

by Carla van Der Spuy

Hoekom raak mense verlief op misdadigers? Dit gebeur selfs wanneer hulle steeds hul vonnis uitdien. Carla van der Spuy voer onderhoude met die mense wat liefde probeer onderhou wanneer een of albei agter tralies is, asook kenners soos forensiese sielkundiges, en stel ondersoek in om te sien watter motiewe en denkprosesse sulke verhoudings dryf.

Refine Search

Showing 501 through 525 of 607 results