- Table View
- List View
Die Hanswors
by Maritha SnymanAlmal sien al lank uit na die toer na Waterval-Boven. Die Reënboogranters het reeds ritse planne beraam om pret te hê, al gaan ou Biltong en Juffrou Venter saam om hulle op te pas. Die eerste nag reeds weerklink daar twee gille uit die saal waar die dogters slaap. Maar toe hulle onder Juffrou Venter se skeermesstem deurloop, vergeet almal dat Sunette eerste gegil het. Die volgende aand, met die fancy dress, verdwyn Sunette spoorloos. Shani kan nie help om te dink dat die ergste met haar sussie gebeur het nie. Almal is op soek na die geheimsinnige hanswors, die hanswors wat Sunette glo langs haar bed sien staan het ... Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboograntjare!
Die Joodse Konfidensiële Lêers Nog Nooit Voorheen Gepubliseer Nie!
by Bernard LevineHierdie is 'n splinternuwe boek met informasie wat nog nooit voorheen gepubliseer is nie. Vir digene wat lief is vir die Joodse nasie en gesmag het om meer omtrent hulle geloof en leefwyse te weet, vir Christene wat lief is vir Jesus en meer van Sy Joodse wortels wil leer ... Die verrassende onthullings in hierdie boek was vir lank vir die wêreld verborge en word nou vir die eerste keer ontbloot! Jy sal ontdek ... Wat doen Jode op Kersdag? Sal jy met my trou? Hoe Jode 'n huweliksaansoek doen? Waarom eet Jode nie McDonalds, KFC of Burger King nie? Wat is in die Hebreeuse Bybel wat jy nie weet nie? Hoekom het die Rabbis die letters van God se Heilige Naam verander? Wat het die Jode met die woord Elohim gemaak? Watter plaasvervangende naam gebruik die Jode instede van Yahveh? Waarom skryf Jode nooit die woord "God" nie? En baie ander verrassende onthullings.
Die Kielieboom
by Francois KeyserDaar is baie wonders rondom ons, ons moet dit net raak sien… Familie koop ʼn nuwe huis en hul gestremde dogter, Katryn hoor snags geluide vanuit die rigting van die boom. Sy gaan stel ondersoek in een nag en is verstom oor wat sy daar aantref. Sy ontmoet ʼn paar eienaardige vriende en sommer gou-gou hou sy partytjies in die nag saam met hulle. Selfs toe daar iets vreesliks met ʼn maat gebeur, hou die gelag en vrolikheid nie op nie en so gebeur daar ook ʼn wonderwerk wat Katryn in staat stel om te kan loop. “Die Kielieboom” is geinspireer deur ʼn boom in ʼn park waar ons dogters altyd gaan speel het. Die storie is in rym-vorm geskryf en inspireer ons om op die uitkyk te wees vir die wonders van die lewe; in ons kinderjare en des te meer ook in ons grootmens lewe. Dit demonstreer ook vir ons hoeveel krag daar in blydskap is, soveel so dat ʼn jong, gestremde dogter ʼn wonderwerk beleef en kan loop vir die eerste keer in haar lewe.
Die Kind: @@@center@@@DIE KIND
by Jan Van TonderAmazolo het die laaste maande van haar tyd gevra dat die kind in haar moet doodgaan, en sy saam met hom. Mlenzana het nie teruggekom nie. Sy het aanhou werk, tot op die laaste dag, asof sy nie kind gedra het nie en almal het oor haar gepraat, die hele Msinga vol, en verder weg tot by Bomvini en Thenjini, en die Zondi. "Ek sien jou," het sy gegroet wanneer sy iemand raakloop, maar niemand het geantwoord nie. Hulle het geweet dat sy die kind nie wou he nie. Jan van Tonder betree in hierdie roman die magiese wereld van die menslike religie waarin realiteit en mistiek moeilik van mekaar te onderskei is. Sentraal staan die uitverkore kind wat deur die wat dood is en tog lewe, gemerk is om 'n groot man te word - ten spyte van sy verskeurdheid tussen eenvoud en weelde en moeder en ma. Die een het hom in die lewe gebring, die ander het hom gesoog. Maar 'n kind kan nie tussen twee ma's staan as die een van riet en die ander van sterklip gemaak is nie. Hierdie uitgawe van Die kind, bied omvattende studiemateriaal, spesifiek vir leerders van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.
Die Kinders Grim en die Oergaai se Geheim
by Jm Van ZylBella het nie verwag dat die weeshuis so vreemd sou lyk nie, net soos sy ook nie verwag het dat al die stories wat Ouma haar vertel het waar sou wees nie, of dat die onsigbare monster wat hulle bekruip regtig bestaan nie...
Die Klein Rooi Brandweerwa
by Linda HendersonDie Klein Rooi Brandweerwa het 'n gelukkige lewe gehad- tot eendag, toe twee nuwe brandweerwaens in sy motorhuis inry. Hy was seker dat hy nie meer verlang of nodig sou wees nie. Dit het hom baie hartseer gemaak. Maar toe eendag, was daar 'n brand in sy rustige dorpie. Vind uit wat gebeur met die klein brandweerwa. Hierdie verhaal sal jou kleintjie (ouderdomme 3-5) wys dat selfs wanneer iets sleg gebeur, kan daar nogsteeds 'n gelukkige einde wees!
Die Kommissaris se Spook
by Claudio Ruggeri Elmarié SmalKommissaris Vincent Germano is 'n ouskoolse polisiewoordvoerder wat gebore is in San Francisco, maar in Italië woon vir meer as twintig jaar,waar 'n gebeurtenis nie sy lewe verander het nie. Die Castelli Romani, is 'n provinsie suid van Rome, dit is die agtergrond waar die twee sake wat Germano en sy manne se aandag vereis en ondersoekpyne veroorsaak, afspeel; 'n onkantse skeidsregter en 'n vermiste meisie.
Die Koningin Van Soweto: Die Storie Van Basetsana Kumalo
by Christine Van Noordwyk Mia Du PlessisLeesboek: Hardop Lees
Die Krag van Middernag Gebed
by Mignionette Fair Gabriel AgboHierdie boek, 'Die Krag van Middernag Gebed', sal beslis een van die omvattendste en kragtigste boeke oor geestelike oorlogvoering wees. Die titel-keuse kom van ʼn rykdom van ervaring, skrikwekkende getuienisse en belydenisse, en ʼn deeglike studie van die woord van God. Dit is inderdaad ʼn baie ryk en goed nagevorste werk. Dit is deur menigte as ʼn ongelooflike boek beskryf. In hierdie boek sal jy leer van die enorme, maar nie ten volle benut, geestelike krag wat in die gebede wat tussen 11:00nm en 3:00vm gebid word lê. Weet jy genoeg van die eksplosiewe mag van lofprysing, gebed en vas? Weet jy watter rolle die engele van God, die Gees van God en die vuur van God in ons oorlog teen die koninkryk van duisternis speel? Jy sal ook lees van die kolossale, vernietigende impak wat die naam en bloed van Jesus in Satan se koninkryk het - direk uit die monde van voormalige okkult meesters. Wat gebeur wanneer Satan en sy demone in kontak kom met die twee kragtigste elemente in die heelal? Waarom het Satan gedurende ʼn vergadering uit sy stoel uit geval omdat die naam van Jesus genoem was? Weet jy van die vyand se oorlog strategieë teen die kerk, Christene en predikante? Hoe breek hy predikante van die evangelie af of nog erger, hoe vermoor hy hulle soms? Wie is die agente van die donker koninkryk in die kerk? Watter rol moet die gebedstryders speel? Wat is die belang van die koninkryk van Satan in menslike vlees en bloed? Hoekom moet mense geoffer word in die okkult wêreld? Jy sal oor verskeie verhale van voormalige agente van Satan, en selfs van die media, lees oor die opoffering van mense en ander skrikwekkende gebruike wat nie gepubliseer mag word nie. Waarom sal ʼn vrou die oë van ʼn kruipende baba verwyder, haar slag, met die baba se gehuil en gekreun in haar ore, en dan die baba eet? Wat doen die okkult met seks? Kan bose geeste, verbonde en vloeke deur seks oorgedra word? Waarom sal ʼn man met ʼn klein seuntjie slaap en hom for
Die Krag van Opoffering
by Gabriel Agbo Leonie van der WathOpofferinge is kragtig. Baie Kragtig! Die rykste man, die sterkste man, die mees geseënde mans en vroue, die verstandigste, die grootse koning, en die magtigste profete was almal manne en vroue van opoffering. Hulle het hulle alles gegee en het gewaagd opgetree vir hulle mense, mensliewenheid en vir God om hulle verpligtinge en doelwitte te bereik sodat almal in ewigheid op hulle trots kon wees. Wil jy hulle geheim weet? Goed. As jy wil uitblink moet jy eers ‘n man/vrou van opoffering word. Alles is moonlik vir dié wat die prys kan betaal. Dié boek bevat die volgende hoofstukke – Die Krag van Opoffering, Offer Jou Enigste, Ek Reis deur Egipte, Ek Sal Die Prys Betaal, Volg My! Ons Het Vir Jou Gekom, Ek Sal Jou Bewaar, Berei Daardie Laaste Ete Voor, Die Krag Om Te Bewaar, Loof, Vas en Gebed. Ons bespreek nie net die groot opofferings van noemenswaardige mans en vroue uit die Bybel nie en hoe hulle optrede hulle belangrik gemaak het nie maar ons bespreek ook mense soos Yonatan Yoni Netanyanhu van Israel. Hy is die jong Israeli wat die komando eenheid gelei het om die Joodse gyselaars te red by Entebbe lughawe toe hul vliegtuig in 1976 gekaap is en in Uganda moes land. Ons kyk ook na militêre helde – soos die “SEALs” en “Delta Force. Hierdie mans gee voordurend hulle allerbeste om ander te beskerm en om die mensdom te red. Hulle offer hul lewens op om ander te beveilig. Jesus het gesê groter opoffering is daar nie, dan iemand wat sy lewe vir ‘n ander gee. Ons bring hulde aan hulle! Hulle leer ons wat opoffering behoort te wees. Jesus het juis gevra, wat se opoffering kan groter wees as wat iemand sy lewe vir sy vriende gee? Ons prys hulle vir hulle dapperheid en uitmuntende patriotisme. Hier sal ons leer van opofferings van geloof, goedheid, patriotisme, gebed, vas en loof. Wanneer jy meer doen as wat van jou verwag word, is daar onmiddelik ‘n onsigbare bonatuurlike mag wat reageer en na jou toe haas.
Die Kruppel Engel: @@@center@@@Die kruppel engel
by Zenobia KockOm te weet wie jou pa is, is om te ís. Al stry hy jou af. Al suip hy soos jou stiefpa, net aan duurder goed. Al is hy wit. Nou weet jy wie jy is en waarmee jy werk. Nou weet jy hoekom is jou neus groot en jou lippe dun. En nou weet jy dat jou boude klein gaan bly. Nou vat jy jou klip en jy drá dit, want dis wie jy is. Tina bly op die Coetzees se skaapplaas in die Karoo. Haar grootmaakpa pas skaap op, maar sy vermoed haar biologiese pa boer op Engelsplaas – die plaas langsaan. Engelsplaas word so genoem omdat die plaaseienaars nou al vir geslagte lank ʼn engel het. Tina gaan skool in die Engelse plaasskool Rising Star, maar sy wil graag na die Afrikaanse dorpskool toe gaan. As dit net nie so duur was nie. Toe sy van moedeloosheid wil wegloop, sê Jakob, ʼn kruppel padloper, haar aan om haar regte pa te gaan vra vir geld. Hierdie leerdersvriendelike skooluitgawe bevat: ʼn inleiding tot die roman verrykende materiaal vrae, aktiwiteite en antwoorde gebaseer op die NKV ʼn tweetalige woordelys, met woordverklarings.
Die laaste karretjiegraf
by Riana Steyn Athol FugardDie eerste saad vir hierdie toneelstuk is reeds vyftig jaar gelede geplant. Dit het begin met 'n storie wat Athol Fugard se ma aan hom vertel het en met sy belofte aan haar om eendag 'n toneelstuk in haar moedertaal te skryf. Met die hulp van medeskrywer Riana Steyn se navorsing oor die karretjiemense het Die laaste karretjiegraf, Fugard se eerste toneelstuk in Afrikaans, tot stand gekom. Dit is die verhaal van die Geduld-gesin wat hul ouma Mieta in die karooveld onder klippe begrawe soos dit die gebruik onder die karretjiemense is. Haar dood lei die einde van 'n leefwyse in. Hierdie leerdersvriendelike skooluitgawe bevat: • 'n inleiding tot die drama • woordverklarings • verrykende materiaal • vrae, aktiwiteite en antwoorde gebaseer op die NKV • 'n tweetalige glossarium
Die Laaste Weerwolf pak
by Vianka Van Bokkem ElaineGedurende die loop van die storie sal my lewe bedreig word deur 'n obsesiewe alfa weerwolf mannetjie. Die verassende aankoms van 'n tweeling broers Kendrix en Kennan leer my dat liefde wel bestaan. Die pak en 'n paar vampier vriende gaan saam baklei vir 'n gesamentlike doel- wraak. Verskeie groepe het al die einde van die wêreld voorspel mees bekend as die 'doomprofete'. In die loop van die tyd het die wêreld nie geëindig nie. Mense vampiere en weerwolwe is nie deur gesofistikeerde wapens van die aarde afgevee nie. Die persone wat wel vir die uitwissing veantwoordelik was is die honderde wetenskaplikes wat dodelike virusse in proefbuise bewaar het vir verdere studie. My naam is 'Julissa' 'n vroulike alfa weerwolf van Romania.
Die Lekker Gespreks Boek
by Bernard LevineHoe goed ken jy jou geliefde en vriende? Hierdie lekker boek is propvol vrae wat stof tot nadenke gee, soms intiem, soms laf en kontroversieël, maar altyd interessant. Wanneer vriende omkom, met 'n familie samekoms of wanneer jy so pas iemand op 'n partytjie of byeenkoms ontmoet het, sal hierdie gekkige boek almal aan die praat kry.
Die Lucky Strike
by Steve HofmeyrJy mag dink jy is klaar met die verlede, maar eintlik is die verlede nooit klaar met jou nie. Net toe Die Sluiper sy rug wou keer op sy lewe as huurmoordenaar en vrede met die wêreld wil maak, vind hy dat sy verlede hom ingehaal en verbygegaan het. Dit wag vir hom op ’n wildsplaas in die Kgalagadi, en ook in Kabinda in die DRK tussen strydende militêre magte. Daar sal rekenskap wees. En vergelding. Hy is gereed daarvoor, want hy was in sy element – die element van vrees. Maar eers wag sy neef, majoor Darius Keiser, en sy geliefde Tes op hom. Ook sy twee eertydse kamerade in Spesmagte, Gertjan en Carlos. En die lang vrou met ’n donkerbril wat haar Lucky Strikes met soveel toewyding rook ... Dit is ’n diggeweefde web van verraad en misleiding wat hy eiehandig sal moet ontrafel. Sonder genade. Want hy is Die Sluiper en genade is God se domein. Met Die onaantasbares het Steve Hofmeyr liefhebbers van spanningsromans aan Die Sluiper bekend gestel. In Die Lucky Strike leer ons die gesiglose in sy weerloosheid ken. Hierdie opvolgroman sal nie teleurstel nie. Weerloosheid het nooit ’n huurkontrak nie. Dit bly altyd persoonlik.
Die Manewales van Thomas die Kat
by Linda M. HendersonThomas die pragtige kat gaan op 'n reis deur sy omgewing, en is verbaas oor wat hy ontdek. Hy ontmoet 'n colliehond, 'n lam, 'n valk, 'n wit perd, 'n tier, 'n leeu, 'n olifantfamilie, en 'n uil. Maar omdat hy nie besef dat hy regtig 'n kat is nie, het elke ontmoeting hom laat wonder of dit die soort dier is wat hy bedoel was om te wees. Uiteindelik, vertel 'n wyse uil vir hom die waarheid. Jou kinders sal hulle verlustig in die nuwe avontuur van Thomas en begin nadink saam met Thomas, wie hulle ook bedoel was om te wees as hulle ouer word!
DIE MEESTE STERRE IS LANKAL DOOD
by Johann De LangeOp die verste einder lig die son soos die koperhingsel van 'n hek + kom stadig uit sy slome los, 'n swerm duiwe stuif op uit 'n bos soos skraal boekrûe. Pen op papier teken ek als op, skrywende tot + met.
Die meisie op die dak
by Cecilia SteynEstelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.
Die onbekende helfte
by Christine Le RouxIn Die ontbrekende helfte word Yvette Faure deur 'n agentskap as sekretaresse na professor Rabe se huis gestuur. Sy kom af op chaos - stapels onuitgepakte bokse wat oral rondstaan, en, om alles te kroon, 'n verstrooide professor wat duidelik nie net 'n sekretaresse nodig het om sy lewe te orden nie.
Die onwillige Prinses
by Katrina Bowlin-Mackenzie Leonie van der WathDie onwillige Prinses wat hou van seunsklere ontmoet die aantreklike Prins. Hy is genooi na haar 18de verjaarsdag onthaal.