Browse Results

Showing 226 through 250 of 607 results

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 8

by Siyavula

A South African textbook.

Elf Dae in New York

by Elizabeth Wasserman

Eendag. me so lank gelede me. was daar 'n meisie wie se pa haar na 'n veraf towerstad gestuur het om saam met haar nare stiefma by haar gemene stiefsuster te gaan kuier. Frances het haar nuwe stiefsussie eintlik nog maar min gesien. Amie studeer in New York aan die beroemde Parsons School of Design en haar internskap by die ontwerper Daniel is die begin van haar modeloopbaan, glo sy. Totdat twaalf van Daniel se couture-rokke voor die glansbekendstelling “ontvoer” word. Op die spoor van leidrade om die rokke te vind, ontdek Frances 'n New York soos dit in geen reisgids beskryf word me. Elf dae, twaalf rokke ... En ʼn ridder op 'n fiets

Elf Dae in Oxford

by Elizabeth Wasserman

Alycia het skaars op Heathrow-lughawe deur doeanekontrole beweeg, of sy kry ’n video-oproep van haar suster, Inez, uit Oxford. “Maak gou, Besem. Dump tannie Aggie en kom direk Oxford toe. Nou. Dadelik!” “Maar my bagasie-” “Stuff jou bagasie. Ek kan sien waar jy is – ek track jou. Stap reguit aan, draai links en volg die bordjies met die bus op. Daar is ’n bus wat oor sewe minute vertrek. Jy moet jou stert roer!” Maar toe hulle op Gloucester Green-busstasie in Oxford aankom, is haar suster nêrens in sig nie. Sy het darem Inez se adres en ’n nuwe kaart-app wat die vriendelike Siya op die bus vir haar op haar foon gelaai het. Waarom sou Inez haar so dringend hier wou hé? En die kaart- app met sy Alice in Wonderland-tema, wat het dit met Oxford, en met háár, te doen? Vreemder en vreemder ... Gou tuimel Alycia, nes Alice, af in ’n konyngat na 'n andersoortige Wonderland. Deur die skrywer van die topverkoper Elf dae in Parys, wenner van 'n ATKV Kinderboektoekenning in 2017.

Elf Dae In Parys

by Elizabeth Wasserman

“Kyk!" sê Luc. "Dis wat ek vir jou wou wys. Sy word genoem 'Die Gevleuelde Oorwinning van Samothrace’, en vir my is sy die tweede mooiste meisie in die Louvre." Emma bloos toe hy tergend na haar kyk. Die Franse verstaan sowaar die kuns van flirt! dink sy. Dalk word dit nog hier as skoolvak aangebied. Emma is me veel lus vir die Franse kursus in Parys nie – haar ouma se geskenk vir haar sestiende verjaarsdag. Maar die Stad van Lig betower haar gou, en met Luc as haar gids kry Parys se bekende bakens vir haar nuwe betekenis. Luc is toevallig daar wanneer vreemde goed begin gebeur: sy word amper toegesluit in die Musée d’Orsay, by die Eiffeltoring val ’n bedelaar haar lastig ... en wie is die onvergeetlik mooi Oosterse meisie met die viool. wat maar net nie uit Emma en Luc se pad kan bly nie? Fantasie. liefde, avontuur – in Parys is dit moontlik om dit alles oor ’n tydperk van elf dae te ervaar.

Elf Dae Op 'n Eiland

by Elizabeth Wasserman

Danika beweeg soos ʼn zombie saam met die tou mense by die inweegtoonbank en deur sekuriteit. Sy voel heeltemal alleen. Sy vind haar sitplek op die vliegtuig en druk haar oorfone in haar ore. Musiek is haar geselskap. Sy baklei met die vreesagtige gedagtes wat haar wil oorweldig. Dis beter om op positiewe dinge te konsentreer. Sy blaai deur die glanstydskrif in die sakkie teen die rugkant van die sitplek voor haar. Daar is ’n foto van ʼn eiland: groen palmbome teen ’n skelblou see en 'n poeierwit strand. Hoe sal dit voel om jou tone in die warm sand te druk? Die lugwaardin bring ’n skinkbord met ʼn broodjie. ’n vrug en ʼn sap. Pynappel. Haar playlist speel 'n liedjie met ’n reggae-ritme. Sy weier om opgewonde te raak. Sal haar pa haar op die lughawe ontmoet? Wat sê 'n mens as jy jou pa vir die eerste keer in sestien jaar sien? Deur die skrywee van die topverkoper Elf dae in Parys. wenner van ʼn ATKV Kinderboektoekenning in 2017.

Elikser

by Frenette Van Wyk

Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma te red wat ’n paar maande gelede deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is. Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n natuurbewaarder en -kenner en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese druip van ... betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Sy ontdek ’n geheim oor Sterling wat die wind uit haar seile neem en ’n bonatuurlike wêreld vir haar oopsluit, een wat sy gedink het net in fantasieë bestaan. Cobalt, die parfumeur by wie sy die enfleurage leer doen, en sy honde het boonop ’n eie, duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste, gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan in haar en Sterling se pad om betyds die elikser vir haar ma te maak ...

Ella Neser 01 - Die verdwyning van Billy Katz

by Chris Karsten

Moordspeurder Ella Neser is terug. Erg hees en met ’n bewing in haar hande wat sy nie vir kolonel Silas Sauls kan wegsteek nie. Maar sy is verbete om haar ou self te herwin. Wanneer sy aangesê word om die spoor te vat van vier geamputeerde voete, ontmoet sy die onkonvensionele oud-speurder Lou Pepler, wat twee dekades gelede die verdwyning van Billy Katz moes probeer oplos. Wat het ’n begrafnisondernemer gemeen met Billy se verdwyning soveel jaar gelede? En is stink Attie regtig verantwoordelik vir die vier linkervoete wat in ’n Checkers-sak in die Botaniese Tuin gevind is? Lou is bereid om Ella met haar voetesaak te help. Maar, soos sy alte goed weet, is niks in die lewe verniet nie ... En aantreklike Lou Pepler, met ’n voorliefde vir beetsap en sampioene (nie net die gewone eetbare soort nie), is ook ’n man vol geheime.

Elmar Steyn

by Die Kaapse Vlinder

Storie oor die Kaap

Elna se tannie en ander stories

by Rosemary Golding Elizabeth Eagar

Huistaal Graad 4 Hegradeerde Leesboek

Emma se Verjaarsdag - Om Dankbaar te Wees

by Amber Richards Jamie Marais

"My naam is Emma. Vandag is my verjaarsdag en ek is baie opgewonde! Ek is sewe jaar oud." Clarence Thomas het gesê dat "Goeie maniere sal deure oopmaak wat die beste onderwys nie kan nie.” Hierdie woorde spreek volumes, soos in vandag se uiteenlopende en veranderende samelewing word ons as individue geëvalueer, op wat ons weet en hoe ons ander se gevoelens beskou. As ouers is ons geneig om meer te fokus op ons kind se akademiese/fisiese vaardigheidsversameling. Partykeer vergeet ons dat emosionele volwassenheid ook baie balangrik is, selfs vir jong kinders. Hierdie emosionele vaardighede sal jou kind se vermoë om langdurige verhoudings met hulle vriende verbeter. Dit sal hulle ook in staat stel om in ‘n morele volwassene te groei. Lesse vir die lewe word gewoonlik geleer deur gebruik te maak van die mees eenvoudige gebeurtenisse binne die menslike ervaring. Hierdie boek fokus op hoe jou kind moet reageer wanneer hulle 'n geskenk ontvang wat hulle nie waardeer nie. "Emma se Verjaarsdag - Om Dankbaar te Wees" is vermaak en maklik om te lees. Ons kan almal baie van Emma leer, en ek sien uit daarna om haar storie met jou te deel.

En toe glimlag Felicia

by A Smith B Van Tonder

Felicia Abrahams trek stad toe en begin hoërskool! Dit is genoeg om enige Graad 8-leerder te ontsenu. Hoe gaan sy al hierdie veranderinge hanteer? Sal sy ooit weer vir Rosalinda of Vince sien? Ons maak kennis met die berugte Groen Ys, Felicia se nuwe ‘vriend’. Hy stel Felicia bloot aan allerhande interessante idees en moedig haar aan om in te skryf vir ’n sang kompetisie. Gaan sy in ’n opstandige tiener verander? Gaan sy regtig vir die sang kompetisie inskryf? Intussen wroeg Vince met sy eie probleme wat sy familie en meisies aanbetref. Waarom mis hy Felicia so baie? Hoe gaan hy homself en sy boetie teen sy afbrekende en destruktiewe pa beskerm? Dan tref die tragedie... en ou vriende word herenig. Ook beskikbaar in hierdie reeks: Felicia die gelukskind Felicia en die Eerste Ridders

Esmeralda Grunch en die Rooi Tulp

by Debbie Manber Kupfer

Esmeralda Grunch is 'n baie haal blomme fee. Sy woon in 'n tulp van die helderste rooi. As Esmeralda wegvlieg vir die dag, is Tulip hartseer. Wanneer sal sy terugkeer? 'N Verhaal van vriendskap vir die jongste leser.

Etienne leer sy regte en Maak van die wêreld 'n beter plek

by Fiona Wade Linda Michell

Intermmediêre Boek Vier Graad 5 Gegradeerde Leesboek

Eva's Eye: An Inspector Sejer Mystery

by Karin Fossum

"No one can thoroughly chill the blood the way Karin Fossum can. " --Los Angeles Times Eva Magnus and her daughter are out walking by the river when a man's body floats to the water's surface. Eva goes to call the police, but when she reaches the phone, she dials another number altogether. The police find the body anyway Inspector Sejer and his team quickly determine that the man, Egil, died in a violent attack. But Egil has been missing for months and the trail to his killer is cold. It's as puzzling as another unsolved case on Sejer's desk: the murder of a prostitute, found dead just before Egil went missing. Sejer sets to work piecing together these two impossible cases; it's not long before he realizes that they aren't as separate as they previously seemed. "Fossum crafts remarkably incisive psychological suspense: novels that carry the headlong momentum of thrillers and the acuity and weight of literary fiction. " --Washington Post

Felicia, die gelukskind

by A Smith B Van Tonder

Maak kennis met Felicia Abrahams –’n pragtige 13-jarige dogter met 'n onvergeetlike glimlag, oë wat skitter, vol lippe en bo en behalwe dit, ’n sagte geaardheid. Haar pa is die dominee op die vissersdorpie waar hulle woon en Felicia is welvoeglik en beleefd grootgemaak. Felicia se grootste droom is om eendag ’n dokter te word. Felicia ontmoet Vince Jacobs, een van die gewildste seuns in die skool, en hulle raak goeie vriende. Maar waarom hou Felicia se pa dan nie van Vince nie? Sal haar vriendskap met Vince die sukses van haar toekomsplanne verongeluk? Vind uit wat Felicia se Graad 7-jaar vir haar inhou by die skool. Sy leer baie van haarself en haar familie. Sy leer ook baie van grootword en vriende – die konflik wat Patricia in haar lewe veroorsaak en ondersteuning van ware vriende soos Vince en Rosalinda. Lees dit alles in hierdie aksiebelaaide boek wat spesifiek geskryf is uit die oogpunt van ’n Graad 7-leerder! Ook beskikbaar in hierdie reeks: En toe glimlag Felicia Felicia en die Eerste Ridders

Felicia en die Eerste Ridders

by A Smith B Van Tonder

Vince se groot droom is om ’n skrywer te word en om ’n goeie opvoeding te kry. Sy pa se planne, aan die ander kant, is om Vince so gou as moontlik uit die skool uit te haal om geld te verdien. Gelukkig vir Vince, lyk dit asof Felicia se ouers hom al hoe meer begin aanvaar. Vince en Felicia maak albei nuwe vriende in hulle Graad 9-jaar – vriende wat hulle gedrag en waardes beïnvloed en beproef. Die twee ondervind groepsdruk om dinge te doen waarvoor hulle nog nie gereed is nie. Sal hulle swig voor die versoekings om te doen wat hulle klasmaats doen? Vince stem saam aan die einde van die boek dat dit ’n “rowwe jaar” was! Vind uit of Vince en Felicia bestem is vir mekaar en lees wat die twee alles moes deurmaak tydens ’n rowwe Graad 9-jaar. Ook beskikbaar in hierdie reeks: Felicia die gelukskind En toe glimlag Felicia

Feniks

by Deon Meyer

Kaptein Mat Joubert moet 'n sjarmante rower vastrek wat die een bank na die ander teister, en terselfdertyd moet hy ook die bloedspoor vat van 'n laksman. Maar op 34 is Mat oorgewig en hy rook en drink te veel. Bart de Wit, Moord en Roof se nuwe politiek korrekte bevelvoerder, pas terug uit exile, plaas druk op hom. Daar is nog hierdie een kans om homself te bewys en weer voor te begin.

Fluistering in die Wind

by Paul Zunckel

Boekbeskrywing: Stap in die bose wêreld van mensehandel, waar korrupte amptenare, werkloosheid, armoede,gierigheid en mag 'n rol speel. 'n Gesin word deur ontvoering uitmekaar geskeur. 'n Kind wat in die middel van die nag gesteel word, 'n ma wat in slawerny ontvoer en verkoop is, en die wêreld van sekshandel. Die soektog na die kind en vrou verskuif van die oewer van die magtige Zambezi tot diep in die Afrika-bos, na die onderwêreld van Johannesburg, Suid-Afrika.

Formuleliefde

by Marijke Greeff

Formule-een-wereldkampioen Jarod Hunter verpes die media, maar hy laat Catherine Hunter, 'n joernalis, onder valse voorwendsels naby hom toe. Hy kan haar nie weerstaan nie ... totdat hy sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees.

Freddie Die Brandweerman

by Bernard Levine Petronella Louisa Smith

Pappa en Mamma, die kinders sal graag meer omtrend my wil weet. Ek is Freddie die vriendelike Brandweerman. Bring die kinders na die Brandweerstasie om te sien wat ek doen. Ek het baie interessante stories om te vertel. Julle is welkom by my Brandweerstasie.

Gam Se Tjind (Afrikaans Edition)

by Aubrey Cloete

Die ongekende pyn en gevolge wat misdaad op kinders laat, is absoluut hartverskeurend. Die slagoffers bly in ’n tronksel waarvan die oortreder alleenreg tot die sleutel besit. Soveel mag oor ’n ander siel is verbysterend. Terence Jacobs verteenwoordig miljoene daarbuite wat deur die poorte van die hel getrek word ongeag die uitkoms en treurige gevolge waartoe dit later lei. Hoe onregverdig dat sulke dade enigsins toegelaat word om plaas te vind! Veral binne die ruimte wat veronderstel is om sekuriteit en veiligheid te waarborg. Hoe kry die oortreders van sulke walglike dade dit reg om onverstoord aan te gaan met hul lewens ongeag die onoorkomlike letsels wat hul agterlaat by hul slagoffers?In “Gam se tjind” word die leser op ’n reis van geluk, hartstog, intense pyn en uiteindelik aanvaarding geneem. Die slagoffer vind ‘n manier om die onvermydelike en onomkeerbare te hanteer en ná ‘n paradigma skuif- uiteindelik bevryding vind.

Gangster: Ware Verhale

by Carla van Der Spuy

'n Intieme blik op bendegeweld – van dié wat die geweld gepleeg het sowel as dié wat onskuldig is. Carla van der Spuy praat met mense van ’n gangster wat “nie genoeg vingers en tone het” om te sê hoeveel mense hy gedood het nie tot ’n ma wie se kind sonder waarskuwing aangeval was. Sy laat toe dat mense in hul eie woorde ’n beeld skep van die hoop en wanhoop, onsekerheid en vasberadenheid wat deel is van lewe tussen gangsters. Met hierdie boek is daar insig tot hoe die gangs ledes kry, sowel as hoe mense probeer om weg te breek daarvan. Daar is insig vanaf ’n polisielid en van die groep wat ’n veel beter rehabilitasiesyfer het as die tronk – want daar is steeds hoop. Hier lê ’n gemeenskap sy hart bloot.

Geagte Skrywer

by Petro Ebersohn Matthew W. Grant

Wees 'n getuie van hoe James Walek tot raserny gedryf word wanneer hy as gevolg van 'n huwelik wat besig is om op die rotse te loop en 'n skryfloopbaan wat tot stilstand gekom het, deur een te veel van daardie beledigende "Geagte Skrywer"-briewe van afkeur van 'n uitgewer, oor die rand van wanhoop gestoot word.

Gebed van Jehósafat

by Gabriël Agbo

Elke stryd in hierdie lewe is wenbaar.  Alle stryde wat jy in die gesig staar, as individueel of groep word deur drie kategorieë verteenwoordig - oorlog, siekte en hongersnood.  Oorlog verteenwoordig beide fisiese en spirituele opposisie, gevegte en konflikte wat ons daagliks in die gesig staar.  Siekte sluit in alle siektes, infeksies, geneesbare en ongeneesbare siektes.  Dan, hongersnood of droogte het betrekking op alle ekonomiese, finansiële tekort en ander uitdagings.  En in hierdie boek, wys ons jou effektiewelik dat dit moontlik is om altyd deur hierdie uitdagings te gaan en as 'n oorwinnaar uit te kom.  Hier, sal jy gevestigde en getoetse beginsels vind wat jou permanent aan die wenners kant sal plaas.  Hulle is inderdaad getoets, goddelik, universeel en vir ewig.  Hulle kan nie misluk nie!  Hier sal jy tien gelaaide en kragtige hoofstukke  vind:  Gebed van Jehósafat; God van Hemel en aarde; Dit is ons erfenis; Oorlog, siekte en hongersnood; Kyk hoe hulle ons beloon; Sal jy hulle nie keer nie; Moenie moedeloos of bang wees nie; So spreek die Here, Marsjeer uit en neem jou posisie in; Krag van lofprysing.  Ons het ook 'n stel kragtige gebeds punte aan die einde van elke hoofstuk wat onmiddelike resultate sal oplewer.  

Refine Search

Showing 226 through 250 of 607 results