- Table View
- List View
Insomnia
by Leon Van NieropLouise gaan soek hulp teen insomnia by die Jerigo Slaapkliniek in die mistige klowe van die Pelgrimsrus-omgewing. Sy gaan ook soek na haar verloofde wat hier is vir hulp, maar vir 'n ruk niks van hom laat hoor het nie. Of is hy nie hier nie? In die geheimsinnigheid van die feitlik ondeurdringbare bos wat Jerigo omring en uit die gebou se toringvensters hou iemand haar dop – sy voel dit, sy weet dit. Of verbeel sy haar dit omdat sy reeds begin hallusineer...
Intieme Seks Geheime van die Jode
by Bernard LevineWat is die waarheid omtrent seks deur 'n gaatjie in die laken? Wat doen die Rabbis met die voorhuid wat afgesny word? Hoekom moet vroue hulle panties vir die Rabbi wys? Het jy geweet die Rabbi suig die bloed van 'n baba se besnyde penis? Het jy gehoor daar is 'n spesiale manier hoe Jode veronderstel is om hulle skoene aan te trek? Waarom vat Jode 'n lewendige hoender en swaai dit bo hulle koppe? Hoekom begrawe Jode hulle borde in die grond? Jy sal geskok wees deur die vreemde praktyke van die Joodse gemeenskap.
Ivoor (Afrikaans Edition)
by Jaco Wolmarans’n Reeks geheimsinnige oorsese betalings aan weeskinders van die Bosoorlog het die Inkomstediens diep bekommerd. Dit dra die vingermerke van die ou SAW se koverte intelligensiegroep, Delta 40. Tex se aandag is erg verdeel tussen dié saak en die selfdood van die Engelsman, ’n oud-makker, wat uit gewetensbeswaardheid nooit aan ’n vuurwapen gevat het nie. Met Carlos nou terug in Angola, probeer Tex die vreemde omstandighede van die Engelsman se dood opsy skuif en Helena met die naspoor van die geheimsinnige transaksies help. Maar hy en Carlos se bosoorlog-verlede – en die spoor van ’n ivoor-smokkelnetwerk wat hulle saam met die Engelsman in Angola oopgekrap het – bly opdring tot Tex dit nie meer kan ignoreer nie.
Jed McKenna se Teorie van Alles: Die Ingeligte Perspektief
by Adri Van Schalkwyk Jed MckennaOns is geprogrammeer van geboorte af om te glo dat ons bestaan ʼn onoplosbare raaisel is, maar as ons ʼn eerlike poging aanwend, dan ontdek ons dat misterie self die raaisel is. Nie net wat is die groot misterie nie, maar hoekom is daar enige misterie? En wat as daar nie is nie? Wat as die Mysterium Tremendum net ʼn interne oortuiging is sonder enige eksterne eweknie? Wat as die antwoorde op die grootste vrae van die lewe eenvoudig en voor die hand liggend is en reg voor jou is? As mens sal slaan, slaan deur die masker! Hoe kan die gevangene buite toe reik behalwe om deur die muur te stoot? -Herman Melville As jy belangstel om deur die masker te slaan, dan sal jy bly wees om te weet dat daar ʼn teorie van alles is wat perfekte sin maak, wat nie staatmaak op godsdienstige of wetenskaplike kullery nie en wat jy maklik en direk kan verstaan. En as jy vertroud is met Jed McKenna en die Enlightenment Trilogy, dan weet jy dit is nie net ʼn teorie nie.
Joernaal
by Daphne MashamaiteIn hierdie joernaal vind u onweerlegbare sukseslesse in mikroformaat op elke bladsy. Die lesse kom uit my boek “Climbing the ladder of success”. In die boek deel ek my navorsing en ervaring as ‘n kenner op die gebied van ondernemingsontwikkeling wat werk met klein tot mediumgrootte ondernemings. My begeerte is om almal te help om te fokus op belangrike gebiede vir die bestuur van ‘n suksesvolle besigheid, selfs na Covid19 kan jy ware sukses bereik. ‘n Joernaal help jou om boek te hou van jou dag tot dag ervarings. Dit kan gebruik word om jou gevoelens en jou gedagtes oor ‘n bepaalde situasie in jou sosiale lewe of ‘n spesifieke gebeurtenis of situasie te beskryf. Gebruik jou joernaal om opwindende en hartseer oomblikke vas te vang – herinneringe. Beskryf jou gevoelens, die mense wat jy ontmoet het en hoe hulle jou laat voel het. Jy kan ook die plekke neerskryf wat jy besoek het, spesiale geleenthede ens. Onthou om dit wat jy geleer het in te sluit. ‘n Joernaal kan gebruik word om jou ondervinding en seisoene in jou lewe te beskryf vir toekomstige verwysing. Jy kan ook jou joernaal gebruik vir jou te-doen-lysie en jou volgende boek of manuskrip.
Jou Gunsteling Christelike Boeke
by Bernard LevineJou gunsteling Bernard Levine Christelike Boeke DRIE BOEKE IN EEN Waarom ek die Joodse geloof gelos het om Jesus te volg Die Joodse konfidensiële lêers nog nooit voorheen gepubliseer Jy kan nooit genoeg "Dankie" sê vir Jesus nie
Joune Vir Altyd (Romanza)
by Alma CarstensMelani is terug op Wiesenhof om haar ouers by te staan. Ná ’n tyd in New York het haar voorkoms totaal verander en is lelike Melani van ouds nou beeldskoon; soveel so dat die onstigtelik aantreklike Rudi haar aanvanklik nie herken nie. Ondanks alles laat Rudi steeds Melani se sinne duisel. Hulle word weer vriende, maar Melani is katvoet vir hom, want sy glo hy sal haar net weer seermaak, soos destyds. Sy sal veel eerder met die betroubare Brett trou. Sal Rudi betyds tot sy sinne kom? Sal hy sy trots in sy sak steek en vir Melani kan vertel hoe hy werklik oor haar voel, of is dit neusie verby vir hulle?
Juffrou Kane se Kersfees
by Caroline Mickelson Petro EbersöhnMet nog net drie dae voor Kersfees, stem Carol Klaas in toe haar pa vra dat sy die Noordpool moet verlaat op 'n sending om Kersfees te probeer red. Dit klink maklik genoeg om by enkelpa Ben Hanson en sy kinders in te trek, totdat Sinter haar inlig dat Ben die skrywer is van die ontstellende nuwe boek, Verby Vervlakste Bog: Hoekom Dit 'n Slegte Idee Is Om Vir Jou Kinders Leuens Te Vertel Oor Sinter Klaas. Sy doen haar voor as Juffrou Kane, die kinders se nuwe au pair, en probeer alles in haar vermoë om Ben te oortuig hoeveel pret Kersfees kan wees, terwyl sy sukkel om te verstaan hoe een man die Kerstyd so kan haat. En hoe kan sy, Sinter Klaas se enigste dogter, so aangetrokke voel tot 'n man wat weier om te glo dat haar pa bestaan?
Jy is nie veronderstel om van die Geheime van die Jode te weet nie
by Bernard Levine Adri Van SchalkwykJy sal beslis verbaas wees, dalk selfs geskok wees as jy ontdek wat regtig aangaan in die Joodse wêreld. Het jy geweet dat die Jode nie toegelaat word om toiletpapier op die Sabbat te skeur nie? Hoekom kan Joodse vrouens nie Bybel lees nie? Het jy al gehoor daar is spesiale Coca-Cola net vir Jode? Wat is die naam van Jesus? Watter letter van die alfabet is onderstebo in die Bybel geskryf? Waarom Jode nie kaasburgers eet nie? Wat is so anders oor Joodse seksuele omgang? Waarom Joodse vrouens pruike dra? Is daar ʼn spesiale gebed wat Jode sê voor hul toilet toe gaan? Die meeste van die Ou Testament word nie deur Jode bestudeer nie ... hoekom? Het jy geweet dat Jode hul eie soort spek het? Hoekom word Joodse vroue nie toegelaat om hul elmboë of knieë vir mans te wys nie? Wat is God se naam wat uit die meeste Bybels gelaat word? Mag ʼn Jood ʼn tatoeëring hê? Wanneer slaap Jode buite? Is dit waar dat daar geen vloekwoorde in Hebreeus is nie? Hoe moet jy ʼn Jood van Jesus Christus vertel? Hoekom kan Jode nie hul eie woorde gebruik wanneer hulle bid nie? Jy sal beslis verbaas wees, dalk selfs geskok wees wanneer jy ontdek wat regtig aangaan in die Joodse wêreld.
Kaapse Draai
by Alma CarstensLani gaan Kaap toe om vir 'n maand lank saam met 'n wildvreemde boer op sy plaas te bly. Maar waarom sou 'n man wat so aantreklik is, dit nodig vind om vir 'n vrou te adverteer?
KABV Afrikaans Sonder Grense 2de Addisionele Taal: UBC contracted
by M. Lätti S. GouwsAfrikaans sonder grense is 'n volledige taalreeks vir Afrikaans as Tweede Addisionele Taal. Die taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV). Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.
KABV Afrikaans Sonder Grense Graad 12 2de Addisionele Taal: UBC contracted
by M. Lätti S. GouwsAFRIKAANS SONDER GRENSE TWEEDE ADDISIONELE TAAL GR 12 (LEERDERSBOEK)
Kamikaze
by Rudie Van RensburgKassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank was hy poeliesman, maar wragtag, wat hy nóú alles in die media oor sy geliefde SAPD lees … En hy’t juis ’n ander werksaanbod. Te midde van sy loopbaankrisis kom Kassie teen die grieseligste booswig nóg te staan, een met ’n moordloopbaan wat terugstrek na die Apartheidsera, en hy moet blitsig slim skuiwe bedink om die Pion van die bord af te vee. Spioenasie en wapenhandel-korrupsie, vervalste medikasie, die ontkleeklub-skemerwêreld en ’n moordenaar uit jou nagmerries – dis alles hier in Kamikaze!
KAMP-HOER: @@@center@@@KAMP- HOER
by Francois Smithit is die Eerste Wêreldoorlog. In ’n Britse militêre hospitaal staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale. Op die deur is ’n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore, in een van die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekampe, het daardie naam soos ’n liddietbom in haar lewe gebars. Sy lig haar hand om die deur oop te maak, maar dit bewe so dat sy die knop nie vasgevat kry nie. Sy moet dit doen. Sy is ’n psigiatriese verpleegster en dit is haar taak om getraumatiseerde soldate terug te bring na die lig. Maar as daardie soldaat die een is wat sestien jaar tevore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het ... ? Susan Nell se hand word loodswaar. Iets soos ’n warrelwind ruk deur haar. Sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood. Kamphoer is die ware verhaal van ’n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls gegooi is. Met die hulp van ’n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in ’n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was. In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is ’n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.
Kanåan
by Sophia KappSy is 'n rykmansdogter uit die Engelse elite in Johannesburg; hy is 'n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat. Hulle moes nooit eers ontmoet het nie, maar wanneer Catherine se lewe in duie stort en sy alles verloor wat sy geken het, is Chrisjan daar om vir haar 'n heenkome te bied. Op Kanaän word sy gekonfronteer met die wreedheid van die natuur, die vooroordeel van die Afrikanergemeenskap en die onverdraagsaamheid van mense wat anders dink as sy. Maar sy leer ook die kosbaarheid van die lente ken, van die goedheid van vriende, en boweal van die liefde wat so stil in haar kom groei het. Al wat sy nie weet nie, is hoe om die verlede ongedaan te maak sodat sy hierdie liefde waardig kan wees. Ná verskeie topverkopers op haar kerfstok is Kanaän Sophia Kapp se eerste historiese roman. Onreg teenoor vroue wat sentraal gestaan het in haar vorige werk, brei in Kanaän uit na vooroordele gegrond op ras en geloof, na die pyn wat mense mekaar kan aandoen maar ook na die wonderwerk van goedheid wat genees.
Katoog
by Jeanette StalsLuna, ’n jong speurdersersant, moet die saak oplos van ’n meisie wie se lyk in ’n riviertjie gekry word. Maar wie is die meisie, met wie het sy kontak gehad en waar het sy vandaan gekom? Aanvanklik lyk dit nie of Luna eens hierop antwoorde gaan kry nie, tot ’n verwaarloosde meisietjie van haar afhanklik raak en haar onwetend op ’n spoor plaas. Dit bring egter net nuwe probleme. Luna raak bewus van ’n motorfietsryer wat net te dikwels agter haar op ’n openbare pad verskyn, later voor haar woonplek, en hy probeer nie juis onopsigtelik wees nie. Die dwelmwêreld wat voor haar oopmaak, is ook nie ’n verwikkeling waarop sy gereken het nie. Luna word terselfdertyd gekonfronteer met kennis uit haar persoonlike verlede wat al net ’n vae herinnering geword het. Is luitenant Johan Botha wie sy dink hy is?
Kersverleiding
by Dawn BrowerKersverleiding is 'n blik op elkeen van die paartjies in Novak Springs en hoe dit met hulle gaan nadat hulle elkeen hulle gelukkige ewigheid gevind het. Neem 'n rit in die geheue saam met hulle en ervaar die dinge waarmee hulle nog steeds versoek word--veral met Kerstyd.
Kiki in 'n bottel
by Francois Keyser“Die Woudties” is ‘n reeks kinder boeke wat elk unieke verhale vertel van vyf diere in die woud. In hierdie verhaal sit Kiki die apie vas in ‘n bottel. Sy vriende is almal bang vir hom en weier om hom te help. Hoe gaan Kiki die bottel afkry Hierdie storie in “Die Woudties” reeks word jong lesers bekend gestel aan herwinning asook die nadelige effek wat rommel op wilde diere kan hê. Dit leer ons om ander wesens in ag te neem en om ons deel te doen om ons wêreld te bewaar. Indien jy meer wil leer oor “Die Woudties” en Frnacois besoek gerus sy webwerf by http://www.francoiskeyser.net of besoek “Die Woudties” FaceBook blad by www.facebook.com/tigerloseshisstripes.