Browse Results

Showing 401 through 425 of 607 results

'n Nuwe begin

by Christine Le Roux

’n Jong vrou ly ná ’n ernstige motorongeluk aan geheueverlies. Sy herken selfs nie haar man met wie sy al vyf jaar getroud is nie. En sy ontdek tot haar ontsteltenis dat die mens wat sy blykbaar die laaste paar jaar was, nie juis ’n aangename persoon was nie. Wil haar man haar regtig terughê?

'n Nuwe bruidegom

by Alma Carstens

Haar vernedering voor die preekstoel skryf sy net aan een man se inmenging toe - Quinton Rousseau. Die Masai Mara in Kenia is dalk ver genoeg om van die Rousseau's te vlug, maar nie van haar haat nie.

'N Sigeuner se Kersfees Soen

by Dawn Brower

Lulia Vasile is die dogter van 'n Romaanse prinses en 'n Graaf se tweede seun. Sy het grootgeword met rolle in 'n reisende teater, optreedes by graafskoue, en het me waarsê gewoeker. Sy vra nie verskoning vir wie sy is nie, en leef die lewe soos sy wil. Finley Prescott, die Hertog van Clare, verlaat nie sy meenthuis tensy dit nodig is nie. Hy het verantwoordelikhede en mense wat op hom staat maak. Al wat hy wil hê, is om uit de wêreld te verdwyn. Hy doen nie goed in groot byeenkomste nie en gebrek aan sosiale etiket. Fin en Lulia het 'n geskiedenis. Een wat nie een van hulle vergeet het nie. Toe hulle weer ontmoet word hulle saamgetrek. Na daardie toevallige ontmoeting deel hulle 'n magiese soen. Onderweg ontdek hulle dat die ding wat 'n persoon soms nodig het, nie is wat hulle sou verwag het nie.  

'n Vrou soos Madelyn

by Elmar Steyn

Liefdesverhaal

'n Week se Italiaanse kookgenot

by Claudio Ruggeri Clarien Kurzepa

Maklike en smullekker tradisionele Italiaanse resepte geskryf deur 'n Italianer wat deur sy ma se heerlike kos geïnspireer is.

'n Wereld sonder hom

by Christine Le Roux

Nicoline is dertig maar al die mans wat op haar verlief raak, verveel haar gou. Maar wanneer sy haar broer in die hospitaal besoek en haar ontferm oor die ander pasiënt in sy saal, neem haar lewe ’n ander wending.

Na hoër hoogtes + Juweel onder sy neus (RomanzaLiefde) (Afrikaans Edition)

by Marijke Greeff Miriam Telanie

Na 'n liefdesteleurstelling doen die internasionale model, Sasha Winckler, haar voor as 'n bibliotekaresse en vlug na haar broer se plaas in die Drakensberg. Hier ontmoet sy die aantreklike buurman wat na sy egskeiding 'n afkeer van beeldskone modelle het. Hy weet egter nie wie Sasha werklik is nie.

Natuurlike Gesonde Troeteldiere - ‘n Inleidings Gids tot Naturopatie vir Honde En Katte

by Julie Massoni Vertaal deur Adri de Necker

Natuurlike Gesonde Troeteldiere is ‘n inleidings gids tot naturopatie vir honde en katte en sluit inligting in oor ‘n natuurlike dieet, voedings aanvullings om jou dier se gesondheid te verbeter asook inligting oor die gebruik van kruie, homeopatie en blom ekstrakte om te help met gesondheid en welstand. Natuurlike alternatiewe vir vlooie, ontwurming, antibiotikas en pyn verligting. Sluit ook inligting in oor die voer van ‘n vegetariese dieet vir honde. Geskryf deur ‘n gekwalifiseerde dier naturopaat wat al duisende diere gehelp het wat ‘n reeks van akuut en chroniese gesondheids toestande het. As jy daarvan sal hou om meer te weet oor die gebruik van natuurlike terapie en hoe om baie gesondheids probleme te vermy, dan is hierdie boek ‘n goeie verwysing.

Natuurwetenskappe Graad 6

by Siyavula

A South African textbook.

Natuurwetenskappe Graad 7

by Siyavula

A South African textbook.

Natuurwetenskappe Graad 8

by Siyavula

A South African textbook.

Nee is ook 'n antwoord

by S Partridge D Lourens

Zukile Mbane loop amper vir Lindiwe onderstebo toe hy een oggend laat is vir skool en hulle vriendskap begin in die detensieklas! Die twee maats kom gou agter wat ware vriendskap beteken as Zukile in sy Graad 7-jaar met n klomp probleme te doen kry. Pieter, een van die Graad 7-boelies, praat vir Zukile om om aan 'n kaalvuisboksgeveg deel te neem. Al is Zukile doodbang vir die bakleiery kan hy vir niemand anders as vir Lindiwe van die geveg vertel nie. Hoekom wil sy familie hom nie toelaat om te boks nie? Groepsdruk ... Onderwysers... Graad 7 is nie maklik nie! Soos wat die aksie en drama ontvou, moet die twee maats mekaar help om hulle Graad 7-jaar te oorleef. Ook beskikbaar in hierdie reeks: Die Stad van Goud Harte van glas

Net vriende

by Alma Carstens

Die sekretaresse by sy kantoor sê dat Carl vir sake in die buiteland is en net twee dae voor die troue terugkeer. Met 'n siek gevoel van teleurstelling sit ... Sy stoot vinnig haar stoel agteruit en staan op. Sy wil nie aan Jake dink nie. Hy het die ...

Nooit Meer as Twee Keer

by Adri Van Schalkwyk Claudio Ruggeri

‘n Boodskap gevind in ‘n bottel en die nuuskierigheid van ‘n antiekhandelaar sal Vincent Germano lei tot ‘n ondersoek waarvan die gevolgtrekking net as vergesog gestel kan word. Die kommissaris sal dikwels omring word deur mense wat ‘n verduideliking moet gee, ‘n bevel moet maak of advies moet vra, maar in werklikheid sal dit net wees soos almal wat na die waarheid soek.

Nooit Weer Nie!

by Gabriël Agbo

"Die Here sê: “Ek sal herstel wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leër teen julle gestuur.  “Julle sal weer al die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak. My volk sal nooit weer so in die skande kom nie. Julle sal weet dat Ek onder my volk Israel teenwoordig is. Net Ek is die Here julle God, niemand anders nie! My volk sal nooit weer so in die skande kom nie.” Joël 2: 25-27 Dit is tyd om die dinge wat jou wil stop, te stop,  Dit is God se wil om alles te stop wat jou van Sy plan vir jou lewe wil verwyder.  En jy weet alreeds dat Sy plan vir jou is om die beste van vreugde, vrede, voorspoed, genade, goeie gesondheid en om al jou eiendom te besit.  Selfs as jy onder oordeel staan, kan dit omgedraai word vandag en jy kan weer begin om in Sy genade te swem.  Ons kyk ook na ander se ondervindings en die moderne Israel se weergawe van Nooit Weer nie.  Hoekom hulle hierdie slagspreuk aangeneem het en hoe vêr hulle gekom het om dit toe te pas?    Sekerlik, Israel het vandag een van die mees magtigste nasies op aarde geword, (Dit het die beste intelligensie agentskap, Mossad en die derde beste weermag in die wêreld) nie net omdat God met hulle is nie, maar omdat hulle belowe het om nooit weer toe te laat dat die Jode weer deur daardie mees onmenslik, vermybare gebeurtenis van die laaste eeu.  Vandag lei hulle nie net in verdediging nie maar ook in landbou, ICT, wetenskap en medisyne.  Ja, ons kan vandag sê nooit weer nie.  Hierdie boek is verseker 'n interessante lees.

NOVA 5 EINDSPEL

by Fanie Viljoen

Lucas Niemand se hele lewe het verander een nag toe hy 'n vreemde ruimtetuig gesien het. Hy en sy vriende Duart, Ayanda, Olive en Brandon het reeds 'n reeks skrikwekkende avonture agter die rug. Lucas ken nou die Nova-weermagbasis se geheime. Hy weet wie die geheimsinnige Sterreloper is.

NOVA: Vuurdoop

by Fanie Viljoen

In Nova: Die Begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na 'n VVV weggevoer. Hulle het ontsnap en nou keer alles weer terug na normaal. Of so dink Lucas ...Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: "Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa. Hulle het 'n sny in my kop gemaak ...Daar was bloed. Ek kon dit voel afloop teen my slape. Ek was nog nooit so bang nie."

NOVA Bloedbroers

by Fanie Viljoen

Terwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: 'n misterieuse bol lig, so groot soos 'n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; 'n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer 'n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in 'n ondergrondse bunker. Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom 'n geheim...Dit keer sy hele wereld om en hy kan nie help om anders na homself en sy vriende te kyk nie. Wanneer Duart uitvind van die geheim, kom daar 'n breuk in sy en Lucas se vriendskap. Wanneer hulle toegesluit word in 'n klein, lee stoorkamer binne die Hok, breek daar selfs 'n rowwe stoeigeveg uit tussen die twee.

NOVA Sterreloper

by Fanie Viljoen

Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oe die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ...

Nuwe begin (Romanza)

by Linelle Venter

Nuwe seisoen

by Annetjie Van Tonder

Ronel het nie verwag dat 'n vroulike adjunkhoof so 'n opskuddinkie op die klein dorpie sou veroorsaak nie. Boonop kies die nuwe skoolhoof, Frans Hugo, sommer die eerste dag al kant teen haar na kwaadwillige praatjies. En sy het gehoop sy is ontslae van die spanning na haar egskeiding. Sy en Frans Hugo het egter baie gemeen - albei is nuut in die skool, al twee is enkelouers en hulle dogters is ewe oud en sommer dadelik boesemvriendinne. Wat beteken dat hulle mekaar na skooltyd moet sien. Maar van selfs net 'n platoniese vriendskap is daar nie eens sprake nie, die skinderstories loop reeds.

Nuwejaar Openbaring

by Dawn Brower

Welkom by die dorp Kismetbaai waar towery en die noodlot 'n manier van lewe is... Nash King is sy hele lewe lank lief vir Leilia Strange. Ongelukkig het hy van kleins af na die rol van beste vriend verwys. Op die randjie van die nuwe jaar het hy besluit om haar te vertel hoe hy voel. Dit is 'n risiko wat 'n wig vir ewig deur hulle kan druk. Sal Nash en Leilia liefde vind? Die noodlot is wispelturig en dinge in Kismetbaai verloop nie altyd soos beplan nie...

Olifant kul sy vriende

by Francois Keyser

Boekbeskrywing: Olifant is honger. Na 'n bietjie verkenning ontdek hy 'n land vol wortels en piesangs. Daar is net een probleem…  Daar is bye tussen hom en die heerlike piesangs en wortels en olifante is bang vir bye. Olifant dink aan 'n manier om die wortels en piesangs te kry sonder om gesteek te word. Hy kry hulp van sy vriende, die haas en die aap. Hy dink nie hulle sal deur bye gesteek word nie, maar hy vergeet te maklik om hulle in elk geval van die bye te vertel. Toe Olifant se plan vreeslik verkeerd loop en sy vriende besef dat hy van die bye geweet het, besluit hulle om hom 'n les te leer...

Om Weer Te Droom

by Elsa Winckler

Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.

Refine Search

Showing 401 through 425 of 607 results