Browse Results

Showing 551 through 575 of 607 results

uMbovane Owonqenayo

by Cebo Solombela

UMbovane owonqenayo wonqena ngeyona ndlela. Kwaye uyekelo wonke umsebenzi enziwe zezinye iimbovane. Eyona nto abalasele ngayo kukuthetha, nokuthanda ukutya. Ingaba uMbovane owonqenayo uyakuze ayeke ukonqena? Unathi Dyani (illustrator), Senzo Xulu (designer), Linda Nelani (editor).

uMtshato weNtlanzi neNkukhu

by Madoda Ndlakuse

Ubomi buyaqhubeka noba sekutheni na… Siyasanga Madyibi (illustrator), Vuyisa Ngqawani (designer), Linda Nelani (editor).

Vakansies by Ouma

by Fanie Viljoen Catherine Groenewald

Leesboek: Langer Paragrawe

Vampier Bedags (Weerwolf Snags #1)

by Vianka Van Bokkem Elaine

Elina Jensen was vervloek om soos 'n vampier bedags en weerwolf snags rond te loop, toe sy in moeder se skoot was. Elina moes nie net met haar dubbele vloek saamleef nie maar ook met haar gevoelens vir die negentienjarige Arian, Kitchi die sterk Amerikanse inboorling weerwolf, en Tristan die aantreklike vampier van Romania. Kan sy ware kiefde vind en haar menslike vriende se aanvaarding kry vir haar dubbele vloek? Of gaan sy verstoot word?

Vayu, die wind

by Tharina Viljoen Rijuta Ghate

Leesboek: Eerste Paragrawe

Veergewig

by Jan Vermeulen

Afrikaanse Storieboek

Veertjie-goud en Wat ontgin ons nog?

by Jenny Seed Linda Michell

Huistaal Graad 5 Gegradeerde leesboek

Veldiep

by Fanie Viljoen

’n Ou, 'n meisie, en die einde van hul wêreld. Amber vra: Is ek mooi of is ek lelik? Tim se meisie breek sy hart. Nie een van hulle dink hulle sal ooit weer oukei wees nie, maar nes hartseer, kom geluk ook op onwaarskynlike maniere.

Ver anderkant Wiesenhof (Romanza)

by Alma Carstens

Tien jaar gelede het Kara Nikla se hart gebreek toe sy hom vir 'n ryk Engelsman gelos het. Nou moet sy bakhand na Wiesenhof terugkeer en Nikla is al een wat vir haar werk het. Maar voel hy ook steeds dieselfde oor haar?

Verbode liefde (Romanza)

by Alma Carstens

Zoey ontmoet die enigmatiese dokter Jano Marnitz terwyl sy met vakansie in Parys is. Hy ontwikkel 'n obsessie om haar gesig, wat in 'n motorongeluk geskend is, te herstel. Het hy dalk gevoelens vir haar of is dit slegs sy doktersinstinkte wat inskop?

Verborge geheime van die Joodse wêreld nou aan die lig gebring

by Bernard Levine Zelna Naudé

Verborge geheime van die Joodse wêreld nou aan die lig gebring Deur Bernard Levine Julle het vir meer gevra! So, hier is die nuwe uitgawe met opwindende geheime en onthullings oor die Joodse manier van leef. In hierdie boek word die verborge geheimenisse van die Joodse geloof (dit waarvan jy nog nie tevore gehoor het nie), ontdek en dit gaan jou ‘n beter idee gee van wat elke dag in die Joodse wêreld gebeur. Hierdie boek is vir almal wat die Jode bewonder en liefhet. Uit die diepte van my hart Bernard Levine

Verfris en Genees Uself deur Meditasie

by Brahma Kumari Pari

Lees hierdie boek (Verfris en Genees Jouself deur Meditasie) indien jy siektes in jou liggaam het wat nodig het om te genees of indien jy verfris én in ‘n gesonde toestand wil bly. Selfs al het jy geen siektes in jou liggaam nie, kan jy nog steeds hierdie boek lees om ‘n beter begrip te kry oor die kosmiese energieë. Deur hierdie boek te lees sal jy ‘n beter begrip kry oor hoekom die kosmiese energieë jou bedien en jy sal leer hoe om die kosmiese energieë te kry om jou beter te bedien sodat jy ‘n beter lewe kan leef terwyl jy jou mylpale bereik, of dit nou vir spirituele doeleindes is of vir materiële doeleindes.

Vergewe, maar nie vergete nie? (Modern)

by Abby Green

“Tot my spyt moet ek erken dit behoort die moeite werd te wees om so ’n enorme bedrag te betaal om jou in my bed te kry.” Siena DePiero mag wel blou bloed hê, maar sy dink niks van haar pa se flambojante leefstyl nie. Vir haar het dit nog net ellende gebring. Maar toe die gesin se seepbel bars en die twee susters brandarm agterbly, is Siena se maagdelikheid haar enigste bate . . . Andreas Xenakis, wat jare lank wag om wraak te neem, kan nie wag om Siena in sy bed te kry nie – oorgelewer aan sy genade. Maar ná slegs een nag saam verdwyn al Andreas se vooroordele. Behoort hy Siena nie dalk jammer te kry nie . . .?

Verkleurmannetjie

by Francois Bloemhof

Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees. Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad gelos het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou s’n? Word hy agtervolg? Soos die titel al belowe, is Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in ’n hele TV-reeks, deur ’n skrywer wat weet hoe werk ’n tiener se kop – en hou van hoe dit werk!

Verlief op die baas

by Madelein Stoltz

Christi Lombard sal nie soos haar voorganger verlief raak op die baas nie – sy en haar gesin het hierdie werk broodnodig. Haar baas Darius, en haar hart, hou egter nie by die reëls nie.

Verlore Dekade

by Christine Le Roux

En in Verlore dekade kruis Alexandra se paaie weer met Ryno, die man wat sy al tien jaar lank probeer vergeet.

Verlore jare

by Alma Carstens

Isabella staan ná vyf en twintig jaar weer voor die seun wat sy laat aanneem het en sy pa. Maar dis net sy wat dit weet en dis te laat om te praat.

Vermis

by Jeanette Stals

Toe ’n Londense ma en pa een oggend in Stellenbosch opstaan, is hulle dogter net weg uit haar kamer in die gastehuis waar hulle tuisgaan. Tieners doen sulke goed. Hierdie een is nie ’n uitsondering nie, al is sy ’n belowende violis. Maar dis gou vir speurder-sersant Luna Joubert duidelik dat hierdie meisie teen haar wil hier weggeneem is en nie gaan terugkeer nie. Dit is net die begin van ’n nagmerrie vir die twee ouers en die meisie. Luna maak nie op instink staat nie – altans, nie net daarop nie – maar iets omtrent die ouers se beste vriend in hierdie stad is ook nie pluis nie. Of is dit met die vriend en die ma wat die fout is? Hoekom het die verdwene meisiekind se ouers nie geweet van haar nagtelike besoekie die aand voor sy weggeraak het nie en het hulle inderdaad nie geweet nie? Toe moetiemoorde en seksslaafhandelaars genoem word, blyk dit die werklikheid kan veel erger as bespiegelings wees ... Jeanette Stals het ná ligter romans haar hand beproef aan die speurroman. Vermis volg op Katoog, waarin Luna haar verskyning gemaak het. Die volgehoue spanning en aksie in Stals se speurromans hou haar leser gevange van begin tot einde.

Verskuilde liefde

by Christine Le Roux

In Verskuilde liefde is Edmund Wiese weer tuis ná sy broer, Fanie, se dood. Tot sy verbasing is hy ’n oom van ’n tweeling en skuldgevoelens begin weer aan hom knaag. Hy kan sien dat sy skoonsuster sukkel om kop bo water te hou met twee babas. Edmund se loopbaan was sy enigste prioriteit; is veertig te oud om van mening te verander?

Vertel my nou ...! Hartseer en gelukkig

by Nicoleen Swindon Rijuta Ghate

Leesboek: Eerste Woorde

Vertel my Nou ... van Kleure!

by Carla-Mari de Bruyn Rijuta Ghate

Leesboek: Eerste Woorde

Vier briewe vir Jan Ellis

by Steve Hofmeyr

Met Vier briewe vir Jan Ellis debuteer die bekende sanger, Steve Hofmeyr, as prosaskrywer. Die vaardigheid waarmee hy die medium hanteer getuig van ’n kennis van sy grond, sy land en sy mense. Dit is ’n besonderse werk waarin ’n kragtige storie vertel word. Humor en patos vorm die grondslag vir die hartverskeurende verhaal van ’n onskuldige posbode wat weens ’n sameloop van omstandighede diep in die moeilikheid beland. Die karakters staan magteloos voor kerkleiers, die regstelsel en ’n gemeenskap wat hulpeloses soms in die steek laat. Vier briewe vir Jan Ellis, ’n boek oor ’n doodgewone spreekwoordelike “klein” mannetjie, roer grootse kwessies aan sonder dat ’n “boodskap” aan die leser opgedwing word.

Vir altyd

by François Bloemhof

As kinders was Hugo en Nina onskeidbaar – toe skei die noodlot hulle tog. Wanneer die volwasse Nina se romantiese droom verpletter word, is Hugo egter weer die een om haar by te staan. Maar hoe 'n goeie plan was dit om saam na Mauritius te gaan vir dit wat bedoel was om haar en 'n ander man se wittebrood te wees? En watter struikelblokke sal alles nog oorkom moet word voordat daardie gelukkige "vir altyd" moontlik is? Pad Na Jou Hart was ʼn suksesverhaal soos min, beide as rolprent en die boek wat dit voorafgegaan het. Nou maak dieselfde span weer so.

Vir die voëls

by François Bloemhof

Refine Search

Showing 551 through 575 of 607 results